Bulls vs Lions
Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: United Rugby Championship
Forum Description: United Rugby Championship
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=9325
Printed Date: 06-May-2025 at 7:12am Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com
Topic: Bulls vs Lions
Posted By: Transvaal
Subject: Bulls vs Lions
Date Posted: 01-Feb-2022 at 7:04am
Saterdag 5 Februarie op Loftus, afskop 15:00
Referee: TBA AR 1: TBA AR 2: TBA TMO: TBA
Bulls: TBA
Lions: TBA
|
Replies:
Posted By: Transvaal
Date Posted: 01-Feb-2022 at 12:43pm
Jaque Fourie voor Saterdag se wedstryd:
https://youtu.be/xnlfb8lyONk" rel="nofollow - https://youtu.be/xnlfb8lyONk
|
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 02-Feb-2022 at 7:29am
Transvaal wrote:
Jaque Fourie voor Saterdag se wedstryd:
https://youtu.be/xnlfb8lyONk" rel="nofollow - https://youtu.be/xnlfb8lyONk |
Hoop rerig die game is anders, op die level om nie hart te wys nie is net moeilikheid.
|
Posted By: Simba
Date Posted: 04-Feb-2022 at 11:41am
Lions: 15 Divan Rossouw, 14 Stean Pienaar, 13 Manuel Rass, 12 Matt More, 11 Edwill van der Merwe, 10 Tiaan Swanepoel, 9 Andre Warner, 8 Francke Horn, 7 Emmanuel Tshituka, 6 Jaco Kriel (captain), 5 Ruben Schoeman, 4 Ruhan Straeuli, 3 Carlu Sadie, 2 Pieter Botha, 1 Sithembiso Sithole. Replacements: 16 Morne Brandon, 17 Morgan Naude, 18 Ruan Dreyer, 19 Ruan Venter, 20 PJ Steenkamp, 21 Morne van den Berg, 22 EW Viljoen, 23 Quan Horn.
------------- db
|
Posted By: Simba
Date Posted: 04-Feb-2022 at 11:42am
Date: Saturday, February 5 Venue: Loftus Versfeld, Pretoria Kick-off: 15.00 (13.00 GMT) Referee: Aimee Barrett-Theron (South Africa) Assistant referees: Rasta Rasivhenge (South Africa), Ashleigh Murray (South Africa) TMO: Marius van der Westhuisen (South Africa)
------------- db
|
Posted By: valie
Date Posted: 04-Feb-2022 at 1:22pm
Simba wrote:
Lions: 15 Divan Rossouw, 14 Stean Pienaar, 13 Manuel Rass, 12 Matt More, 11 Edwill van der Merwe, 10 Tiaan Swanepoel, 9 Andre Warner, 8 Francke Horn, 7 Emmanuel Tshituka, 6 Jaco Kriel (captain), 5 Ruben Schoeman, 4 Ruhan Straeuli, 3 Carlu Sadie, 2 Pieter Botha, 1 Sithembiso Sithole. Replacements: 16 Morne Brandon, 17 Morgan Naude, 18 Ruan Dreyer, 19 Ruan Venter, 20 PJ Steenkamp, 21 Morne van den Berg, 22 EW Viljoen, 23 Quan Horn. |
Is Mannual Rass regtig die beste buitesenter wat ons het? Hulle kon IMO eerder vir EW op 13 gekies het.
|
Posted By: TunaLion
Date Posted: 04-Feb-2022 at 1:49pm
valie wrote:
Simba wrote:
Lions: 15 Divan Rossouw, 14 Stean Pienaar, 13 Manuel Rass, 12 Matt More, 11 Edwill van der Merwe, 10 Tiaan Swanepoel, 9 Andre Warner, 8 Francke Horn, 7 Emmanuel Tshituka, 6 Jaco Kriel (captain), 5 Ruben Schoeman, 4 Ruhan Straeuli, 3 Carlu Sadie, 2 Pieter Botha, 1 Sithembiso Sithole. Replacements: 16 Morne Brandon, 17 Morgan Naude, 18 Ruan Dreyer, 19 Ruan Venter, 20 PJ Steenkamp, 21 Morne van den Berg, 22 EW Viljoen, 23 Quan Horn. |
Is Mannual Rass regtig die beste buitesenter wat ons het? Hulle kon IMO eerder vir EW op 13 gekies het.
|
LOL LOL LOL
Hulle kon die eerste ou wat verby die blerrie stadium loop vra om te speel en daardie ou sou 'n 50/50 kans staan om beter te wees as Rass.
