Print Page | Close Window

Match 2 - Lions vs Pumas

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Currie Cup
Forum Description: Currie Cup
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=9314
Printed Date: 03-May-2024 at 10:23am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Match 2 - Lions vs Pumas
Posted By: Transvaal
Subject: Match 2 - Lions vs Pumas
Date Posted: 17-Jan-2022 at 12:57pm
Wednesday 19 January at Ellis Park, kickoff at 15:30

Referee: Aimee Barrett-Theron
Assistant Referees: Jaco Peyper, Local
Television Match Official: AJ Jacobs

Lions: 15. Quan Horn, 14. Boldwin Hansen, 13. Manuel Rass, 12. Tyler Bocks, 11. Zeilinga Strydom, 10. Vaughen Isaacs, 9. Ginter Smuts, 8. Jarod Cairns, 7. Sibusiso Sangweni, 6. Mark Snyman, 5. Lunga Ncube, 4. PJ Steenkamp, 3. Asenathi Ntlabakanye (c), 2. Morne Brandon, 1. Banele Mthenjane.
Replacements: 16. Dameon Venter, 17. Heiko Pohlmann, 18. Sibusiso Shongwe, 19. Ruan Venter, 20. MJ Pelser, 21. Nico Steyn, 22. James Tedder, 23. James Mollentze.

Pumas: 15. Devon Williams, 14. Tapiwa Mafura, 13. Sebastian De Klerk, 12. Ali Mgijima, 11. Lundi Msenge, 10. Tinus de Beer, 9. Lucky Dlepu, 8. Kwanda Dimaza, 7. Phumzile Maqondwana (c), 6. Daniel Maartens, 5. Darrien Landsberg, 4. Malembe Mpofu, 3. Ig Prinsloo, 2. Corne Fourie, 1. Ruan Kramer.
Replacements: 16. Llewellyn Classen, 17. Dewald Maritz, 18. Simon Raw, 19. Brandon Valentyne, 20. Khwezi Mafu, 21. Giovan Snyman, 22. Alwayno Visagie, 23. Andries Viljoen.



Replies:
Posted By: Leeubok
Date Posted: 17-Jan-2022 at 1:13pm
Waarom word daar op 'n naweek gespeel en dan weer mid week?


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Jan-2022 at 1:44pm
Die hele curriebeker werk so, naweek en midweek wedstryde, ek dink dis om 2 rondtes in te pas


Posted By: TunaLion
Date Posted: 17-Jan-2022 at 2:14pm
Wat ek nie verstaan nie, is hoekom kon hulle nie die komende naweek speel nie? Daar is anyway nie CC games hierdie naweek nie.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 17-Jan-2022 at 2:58pm
Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Wat ek nie verstaan nie, is hoekom kon hulle nie die komende naweek speel nie? Daar is anyway nie CC games hierdie naweek nie.

Dink dit is om miskien die ouens in die URC te kan gebruik en vice versa as Covid die squads tref. Dink die realiteit is dit gaan gebeur, so dit is eintlik nice dat alles nie op dieselfde dag gebeur nie


Posted By: TunaLion
Date Posted: 17-Jan-2022 at 6:12pm
Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Wat ek nie verstaan nie, is hoekom kon hulle nie die komende naweek speel nie? Daar is anyway nie CC games hierdie naweek nie.

Dink dit is om miskien die ouens in die URC te kan gebruik en vice versa as Covid die squads tref. Dink die realiteit is dit gaan gebeur, so dit is eintlik nice dat alles nie op dieselfde dag gebeur nie


Maar dan sal ons nou bv in die URC met 'n moeg span moes speel as ons URC span getref word deur COVID, deurdat die CC span dan 3 wedstryde in 8 dae moet speel, wat ook nie veel help nie.

So dit maak eerlikwaar min sin vir my, ek sal eerder dan net die 28-0 uncontested verloor vat as wat 'n mens 89-7 moet verloor soos wat Montpellier se 2de/3de span teen Leinster hierdie naweek verloor het. En Leinster is een van die spanne in die URC. So not in my lifetime will ek hê ons U20's moet teen Leinster of enige URC span speel, selfs as hulle nie 3 games in 8 dae moet speel nie en uitgerus is.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 18-Jan-2022 at 8:29am
Die ander spanne in die URC speel ook mos in meer as 1 comp, so iewers sal dit miskien gelyk wees, maar ja ek hoor wat jy sê. Daar is seker n kwessie van TV regte en logistics wat ook nie lekker werk op dieselfde dag nie


Posted By: Transvaal
Date Posted: 18-Jan-2022 at 11:29am
Sigma Lions Name Match 23 for Pumas Clash

The Sigma Lions have named their team ahead of their second Carling Currie Cup encounter against the Pumas at Emirates Airline Park on Wednesday, 19 January 2022.

