Print Page | Close Window

Super Rugby Unlocked Match 3 - Lions vs Cheetahs

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=8928
Printed Date: 16-May-2024 at 9:29am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com

Topic: Super Rugby Unlocked Match 3 - Lions vs Cheetahs
Posted By: Transvaal
Subject: Super Rugby Unlocked Match 3 - Lions vs Cheetahs
Date Posted: 19-Oct-2020 at 2:11pm
Saterdag 16:30 op die park.

Leeus: 15. EW Viljoen; 14. Jamba Ulengo, 13. Wandisile Simelane, 12. Dan Kriel (captain), 11. Rabz Maxwane; 10. Gianni Lombard, 9. Morné van den Berg; 8. Len Massyn, 7. Vincent Tshituka, 6. MJ Pelser, 5. Marvin Orie, 4. Ruben Schoeman, 3. Carlu Sadie, 2. Jaco Visagie, 1. Sti Sithole. 
Replacements: 16. PJ Botha, 17. Nathan McBeth, 18. Jannie du Plessis, 19. Wilhelm van der Sluys, 20. Marnus Schoeman, 21. Ross Cronje, 22. Stean Pienaar, 23. Tiaan Swanepoel

Cheetahs15 Clayton Blommetjies, 14 Malcolm Jaer, 13 Benhard Janse van Rensburg, 12 Frans Steyn, 11 Rosko Specman, 10 Tian Schoeman, 9 Tian Meyer, 8 Jasper Wiese, 7 Junior Pokomela (captain), 6 Andisa Ntsila, 5 Walt Steenkamp, 4 Carl Wegner, 3 Luan de Bruin, 2 Reinach Venter, 1 Charles Marais. 
Replacements: 16 Jacques du Toit, 17 Boan Venter, 18 Erich de Jager, 19 JP du Preez, 20 Aidon Davis, 21 Chris Massyn, 22 Ruben de Haas, 23 William Small-Smith.

Replies:
Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Oct-2020 at 2:12pm
Het so pas 'n uitnodiging gekry om die wedstryd by te woon. Let wel hulle laat nog steeds geen toeskouers toe nie

Posted By: Attie Karate
Date Posted: 19-Oct-2020 at 2:26pm
Great!

Hierdie een gaan tough wees, maar ons kan beslis wen.

-------------
Up the Vaal!

Posted By: valie
Date Posted: 19-Oct-2020 at 2:48pm
Jip, gaan n moeilike een wees, maar ons kan wen. Die manne moet net voortbou op Saterdag, en minder strafskoppe afstaan.

Posted By: Leeubok
Date Posted: 19-Oct-2020 at 3:03pm
Nice Tvl

FS speel goed op die oomblik, en onthou hulle het 'n punt om te bewys. Hul sal baie graag die kompetisie wil wen en SARU dan vra maar hoe kan hulle die beste span uit Pro14 uit skop... Daar gaan dalk gekyk word na die spanne wat dalk onder hul eindig, veral ons..

Posted By: Transvaal
Date Posted: 20-Oct-2020 at 6:32am
Die ou van Beeld het my weer gevra vir die laaste 5 jaar se stats tussen ons en die Cheetahs, so hier is dit:

26 September 2015 in Bloemfontein, Leeus wen 73-31
17 Oktober 2015 op Ellispark (Semi-finaal) Leeus wen 43-33
15 September 2016 in Bloemfontein, Cheetahs wen 37-29
26 Augustus 2017 in Bloemfontein, Cheetahs wen 30-24
14 Oktober 2017 op Ellispark, Leeus wen 44-17
8 September 2018 op Ellispark, Leeus wen 47-14
2 Augustus 2019 in Bloemfontein, Leeus wen 24-22
7 September 2019 in Bloemfontein (Finaal), Cheetahs wen 31-28

Super Rugby
25 April 2015 op Ellispark, Leeus wen 34-29
23 Mei 2015 in Bloemfontein, Leeus wen 40-17 
19 Maart 2016 op Ellispark, Leeus wen 39-22
25 Februarie 2017 in Bloemfontein, Leeus wen 28-25