Kom ons hoop vir 'n pragtige verloor manne waar ons ons 1 drie kan celebrate.
------------- Go LIONS!!!!!
|
Posted By: TunaLion
Date Posted: 04-Feb-2022 at 2:01pm
Lol, DALK wen ons (groot dalk) en dan gaan al die ondersteuners weer voel ons is iets en als van die vorige 2 jaar is vergete. LOL, either way is die joke op ons.
------------- Go LIONS!!!!!
|
Posted By: Attie Karate
Date Posted: 04-Feb-2022 at 2:21pm
valie wrote:
Simba wrote:
Lions: 15 Divan Rossouw, 14 Stean Pienaar, 13 Manuel Rass, 12 Matt More, 11 Edwill van der Merwe, 10 Tiaan Swanepoel, 9 Andre Warner, 8 Francke Horn, 7 Emmanuel Tshituka, 6 Jaco Kriel (captain), 5 Ruben Schoeman, 4 Ruhan Straeuli, 3 Carlu Sadie, 2 Pieter Botha, 1 Sithembiso Sithole. Replacements: 16 Morne Brandon, 17 Morgan Naude, 18 Ruan Dreyer, 19 Ruan Venter, 20 PJ Steenkamp, 21 Morne van den Berg, 22 EW Viljoen, 23 Quan Horn. |
Is Mannual Rass regtig die beste buitesenter wat ons het? Hulle kon IMO eerder vir EW op 13 gekies het. | Warner en Botha is ook baie gelukkig om nog hul plekke te hou.
------------- Up the Vaal!
|
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 04-Feb-2022 at 2:48pm
Ja nee, ek weet rerig nie oor van hierdie keuses nie
|
Posted By: TunaLion
Date Posted: 04-Feb-2022 at 3:27pm
https://www.sarugbymag.co.za/alert-lions-on-the-loose1/
------------- Go LIONS!!!!!
|
Posted By: TunaLion
Date Posted: 04-Feb-2022 at 3:36pm
Nog 'n eina!  Ons is officially laughing stocks  Geniet dit ouens, ons is terug by 2010 standaarde!
Ek hoop vir daardie een mooi drie wat ek dan op die highlights kan sien, want ek mors nie my tyd meer met hierdie span nie!
Vodacom Bulls vs Lions (Saturday, Pretoria, 3pm)
Mariette Adams: Bulls by 15
Juandre Joubert: Bulls by 22
Dylan Jack: Bulls by 25
Zelim Nel: Bulls by 23
A-P Cronje: Bulls by 17
------------- Go LIONS!!!!!
|
Posted By: emiel1
Date Posted: 04-Feb-2022 at 4:34pm
Met daai middeveld en skakels moet ons maar hoop dat ons voorlangs kan oorheers (baie onwaarkynlik op laas week se vertoning)
|
Posted By: TunaLion
Date Posted: 04-Feb-2022 at 4:35pm
The Circus Lions are back boys!
------------- Go LIONS!!!!!
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Feb-2022 at 7:00am
Ek is bietjie vir 'n week met vakansie in Langebaan, nie geweet of ek internet toegang het nie maar daar is darem wifi in die eenheid waar ons bly
|
Posted By: emiel1
Date Posted: 05-Feb-2022 at 10:44am
Dink met hierdie weer het ons 'n realistiese buitekaans, solank die verdediging en dissipline hou, en solank ons nie dom foute maak nie.
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Feb-2022 at 3:04pm
Strafskop Swanepoel, 3-0 Leeus na 2 minute
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Feb-2022 at 3:09pm
Strafskop Swanepoel, 6-0 Leeus na 8 minute
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Feb-2022 at 3:30pm
Drie Coetzee, doelskop Steyn, 7-6 Bulle na 25 minute
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Feb-2022 at 3:46pm
Sadie gestraf vir tackle na fluitjie maar dit was nooit na die fluitjie nie, loop uit op Bulle drie
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Feb-2022 at 3:47pm
Drie Grobbelaar, doelskop Steyn, 14-6 Bulle na 39 minute
|
Posted By: TunaLion
Date Posted: 05-Feb-2022 at 3:50pm
Weet nie hoekom het ek my tyd mors weer nie. 40 minute wat ek nooit gaan terug nie. Jokes on me I guess.
------------- Go LIONS!!!!!