At the back, former Junior Springboks Tyler Bocks and Manuel Rass link up in the midfield. Scrumhalf Ginter Smuts starts in the number nine position to face his old side.

Other changes sees lock Lunga Ncube slot in for the injured Simon Dionisio. Sibusiso Sangweni and Morne Brandon (both who did duty for the Emirates Lions on their Vodacom United Rugby Championship away tour) complete the forward pack.

Sigma Lions

15.Quan Horn 14. Boldwin Hansen 13. Manuel Rass 12. Tyler Bocks 11. Zeilinga Strydom 10. Vaughen Isaacs 9. Ginter Smuts 8. Jarod Cairns 7. Sibusiso Sangweni 6. Mark Snyman 5. Lunga Ncube 4. PJ Steenkamp 3. Asenathi Ntlabakanye 2. Morne Brandon 1.Banele Mthenjane

Substitutes
16. Dameon Venter 17.Heiko Pohlmann 18. Sibusiso Shongwe 19.Ruan Venter 20. MJ Pelser 21. Nico Steyn 22. James Tedder 23. James Mollentze

Pumas
TBC


Kick off is at 15:30


Posted By: emiel1
Date Posted: 18-Jan-2022 at 12:49pm
Al ons driee behalwe een het gekom van lynstaan dryfbweeging deur ons voorspelers laas Saterdag, so hopelik gaan ons nie Tshituka en Dionisio te veel mis nie.


Posted By: monster
Date Posted: 18-Jan-2022 at 3:51pm
Ek sien Roelof Smith is nou by die WP


Posted By: Transvaal
Date Posted: 18-Jan-2022 at 4:31pm
ja sien so, maar hy was darem maar vreeslik baie beseer by ons...wat gaan nou anders wees by WP?


Posted By: Transvaal
Date Posted: 18-Jan-2022 at 4:53pm
Pumas se span opgedateer in die eerste pos


Posted By: Transvaal
Date Posted: 18-Jan-2022 at 4:56pm
Wedstryd beamptes opgedateer in eerste pos


Posted By: Transvaal
Date Posted: 18-Jan-2022 at 5:01pm
7 veranderings vir die Pumas....dink julle hulle speel hulle B span teen ons? LOL!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 18-Jan-2022 at 5:05pm
of het hulle B-span teen die Bulle gespeel?


Posted By: TunaLion
Date Posted: 18-Jan-2022 at 7:39pm
Originally posted by monster monster wrote:

Ek sien Roelof Smith is nou by die WP


Hy het in 2 jaar blykbaar net 4 games vir ons gespeel.... eish


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 19-Jan-2022 at 8:04am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

of het hulle B-span teen die Bulle gespeel?

Was maar n gemengde span, ek dink wel die Pumas teiken ons vir n wen.. 


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 2:37pm
Ek het ons squad bladsy opgedateer met die eerste Curriebeker wedstryd

http://www.lionsworld.co.za/squad.html" rel="nofollow - http://www.lionsworld.co.za/squad.html


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 3:19pm
#Curriebeker - #Leeus 0 vs #Pumas 0 - Afskop oor 10 minute!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 3:31pm
#Curriebeker - #Leeus 0 vs #Pumas 0 - Afskop!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 3:39pm
Reeds 'n paar foute...1 lynstaan verloor, 2 strafskoppe afgestaan, en die afskop nie skoon gevat nie...maar steeds 0-0 na 6 minute, eerste skrum nou


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 3:39pm
Reset nodig vir eerste skrum


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 3:41pm
Goeie eerste skrum vir ons en strafskop voordeel...ons hardloop en verder veldop gaan die pumas onkant


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 3:42pm
ons losskakel mis die strafskop regs verby, maar hy het die afstand gemaklik gehad van die middellyn af


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 3:48pm
Baie swak tackle in die middeveld, dink dit was ons nommer 7, en pumas gaan druk amper