Posted By: Transvaal
Date Posted: 20-Oct-2020 at 6:35am
So SR 4 gespeel en 4 wenne vir ons, Curriebeker 8 gespeel en 5 wenne vir ons. Totaal 12 gespeel en 9 wenne vir ons, so die laaste 5 jaar het ons 'n goeie rekord teen hulle, maar hulle het dan ook laas week die Bulle geklop, maar hou ook in gedagte dat al 3 hulle wenne teen ons die laaste 5 jaar in Bloem was

Posted By: Transvaal
Date Posted: 20-Oct-2020 at 6:39am
Die Cheetahs speel met 'n baie swaar pak, hulle pak laas naweek was swaarder as die Bulle pak. Die geheim teen so pak is altyd om hulle te beweeg en ook om die bal weg van hulle af te hou.

Posted By: Transvaal
Date Posted: 20-Oct-2020 at 7:20am
Die Cheetahs het in 2013 'n Curriebeker wedstryd teen die Leeus gewen op Ellispark, 30-29 op 10 Aug 2013

Cheetahs het op 6 Mei 2011 'n SR wedstryd gewen op Ellispark, 53-19

Posted By: WitBoer
Date Posted: 20-Oct-2020 at 7:47am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Die Cheetahs het in 2013 'n Curriebeker wedstryd teen die Leeus gewen op Ellispark, 30-29 op 10 Aug 2013

Cheetahs het op 6 Mei 2011 'n SR wedstryd gewen op Ellispark, 53-19

Hel, het al amper vergeet ons was so swak...

-------------
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha

Posted By: Transvaal
Date Posted: 20-Oct-2020 at 8:43am
9 jaar is 'n lang tyd

Posted By: Transvaal
Date Posted: 20-Oct-2020 at 8:51am
Dis amper 100% seker dat nie een Cheetah speler van daai wedstryd nog by hulle is nie. Aan ons kant is dit dalk net Jantjies wat nog speel

Posted By: Niela
Date Posted: 20-Oct-2020 at 9:36am
I am not afraid of the cheetahs , one side we can and must beat.

The were decent against the bulls , but the bulls are poor in my opinion

Posted By: Transvaal
Date Posted: 21-Oct-2020 at 10:40am
Sien nou net 4 Leeus spelers het positief getoets vir Covid-19

Posted By: Transvaal
Date Posted: 21-Oct-2020 at 10:43am

Covid-19 cases at the Lions

Four positive cases of Covid-19 have been detected among the Emirates Lions squad this week. The team gets tested every week as required by protocol.

These players, all of whom are A-symptomatic, have been removed from the squad.

All protocols have been kept and the relevant parties have been informed.

We are ready and preparing for the Toyota Cheetahs at Emirates Airline Park this weekend. The team will be retested as per Covid protocols.

Posted By: PaBz0r
Date Posted: 21-Oct-2020 at 10:55am
Dit gaan n storie wees

Posted By: Leeubok
Date Posted: 21-Oct-2020 at 10:57am
Eish, wonder wie die 4 spelers is? En waar trek hulle die streep en kanselleer 'n wedstryd eerder? Dit sal baie onregverdig wees as helfde van 1 span moet uitsit oor hul positief getoets het

Posted By: PaBz0r
Date Posted: 21-Oct-2020 at 4:01pm
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Eish, wonder wie die 4 spelers is? En waar trek hulle die streep en kanselleer 'n wedstryd eerder? Dit sal baie onregverdig wees as helfde van 1 span moet uitsit oor hul positief getoets het

Dit het nou die dag met iemand gebeur dat daar 16 spelers was in die squad wat n storie gehad het, dink ons gaan dit elke week sien gebeur.

Posted By: Lionsinpta
Date Posted: 21-Oct-2020 at 7:50pm
Rasta weereens aangewys as skeidsregter. 

Posted By: Vaal Leeu 3
Date Posted: 22-Oct-2020 at 7:21am
Ek sien op Rugby365  hulle se dat Kitshoff en Ntubeni onttrek is van die Wp span vanwee naby kontak met n speler die naweek. So die dan kan mens aflei dat dit n Leeuspeler was en dan obvious iemand in die voorry. So dan is die 4 spelers van die Leeus wat moes onttrek in die Voorspelers...