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Feb-2022 at 3:50pm
Posted By: valie
Date Posted: 05-Feb-2022 at 3:53pm
Dit lyk baie beter. Aimee het al n paar questionable calls gemaak. 3 Strafskoppe wat sy in n ry verkeerd gehad het.
|
Posted By: TunaLion
Date Posted: 05-Feb-2022 at 3:57pm
Ons kan nie aanhou om altyd die ref te blameer nie. Dit is altyd ietsie met die Leeus.
------------- Go LIONS!!!!!
|
Posted By: valie
Date Posted: 05-Feb-2022 at 3:59pm
TunaLion wrote:
Weet nie hoekom het ek my tyd mors weer nie. 40 minute wat ek nooit gaan terug nie. Jokes on me I guess.
| Jis maar jy is omtrent negatief. 2 Driee van die bulls, waarvan 1 direk vanaf n skeidsregter fout kom. Ek sal ook my linker bal wed dat Marcell Coetzee die bal geknock het met die eerste drie.
|
Posted By: valie
Date Posted: 05-Feb-2022 at 4:00pm
TunaLion wrote:
Ons kan nie aanhou om altyd die ref te blameer nie. Dit is altyd ietsie met die Leeus.
| Ons kan nie, but it is what it is. 2 driee vanaf ref foute. Do the maths.
|
Posted By: TunaLion
Date Posted: 05-Feb-2022 at 4:02pm
valie wrote:
TunaLion wrote:
Ons kan nie aanhou om altyd die ref te blameer nie. Dit is altyd ietsie met die Leeus.
| Ons kan nie, but it is what it is. 2 driee vanaf ref foute. Do the maths. |
Maar tog hier is ons. Ek dink nou weer Marcell se drie was nie aangeslaan nie. En as ons 'n maul kon keer sou die 2de drie ook nie staan nie. Maar hey, lets point fingers at the ref to make up for our shortcomings.
------------- Go LIONS!!!!!
|
Posted By: TunaLion
Date Posted: 05-Feb-2022 at 4:03pm
Dit is seker die ref wat ook die balle aanslanne en maak dat ons nie ons bal beskerm by die rucks nie.
------------- Go LIONS!!!!!
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Feb-2022 at 4:04pm
Ruan Venter op vir Steenkamp
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Feb-2022 at 4:06pm
Morne Brandon op vir PJ Botha
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Feb-2022 at 4:13pm
Drie Arendse, doelskop Steyn, 21-6 Bulle na 49 minute
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Feb-2022 at 4:14pm
Van den Berg op vir Warner
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Feb-2022 at 4:20pm
Morgan Naude en Ruan Dreyer op vir Sithole en Sadie
|
Posted By: valie
Date Posted: 05-Feb-2022 at 4:30pm
Rossouw het nog nie 1 bal raakgevang vandag nie
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Feb-2022 at 4:32pm
Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Feb-2022 at 4:43pm
Drie Schoeman, doelskop Swanepoel, 21-13 Bulle na 73 minute
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Feb-2022 at 4:44pm
Sangweni op vir Jaco Kriel
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Feb-2022 at 4:52pm
16 strafskoppe afgestaan deur ons, dis hopeloos te veel, maar bulle wen 21-13
|
Posted By: valie
Date Posted: 05-Feb-2022 at 5:03pm
Ruan Venter en PJ Steenkamp het beide lus gelyk vir speel. Kriel begin ook weer effens vorm kry. Ek dink nie Tiaan is die antwoord op 10 nie. Rossouw moet gaan CC speel. Met al die foute wat ons gemaak het, en die min balbesit, dink ek ons het okay gedoen om die telling so laag te hou. Mind you daai 2 driee van Aimee se foute af het ons dalk actually die game gekos...... Di manne het baie meer hart gewys, maar stupid foute kos ons geweldig.
|
Posted By: Vaal Leeu 3
Date Posted: 05-Feb-2022 at 8:15pm
Nee hel Attie, jy geloof is beter as myne...
|
Posted By: emiel1
Date Posted: 05-Feb-2022 at 9:03pm
Indien die doel was om die telling laag te hou, was die dag 'n reuse sukses vir die Leeus. Schoeman (soos gewoonlik) en Kriel het alles gegee. Op die afgelope twee weke se vertoning, gaan hierdie twee spanne (en veral die Leeus), hulle gat sien teen die Ierse and Skotse spanne, en die gesanik oor skeidsregters gaan nie help nie.