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 3:49pm
#Curriebeker - #Leeus 0 vs #Pumas 3 - 14m - STRAFSKOP Tinus de Beer


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 3:51pm
#Curriebeker - #Leeus 0 vs #Pumas 8 - 16m - DRIE Devon Williams


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 3:52pm
#Curriebeker - #Leeus 0 vs #Pumas 10 - 17m - DOELSKOP Tinus de Beer


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 3:54pm
Hel dit was swak, goeie skrum vir ons, skrummie hardloop 2 tree met doie bal en pass na vleul wat dit aan slaan, Pumas gryp die los bal, af met die agterlyn, senter skop en williams is vinniger as almal en gaan druk


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 3:55pm
nou skop die losskakel 'b syrafskop agter die hoekvalg uit...goeiste


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 4:03pm
#Curriebeker - #Leeus 3 vs #Pumas 10 - 26m - STRAFSKOP Vaughen Isaacs


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 4:07pm
#Curriebeker - #Leeus 3 vs #Pumas 15 - 29m - DRIE Daniel Maartens


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 4:08pm
#Curriebeker - #Leeus 3 vs #Pumas 17 - 30m - DOELSKOP Tinus de Beer


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 4:11pm
Ons het 'n 5 tree lynstaan dan bok die haker...


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 4:12pm
Dink behalwe dit het ons al ook ten minste 3 lynstane verloor


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 4:14pm
Ons skrums is die enigste ligpunt in die wedstryd sover


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 4:18pm
#Curriebeker - #Leeus 6 vs #Pumas 17 - 38m - STRAFSKOP Vaughen Isaacs


Posted By: monster
Date Posted: 19-Jan-2022 at 4:21pm
Nee wat ons gaan nie een game wen met n span wat sulke basiese foute op belangrike tye maak nie


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 4:22pm
#Curriebeker - #Leeus 6 vs #Pumas 22 - 40m - DRIE Corne Fourie


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 4:22pm
#Curriebeker - #Leeus 6 vs #Pumas 24 - 40m - DOELSKOP Tinus de Beer


Posted By: Chris
Date Posted: 19-Jan-2022 at 4:23pm
PATETIES!!!!!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 4:25pm
ooks die rustyd  telling


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 4:32pm
Sjo, dis moeilik om te sien waar ons kan verbeter...alles gaan verkeerd behalwe die skrums. Dink die skrummie moet verseker vervang word...dink die agterlyn probleme begin by hom...daar is glad nie lekker samespel tussen hom en die agterlyn nie...en ja, ons sal die spel moet probeer vinniger maak...jong outjies en dan maak ons die spel stadig teen die ouer groter spelers


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 4:37pm
#Curriebeker - #Leeus 9 vs #Pumas 24 - 41m - STRAFSKOP Vaughen Isaacs


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 4:38pm
Geen veranderings na rustyd...ons skrummie skop die bal direk uit


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 4:39pm
ag hel de beer hardloop sonder 'n hand op hom deur vir 'n drie


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 19-Jan-2022 at 4:40pm
Ons skrummie maak nie baie vinnig skoon nie.. lyk nie of ons iets agter kan maak nie, bal is te stadig. Pumas vind gate orals.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 4:40pm
#Curriebeker - #Leeus 9 vs #Pumas 29 - 44m - DRIE Tinus de Beer


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 4:41pm
#Curriebeker - #Leeus 9 vs #Pumas 31 - 45m - DOELSKOP Tinus de Beer


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 4:41pm
Steyn is nou op vir Smuts...Smuts was beslis 'n swak punt in ons span


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 19-Jan-2022 at 4:45pm
Nee jis.. wiele val af.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 4:46pm
Ag...nee, De beer mis met 'n strafskop en ons heelagter probeer die bal vang in die doelgebied en slaan aan...5 meter skrum


Posted By: valie
Date Posted: 19-Jan-2022 at 4:48pm
Nee, donner!