Posted By: monster
Date Posted: 22-Oct-2020 at 10:29am
Originally posted by Vaal Leeu 3 Vaal Leeu 3 wrote:

Ek sien op Rugby365  hulle se dat Kitshoff en Ntubeni onttrek is van die Wp span vanwee naby kontak met n speler die naweek. So die dan kan mens aflei dat dit n Leeuspeler was en dan obvious iemand in die voorry. So dan is die 4 spelers van die Leeus wat moes onttrek in die Voorspelers...

Maar hoekom moet Frans Malerbe nie dan ook ontrek nie ... is dit omdat hy nie juis op die veld was nie 😂😂😂

En hoekom nie die slotte nie ons almal weet mos dat jou teenstandes se haker spoeg gewoonlik op die slotte se koppe in n skrum 😜😜😜(sorry vir julle wat slot gespeel het en dit nooit geweet het nie)

Nee ek grap net ek glo dit sal beslis ons voory manne wees.

Posted By: monster
Date Posted: 22-Oct-2020 at 10:31am
wanneer kondig hulle die span aan

Posted By: Transvaal
Date Posted: 22-Oct-2020 at 11:00am
Span word vandag aangekondig, en ek dit die feit dat dit Kisthoff en Scarra is, beteken dat dit die loskop van die 2de hyelfte was, maw Dylan Smith

Posted By: Transvaal
Date Posted: 22-Oct-2020 at 11:46am
of seker die vaskop van die 2de helfte, maw Herbst?

Posted By: monster
Date Posted: 22-Oct-2020 at 12:08pm
So dit is heel moontlik Herbs, Campher, Visagie en Smith wat moet uitsit

Posted By: Transvaal
Date Posted: 22-Oct-2020 at 12:39pm
Blykbaar is dit 9 spelers in totaal wat nie beskikbaar is vir die naweek se wedstryd nie

Posted By: Transvaal
Date Posted: 22-Oct-2020 at 12:43pm
Covid-19 Update from the Lions - 4 players tested positive in the weekly tests that are done at the #Lions, 2 of the 4 showed symptoms, and in total 9 players are not available for this weekend due to Covid-19

Posted By: Red_Machine
Date Posted: 22-Oct-2020 at 12:46pm
Bliksem, dit is nou n ramp. We need a postponement, can't take on the Cheetahs with a "B" team

Posted By: Transvaal
Date Posted: 22-Oct-2020 at 12:48pm
Ek moes self vandag vir 'n Covid toets gaan net om Saterdag se wedstryd te mag bywoon

Posted By: Leeubok
Date Posted: 22-Oct-2020 at 12:58pm
Originally posted by Red_Machine Red_Machine wrote:

Bliksem, dit is nou n ramp. We need a postponement, can't take on the Cheetahs with a "B" team

Stem, dit is hoogs onregverdig dat n span nog moet speel as so klomp spelers onbeskikbaar is 

Posted By: Vaal Leeu 3
Date Posted: 22-Oct-2020 at 1:20pm
Ja nee hel man. Maar ek vermoed al die spanne gaan so naweek slaan...

Posted By: Transvaal
Date Posted: 22-Oct-2020 at 2:02pm
EW Viljoen; Jamba Ulengo, Wandisile Simelane, Dan Kriel (captain), Rabz Maxwane; Gianni Lombard, Morné van den Berg; Len Massyn, Vincent Tshituka, MJ Pelser, Marvin Orie, Ruben Schoeman, Carlu Sadie, Jaco Visagie, Sti Sithole. Reserves: PJ Botha, Nathan McBeth, Jannie du Plessis, Wilhelm van der Sluys, Marnus Schoeman, Ross Cronje, Stean Pienaar, Tiaan Swanepoel

Posted By: Tiny
Date Posted: 22-Oct-2020 at 2:36pm

Die nuwe manne moet nou die kaans gebruik om te bewys ek is goed genoeg om gekies te word vir die begin span.

Ons sal ook nou sien hoe goed ons diepte is.
 
