Print Page | Close Window

Mitch – The Real Story

Printed From: Lionsworld
Category: Lions Section
Forum Name: Union, Management and Coach discussions
Forum Description: Union, Management and Coach discussions
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=8434
Printed Date: 26-Apr-2024 at 8:27pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Mitch – The Real Story
Posted By: Transvaal
Subject: Mitch – The Real Story
Date Posted: 05-Dec-2019 at 9:30am
Ek lees op die oomblik hierdie boek en wil uittreksels daaruit pos soos ek dit raaklees:





Replies:
Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Dec-2019 at 9:32am


Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Dec-2019 at 10:33am
Hier praat hy oor die 2011 seisoen se Curriebeker gedeelte







Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Dec-2019 at 10:42am
Hier praat hy oor hoe sleg gekondisioneerd die spelers was toe hy by die Leeus aankom in die begin




Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Dec-2019 at 10:48am
Hier klink my het die ongelukkigheid met die spelers begin, na die wen in die Curriebeker finaal van 2011 moes die spelers 'n fiksheids en sterkte toets doen, (heeltemal aanvaarbaar na my mening) en hulle was ongelukkig daaroor






Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Dec-2019 at 10:56am
En hy se die spelers het voordat die 2012 Super Rugby seisoen begin het, in survival mode gegaan en net aan hulle eie oorlewing gedink




Posted By: TunaLion
Date Posted: 05-Dec-2019 at 10:57am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Hier praat hy oor die 2011 seisoen se Curriebeker gedeelte







Ek ervaar hierdie selfs by my nuwe werk (IT) vandat ek terug getrek het JoBurg toe van Namibië af. Selfs met Teams/Skype meetings is meeste mense altyd laat en dit irriteer my grensloos. Weet nie of dit n JoBurg/Gauteng kultuur ding is nie.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Dec-2019 at 11:00am


Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 05-Dec-2019 at 11:47am
Baie insiggewend en nogal skokkend dat professionele rugbyspelers so onfiks was en nie wou doen wat nodig was nie. Gelukkig is dinge nou baie meer stabiel by die Leeus en is ons altyd een van die fikste spanne. Die kultuur is nou heeltemal anders.


Posted By: Rooibonte8
Date Posted: 05-Dec-2019 at 3:40pm
Nog altyd gereken dat ons baie min van die skuld voor Mitchell she deur kon le, by het ons kultuur en slapgat houding kom regruk


Posted By: GoLions
Date Posted: 05-Dec-2019 at 6:00pm
Originally posted by Goue Leeu Goue Leeu wrote:

Baie insiggewend en nogal skokkend dat professionele rugbyspelers so onfiks was en nie wou doen wat nodig was nie. Gelukkig is dinge nou baie meer stabiel by die Leeus en is ons altyd een van die fikste spanne. Die kultuur is nou heeltemal anders.
Ek dink daar was 'n groot verskil tussen die tyd toe Mitch begin het en geeindig het.

Beide Mitch en die Leeus bestuur was baie naief in 2012. Mitch het gefokus op driee druk eerder as wedstryde wen en Oom Kevin het geglo dat oudmodiese "old boys" lojaliteit nog bestaan. Beide het gedink hulle het tyd.

SARU het egter altyd beplan om die Leeus uit te skop, alhoewel hulle tot Augustus gesloer het om dit 'n amptelike rede te gee.

Waar SARU hulle misgis het is dat hulle nie gedink het die Leeus kan weer opstaan nie


Posted By: Leeubok
Date Posted: 06-Dec-2019 at 7:29am
Baie interessant, dankie Tvl! Sal uitkyk vir die boek, sal hom self wil lees. 