Posted By: valie
Date Posted: 19-Jan-2022 at 5:00pm
Sover lyk al die plaasvervangers wat opgekom het, skerper as die ouens wat begin het. Ek hoop die plaasvervangers begin die volgende game.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 5:04pm
#Curriebeker - #Leeus 9 vs #Pumas 36 - 63m - DRIE Simon Raw


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 5:06pm
Ons hele bank is nou op


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 5:09pm
#Curriebeker - #Leeus 9 vs #Pumas 41 - 68m - DRIE Llewellyn Classen


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 5:09pm
#Curriebeker - #Leeus 9 vs #Pumas 43 - 69m - DOELSKOP Tinus de Beer


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 5:19pm
TMO kyk vir 'n pumas drie 


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 5:20pm
was 'n aanslaan


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 5:22pm
#Curriebeker - #Leeus 9 vs #Pumas 48 - 78m - DRIE Brandon Valentyne


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 5:23pm
#Curriebeker - #Leeus 9 vs #Pumas 50 - 79m - DOELSKOP Tinus de Beer


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Jan-2022 at 5:25pm
En dis dit


Posted By: valie
Date Posted: 19-Jan-2022 at 5:27pm
Uiters swak! Slordige hantering. Lustelose vertoning, en dit nog op ons tuisveld!


Posted By: Red_Machine
Date Posted: 19-Jan-2022 at 5:39pm
The Lions team is an absolute disgrace! An embarrassment to the union!

The excuse of "its our u/20 team" just doesn't hold water for me, look at what the Pumas and the Griquas accomplish with a bunch of "no name brands" 


Posted By: Red_Machine
Date Posted: 19-Jan-2022 at 5:41pm
Added to that, this Amy Baren-Cohen is shocking. She has no business refereeing top level rugby 


Posted By: TunaLion
Date Posted: 19-Jan-2022 at 5:43pm
Ek is bly ek het die een gemis.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: gertjie0000
Date Posted: 19-Jan-2022 at 8:42pm
Ek dink eerlikwaar ons moes soos die ander groot unies gemaak het en n paar spelers met ondervinding in sleutel posisies gesit het om van die jong manne te gehelp het en so kon van die manne wedstryd fiks gebly het ek dink die bulls en so is ons bietjie voor nou met die dat hulle van hulle groot spelers gebruik tot die ander kompetisie weer aangaan


Posted By: monster
Date Posted: 20-Jan-2022 at 5:57am
Dit is duidelik dat dit nie vir die unie saak maak of ons al die Curriebeker wedstryde verloor nie … hulle fight so hard om kop bo water te hou met URC dat ek dink nie hulle dink verder as dit nie. 

Die unie moes teen die WP n sterkerige URC span gekies het om te speel en moes gister n kombinasie van fringe URC spelers en o/20 spelers gekies het

Jake White het  duidelik n kort en langtermyn plan … hy behandel beide kompitisies as belangrik 


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 20-Jan-2022 at 7:56am
Ek dink die outjies is bietjie in die diepkant, dit is nou van die coaching tot die spelers, wat miskien later sal vrugte werp.. ek weet net nie of dit in n donker gat gaan eindig nie, maar hierdie week was baie swakker as laas week.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 20-Jan-2022 at 8:07am
Die groot probleem is dat die span wat onder aan die log eindig, outomaties  vir 2 jaar gerelegeer word na die B divisie.


Posted By: Red_Machine
Date Posted: 20-Jan-2022 at 8:21am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Die groot probleem is dat die span wat onder aan die log eindig, outomaties  vir 2 jaar gerelegeer word na die B divisie.
so ons.moet maar gewoont raak aan die idee dat die Leeus vir 2 jaar nie gaan CC speel.nie


Posted By: Transvaal
Date Posted: 20-Jan-2022 at 8:27am
wil so voorkom


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 20-Jan-2022 at 10:41am
Originally posted by Red_Machine Red_Machine wrote:

Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Die groot probleem is dat die span wat onder aan die log eindig, outomaties  vir 2 jaar gerelegeer word na die B divisie.
so ons.moet maar gewoont raak aan die idee dat die Leeus vir 2 jaar nie gaan CC speel.nie

Ek was nog altyd ten gunste van promosie/ relegasie. Dit werk letterlik in elke sportsoort op aarde.

Dis uiterse swak bestuur van SARU wat maak dat hul elke jaar die formaat verander. Dis ook duidelik dat hul nie minder kon omgee oor die CC nie.