Posted By: Leeubok
Date Posted: 22-Oct-2020 at 3:01pm
Originally posted by Vaal Leeu 3 Vaal Leeu 3 wrote:

Ja nee hel man. Maar ek vermoed al die spanne gaan so naweek slaan...

Probleem is ons is al klaar 0/2. Nog 'n verloor en ons gaan dit nie finals toe maak nie

Posted By: Red_Machine
Date Posted: 22-Oct-2020 at 3:11pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

EW Viljoen; Jamba Ulengo, Wandisile Simelane, Dan Kriel (captain), Rabz Maxwane; Gianni Lombard, Morné van den Berg; Len Massyn, Vincent Tshituka, MJ Pelser, Marvin Orie, Ruben Schoeman, Carlu Sadie, Jaco Visagie, Sti Sithole. Reserves: PJ Botha, Nathan McBeth, Jannie du Plessis, Wilhelm van der Sluys, Marnus Schoeman, Ross Cronje, Stean Pienaar, Tiaan Swanepoel
so die 9 is: Burger Odendaal, Elton Jantjes, Jaco Kriel, JH Campher, Dylan Smith, Hacjivah Dayimani, Wiehahn Herbst, Ruan Dreyer,??? 

Posted By: LeeuBrul
Date Posted: 22-Oct-2020 at 3:19pm

Jantjies glo n calf injury.... 

-------------
Once a Lion always a lion

Posted By: Transvaal
Date Posted: 22-Oct-2020 at 3:20pm
Blykbaar het Elton 'n spier getrek, so hy is nie een van die 9 nie, dis seker Willem Alberts en die res van jou name is seker akkuraat

Posted By: emiel1
Date Posted: 22-Oct-2020 at 3:36pm
Kan dit waar wees, Dan Kriel kaptein ???  Indien Cheetahs vinnige voorvoetbal kry gaan hulle hierdie middeveld stukkend hardloop.

Posted By: valie
Date Posted: 22-Oct-2020 at 3:43pm
Originally posted by emiel1 emiel1 wrote:

Kan dit waar wees, Dan Kriel kaptein ???  Indien Cheetahs vinnige voorvoetbal kry gaan hulle hierdie middeveld stukkend hardloop.
Ek is nie te bekommerd oor Dan se defense nie, maar Wandi is nie baie solid daar nie.

Posted By: valie
Date Posted: 22-Oct-2020 at 3:44pm
Hierdie is n baie jong line up.

Posted By: valie
Date Posted: 22-Oct-2020 at 3:58pm
Hoe lank is die kwarantyn nou vir Covid? is dit 14 dae of 10 dae?

Posted By: emiel1
Date Posted: 22-Oct-2020 at 4:20pm
Originally posted by valie valie wrote:

Originally posted by emiel1 emiel1 wrote:

Kan dit waar wees, Dan Kriel kaptein ???  Indien Cheetahs vinnige voorvoetbal kry gaan hulle hierdie middeveld stukkend hardloop.
Ek is nie te bekommerd oor Dan se defense nie, maar Wandi is nie baie solid daar nie.

Dink verdediging gaan meer oor organisasie en besluitneming (nie Kriel se forte nie), as oor grote en spiere. Lombaard en Simelane het flair wanneer hule spasie het, maar andersins is hulle 'n las op verdediging. Jaco Kriel se weglating is 'n slag, maar die begin pak behoort OK te doen. 

Posted By: Transvaal
Date Posted: 22-Oct-2020 at 4:25pm
Originally posted by valie valie wrote:

Hoe lank is die kwarantyn nou vir Covid? is dit 14 dae of 10 dae?

10 dae

Posted By: Transvaal
Date Posted: 22-Oct-2020 at 4:26pm
Originally posted by emiel1 emiel1 wrote:

Originally posted by valie valie wrote:

Originally posted by emiel1 emiel1 wrote:

Kan dit waar wees, Dan Kriel kaptein ???  Indien Cheetahs vinnige voorvoetbal kry gaan hulle hierdie middeveld stukkend hardloop.
Ek is nie te bekommerd oor Dan se defense nie, maar Wandi is nie baie solid daar nie.