|
Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 06-Feb-2022 at 6:34am
Op papier was hierdie bulls span baie sterker as ons en kon ons nie realisties meer verwag het nie, veral nie op Loftus nie. Daar is baie gepraat oor "hart" na die lustelose vertoning op Ellispark en dit (hart) het gister se 23 beslis gewys en hulle verdien darem bietjie krediet vir dit. Hopelik sal die wat nie gister gespeel het nie nou besef dat daar baie spelers is wat bittergraag op die veld wil wees en wil speel vir die Leeus. Ten minste kan mens gister se vertoning gebruik om op te bou, anders as die patetiese, flou vertoning op Ellispark.
|
Posted By: monster
Date Posted: 06-Feb-2022 at 7:46am
Victor Matfield het dit vir my perfek opgesom voor die game
Jake White het n langtermyn plan met die Bulle hy wil die Bulle n kampioen span maak in 3 jaar waar hulle niks verloor nie ( mens kan dit duidelik sien by Bulle en Sharks) Die Leeus daar teenoor , speel net vir nou. Dit is maar nog altyd asof hulle net speel om vure dood te slaan en te oorleef
|
Posted By: TunaLion
Date Posted: 06-Feb-2022 at 11:35am
emiel1 wrote:
Indien die doel was om die telling laag te hou, was die dag 'n reuse sukses vir die Leeus. Schoeman (soos gewoonlik) en Kriel het alles gegee. Op die afgelope twee weke se vertoning, gaan hierdie twee spanne (en veral die Leeus), hulle gat sien teen die Ierse and Skotse spanne, en die gesanik oor skeidsregters gaan nie help nie. |
Dit is presies my gevoel ook. Ons kan nie heeltyd vinger aanhou wys na ander plekke, terwyl ons nie die basics steeds kan doen van lynstane, balbeskerm, bal vermoëns, ens ens. En ek sien moontlik dat Odendaal en Simelane ook op pad heel moontlik is. Simelane het 'n offer van Toulon (wat enige speler mal wees om nee voor te sê) en Odendaal van Wasps waar Mitchell nou is en hulle het mos goed oor die weg gekom by die Bulle.
------------- Go LIONS!!!!!
|
Posted By: TunaLion
Date Posted: 06-Feb-2022 at 11:41am
https://www.youtube.com/watch?v=KMZ0urHP1Ps&t=120s" rel="nofollow - https://www.youtube.com/watch?v=KMZ0urHP1Ps&t=120s
So net na die 2 minute merk van die video is waar Marcell se drie druk en as mens met Youtube die spoed tot 0.25 vat kan mens mooi kyk of dit 'n aanslaan was of nie. Mens kan hier sien dat hy heeltyd in beheer was van die bal, grond toe gaan, die bal op die grond het en nogsteeds in beheer is voor hy dan oor die lyn plaas.
------------- Go LIONS!!!!!
|
Posted By: Attie Karate
Date Posted: 06-Feb-2022 at 1:24pm
Vaal Leeu 3 wrote:
Nee hel Attie, jy geloof is beter as myne... | Niks gaan binnekort verander nie. En daar is niks wat ons as ondersteuners daaraan kan doen nie. Tensy jy ñ paar R miljoen het wat jy nie meer wil hê nie. Ons gaan nie nuwe bestuur, spelers, beleggers, ens kry nie. So ons kan netsowel eerder positive vibes uitstuur. Gaan dit wenne bring? Wie weet, maar gaan ook nie.
------------- Up the Vaal!
|
Posted By: TunaLion
Date Posted: 06-Feb-2022 at 2:31pm
Attie Karate wrote:
Vaal Leeu 3 wrote:
Nee hel Attie, jy geloof is beter as myne... | Niks gaan binnekort verander nie. En daar is niks wat ons as ondersteuners daaraan kan doen nie. Tensy jy ñ paar R miljoen het wat jy nie meer wil hê nie. Ons gaan nie nuwe bestuur, spelers, beleggers, ens kry nie. So ons kan netsowel eerder positive vibes uitstuur. Gaan dit wenne bring? Wie weet, maar gaan ook nie. |
Ek is jammer Attie, maar ek dink nou weer om net happy te wees met scraps en bly te wees met een voet vorentoe een week en een voet agtertoe die volgende week en positiewe vibes uit te stuur na mense (die bestuur veral) wat nie hul als gee nie doen meer skade as goed. Dit is soos om dit te empower.
Waar as ons net ons alies op hulle begin vee en op hou support en nie stadion toe gaan wanneer die stadions weer oop maak (vir meer as 2000 mense), sal meer goed doen hopelik in die langtermyn. Dit is al hoe mense sal luister. Deur net iemand te support, maak nie saak wat hulle doen of hoe hard hulle probeer maak net nie sin (vir my altans) nie.