-------------
Up the Vaal!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 20-Jan-2022 at 10:47am
Ek dink hulle het Curriebeker die doodskoot gegee die jaar


Posted By: valie
Date Posted: 20-Jan-2022 at 10:56am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Die groot probleem is dat die span wat onder aan die log eindig, outomaties  vir 2 jaar gerelegeer word na die B divisie.
Transvaal,indien jy Saterdag by die wedstryd gaan wees, as media beampte, en jy kry n geleentheid, vra to bietjie of die unie bewus is hiervan, en wat hulle plan is om te verseker dat ons nie gerelegeer word nie, want dit kan maak dat ons nog die meerderheid van ons belowende juniors ook kan verloor.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 20-Jan-2022 at 10:57am
daai juniors het nie so belowend in die eerste 2 wedstryde gelyk nie, het hulle?


Posted By: Leeubok
Date Posted: 20-Jan-2022 at 11:03am
Ongelukkig het ek ook meeste van hierdie slagting gekyk. En ek het die Bulls-WP game later ook gekyk, wat 'n verskil!!! 


Posted By: valie
Date Posted: 20-Jan-2022 at 11:07am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

daai juniors het nie so belowend in die eerste 2 wedstryde gelyk nie, het hulle?
Ek praat nie net van die wat gespeel het nie. Daar is heelwat van die o/20's van laasjaar wat nie in die 2 games gespeel het nie. Ek dink aan die o/ 20 haker (du Toit is sy van), Izan Esterhuizen, Sasko Ndlovo, die 2 slotte, Claasens wat op 10 goed was, maar net in 1 game nou op 9 moes speel, en dan die spelers op die bank, wat lus gelyk het vir speel, soos Ruan Venter, Nico Steyn, MJ Pelser, ens.
Dit lyk amper of die afrigters half aspris meestal ouens gekies het wat nie laasjaar die o/20 span kon haal nie, tesame met n paar ouer spelers wat nog in elk geval nog glad nie oortuig het nie, (soos Manny Ras, Morne Brandon, ens.)


Posted By: Transvaal
Date Posted: 20-Jan-2022 at 11:25am
Die probleem gister het ook vir my op skrummie begin, weet nie hoekom wag hy 40 minute om die ou te vervang nie


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 20-Jan-2022 at 11:32am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Die groot probleem is dat die span wat onder aan die log eindig, outomaties  vir 2 jaar gerelegeer word na die B divisie.

Is dit nie uitgestel tot 2023 nie? 


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 20-Jan-2022 at 11:35am
Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Die groot probleem is dat die span wat onder aan die log eindig, outomaties  vir 2 jaar gerelegeer word na die B divisie.

Is dit nie uitgestel tot 2023 nie? 

The council did, however, approve a motion that the top South African team in the First Division be automatically promoted to the Premier Division at the end of the 2022 Currie Cup season, creating an eight-team Premier Division the following season.

SA Rugby added that the promoted team would be entrenched for two seasons (until the end of the 2024 Currie Cup season) when the bottom team in the Premier Division will be automatically relegated in favour of the top South African team in the First Division, which will also be entrenched for two seasons before promotion/relegation at the end of the 2026 season.



Posted By: emiel1
Date Posted: 20-Jan-2022 at 11:44am
Dink die Leeus het die afgelope paar jaar dieselfde fout gemaak het is die Bulle 'n dekade terug (onder Xander Janse van Rensburg). Spandeer miljoene op hordes juniors van die Kaap en KZN, en verwaarloos die senior spanne. Daar is 'n reuse verskil tussen junior/varsity cup rugby en CC (net soos daar 'n reuse verskil is tussen CC en internasionale club rugby). n Beter strategie sou gewees het om 'n handvol baie belowende jonges te oogmerk en hule geleidelik in senior spanne in te lei.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 20-Jan-2022 at 11:45am
o okay, so iemand versprei valshede op sosiale media...en ek het geval daarvoor. So die outomatiese rtelegasie is eers aan die einde van die 2024 seisoen


Posted By: monster
Date Posted: 20-Jan-2022 at 3:49pm
So as ek die lees verstaan ek dat geen span afgaan na die B liga toe nie net 1 span van B liga gaan promosie kry om die Curriebeker n 8 span liga maak


Posted By: Transvaal
Date Posted: 20-Jan-2022 at 4:05pm
dis reg


Posted By: Transvaal
Date Posted: 21-Jan-2022 at 9:50am
Hierdie was Manual Rass se 27ste wedstryd vir die Leeus, hy is 'n Senter. Driee in 27 wedstryde...zero



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net