Dink verdediging gaan meer oor organisasie en besluitneming (nie Kriel se forte nie), as oor grote en spiere. Lombaard en Simelane het flair wanneer hule spasie het, maar andersins is hulle 'n las op verdediging. Jaco Kriel se weglating is 'n slag, maar die begin pak behoort OK te doen. 

Lombaard se verdediging is effens beter as die van Simelane, ek kan nie onthou dat ek Simelane al ooit 1 tackle sien maak het nie

Posted By: emiel1
Date Posted: 22-Oct-2020 at 4:37pm
Ja, ek vind dink dit ietwat belaglik dat hulle home (Simelane) in die middeveld kies. Hy het nie die temperament of fisiese kwaliteit vir die posisie nie. Dink hy sal dalk beter op vleeul of heelagter doen. Indien ons pak beheer kan neem, behoort on OK te wees. Indien nie, gaan dit 'n lang dag wees.

Posted By: LeeuBrul
Date Posted: 22-Oct-2020 at 4:50pm
Eerder n RASS of Molletze gekies het... Stem saam,Similane Baie talent maar ek regtig nog niks gesien wat ek kan se hkom word hy nie elke week gekies...

Goeie span, Sal hulle nie afskryf, eindelik net 3 veranderinge aan begin span.... Bank n bietjie jonk en onervare.... 

Wonder waar is Skosan dat hy nie eens gekies word vir bank nie... 

-------------
Once a Lion always a lion

Posted By: LeeuBrul
Date Posted: 22-Oct-2020 at 6:15pm
Kon eindelik vir EW op senter ook gebruik het met Rossouw op fullback..... 

-------------
Once a Lion always a lion

Posted By: valie
Date Posted: 22-Oct-2020 at 7:11pm
Originally posted by LeeuBrul LeeuBrul wrote:

Kon eindelik vir EW op senter ook gebruik het met Rossouw op fullback..... 
Jip. Tiaan Swanepoel is ook nie n slegte 15 nie. Ek het n idee datdit dalk Cash se back up plan is om Simelane af te haal as hy klei trap, EW 13 toe te skuif en Tiaan op 15 in te bring.

Posted By: emiel1
Date Posted: 23-Oct-2020 at 1:14pm
EW Viljoen het regtig nooit beindruk in die jare dat hy senter gespeel het nie. Lyk baie meer gemakliker as heelagter. Moet die breintrusts ook komplimenteer dat hulle die skuif gemaak het.

Posted By: Leeubok
Date Posted: 24-Oct-2020 at 12:37pm
Ek sien die game is gekanselleer! Nog 2 gevalle positief getoets

Posted By: TunaLion
Date Posted: 24-Oct-2020 at 3:44pm
Ek dink dit is seker maar vir die beste.

-------------
Go LIONS!!!!!

Posted By: Vaal Leeu 3
Date Posted: 24-Oct-2020 at 5:31pm
Met al die spelers wat uit was dink ek is 2 punte n bonus. Ek wonder wat vorentoe gaan gebeur, 10 dae isolasie gaan seker weer part spelers boomerang?

Posted By: TunaLion
Date Posted: 24-Oct-2020 at 7:34pm
Hoe ek dit verstaan is dat as mens positief toets dan is die virus nie meer oordraagbaar binne 9 dae nie, so mens moet dan isoleer vir 10 dae na die positiewe uitslag. Maar wat ek ook al gelees het, is dat as mens net in kontak gekom het met iemand met die virus, moet mens dan self-isoleer vir 14 dae, omdat die 4 ekstra dae dan bygelas word vir die inkubasie periode van die virus in mens se sisteem.

Ek het nou probeer Google en rondlees wat is die huidige tydlyn vir die twee situasies op die oomblik, maar ek kry baie konflikterende artikels - tipies SA government.

Maar dit is seker anyway veilig om te sê ons gaan sonder die spelers sit vir 2 weke, so ons is seker maar geskroef. Dit moes eintlik al vroeër gekanseleer geword het, want nou het die virus seker al leker versprei onder ons hele span die laaste paar dae.

-------------
Go LIONS!!!!!

Posted By: Vaal Leeu 3
Date Posted: 24-Oct-2020 at 8:54pm
Ai dis nie goed nie...

Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net