Ons moet somehow kry dat hulle luister anders weet nie ek nie meer hoekom moet ons 'n unie support wat nie omgee vir sy eie ondersteuners nie. Want as hulle dan nogsteeds nie probeer nie, dan is dit juis wat hulle bewys, dat hulle nie vir die ondersteuners en unie omgee nie. Dan weet ek ook nie meer wat is verkeerd om maar van span te verander nie? Ek is lewenslank 'n Leeu ondersteuner, maar sjoe, ek het altyd probeer positief bly, maar ek kan net nie meer nie. Hoe meer ek daaroor dink van hoe min hierdie bestuurders enigsins hard probeer of logisiese lang termyn besluite maak, dan hoe meer wonder ek hoekom aanvaar en ondersteun ons nog hierdie snert.
------------- Go LIONS!!!!!
|
Posted By: Vaal Leeu 3
Date Posted: 06-Feb-2022 at 3:02pm
Jong nee, het nie op die oomblik die miljoene nie . Ek dink ons het talent, ons het redelike juniors ens, maar erens gel iets nie. Ek weet nie of dit op die suits se vlak is en of dit op die hoof afrigter se vlak is nie, maar daar is iets nie lekker. Paar seisoene gelede was ons die unie waar almal wil wees, nou loop die spelers. Sien in die week Cash praat van n nuwe spel patroon. Rerig? Het hulle nou na 3 jaar se getjommel besef dit wat gedoen word werk nie? Om nou te verander gaan weer n seisoen of drie vat
|
Posted By: Attie Karate
Date Posted: 06-Feb-2022 at 3:52pm
Vaal Leeu 3 wrote:
Jong nee, het nie op die oomblik die miljoene nie . Ek dink ons het talent, ons het redelike juniors ens, maar erens gel iets nie. Ek weet nie of dit op die suits se vlak is en of dit op die hoof afrigter se vlak is nie, maar daar is iets nie lekker. Paar seisoene gelede was ons die unie waar almal wil wees, nou loop die spelers. Sien in die week Cash praat van n nuwe spel patroon. Rerig? Het hulle nou na 3 jaar se getjommel besef dit wat gedoen word werk nie? Om nou te verander gaan weer n seisoen of drie vat  |
Dis als waar.
Ons was die unie waar almal wil wees, want die afrigtingspan was absoluut puik en het van talentvolle spelers Bokke gemaak. Dis eintlik al wat verander het. Die spelers sou anyway waai, niks wat ons daaraan kon doen. Maar niks was weer dieselfde na Ackers en sy span ons verlaat het nie. Wat ook ñ normale verloop van omstandighede in enige sport is.
Ek dink ons het eintlik net 1 issue- ñ bestuur wie ñ hoofafrigter steun wie nie opgewasse is nie. Ek is jammer vir Cash maar ek is oortuig dat ons verbetering sal sien as Ricardo of Albert hoofafrigter is. Cash kan dan weer eerder fokus op sy spesialis veld en help om ons vrag beserings te voorkom.
------------- Up the Vaal!
|
Posted By: Attie Karate
Date Posted: 06-Feb-2022 at 3:55pm
valie wrote:
TunaLion wrote:
Weet nie hoekom het ek my tyd mors weer nie. 40 minute wat ek nooit gaan terug nie. Jokes on me I guess.
| Jis maar jy is omtrent negatief. 2 Driee van die bulls, waarvan 1 direk vanaf n skeidsregter fout kom. Ek sal ook my linker bal wed dat Marcell Coetzee die bal geknock het met die eerste drie. |
------------- Up the Vaal!
|
Posted By: Vaal Leeu 3
Date Posted: 06-Feb-2022 at 5:41pm
Ek dink (weet) jy is reg. Kan maar net hoop daar verander vinnige iets...
|
Posted By: Billy6
Date Posted: 06-Feb-2022 at 6:09pm
Als het verander toe Kevin de Klerk gewaai het.
|
Posted By: Blou
Date Posted: 07-Feb-2022 at 8:41am
Albei spanne het maar gesukkel om die bal vas te hou.
Die ref het nog bietjie CC ondervinding nodig.
|
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 07-Feb-2022 at 9:32am
Billy6 wrote:
Als het verander toe Kevin de Klerk gewaai het. |
Dit voel vir my ook so.
|
|