So is daar maar altyd 3 kante tot n storie ne. My kant, jou kant en die waarheid. Ek wonder maar net, as die leeus so slapgat was hoe is dit by die sharks. Want daar is al baie gese oor hulle houding daar en hoe hulle oefen, dat hulle eerder op die strand wil rondle of surf.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Dec-2019 at 7:43am


Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Dec-2019 at 7:46am
Hy se dit het byvoorbeeld op toer gebeur dat hulle van Wellington na Auckland gevlieg het, en dat Mustapha verwag het dat die spelers tevrede moes wees met die kos wat op die vliegtuig bedien is, instede daarvan om in Auckland 'n ete te reel. Toe Mitch hom later daaroor uitvra, het Mustapha gese hy probeer geld spaar vir die unie. Mitch se hy het gedink dis totaal onaanvaarbaar


Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Dec-2019 at 7:48am


Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Dec-2019 at 7:57am


Posted By: Leeubok
Date Posted: 06-Dec-2019 at 8:03am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Hy se dit het byvoorbeeld op toer gebeur dat hulle van Wellington na Auckland gevlieg het, en dat Mustapha verwag het dat die spelers tevrede moes wees met die kos wat op die vliegtuig bedien is, instede daarvan om in Auckland 'n ete te reel. Toe Mitch hom later daaroor uitvra, het Mustapha gese hy probeer geld spaar vir die unie. Mitch se hy het gedink dis totaal onaanvaarbaar

Ja dit is nou regtig simpel. Mens kannie verwag dat professionele rugbyspelers gevoed moet word met vliegtuig "chicken or beef" nie!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Dec-2019 at 8:04am
Ek het ook al argumente met die ou gehad, hy is nog steeds die spanbestuurder, so doen dit nou al seker 10 jaar. 'n Jaar of twee terug was dit die finale rondte of die eerste uitspeelwedstryde van Super Rugby, en die Leeus het toe hulle wedstryd op Ellispark gewen, en die volgende wedstryd op Nuweland het toe afgeskop en ons staan daarna en kyk op die tv in die media losie.

Ek kan nie 100% die detail onthou nie, maar dit was Mustapha en Whiteley wat saam met my staan en kyk het, en ek se toe "julle weet seker dat as die span wat teen die Stormers speel hier wen (se maar span x), dan speel ons volgende week teen span y", en Mustapha se toe nee dit is nie so nie, ons sal teen span x speel as hulle wen. Ek was verstom dat die ou so oningelig is vir 'n spanbestuurder dat hy nie eers bewus is van die moontlike permutasies voor 'n wedstryd nie. Ek was so verbaas dat ek hardop gese het "Goeie Fok"....LOL! en het toe maar later om verskoning gevra...LOL!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Dec-2019 at 8:10am


Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Dec-2019 at 8:11am
Die probleem was dat onder die vorige coach, het dit blykbaar gereeld gebeur en die afrigtingspan het sommer saam met die spelers gekuier


Posted By: Leeubok
Date Posted: 06-Dec-2019 at 8:15am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ek het ook al argumente met die ou gehad, hy is nog steeds die spanbestuurder, so doen dit nou al seker 10 jaar. 'n Jaar of twee terug was dit die finale rondte of die eerste uitspeelwedstryde van Super Rugby, en die Leeus het toe hulle wedstryd op Ellispark gewen, en die volgende wedstryd op Nuweland het toe afgeskop en ons staan daarna en kyk op die tv in die media losie.

Ek kan nie 100% die detail onthou nie, maar dit was Mustapha en Whiteley wat saam met my staan en kyk het, en ek se toe "julle weet seker dat as die span wat teen die Stormers speel hier wen (se maar span x), dan speel ons volgende week teen span y", en Mustapha se toe nee dit is nie so nie, ons sal teen span x speel as hulle wen. Ek was verstom dat die ou so oningelig is vir 'n spanbestuurder dat hy nie eers bewus is van die moontlike permutasies voor 'n wedstryd nie. Ek was so verbaas dat ek hardop gese het "Goeie Fok"....LOL! en het toe maar later om verskoning gevra...LOL!

Hahahaha, legend! LOLClap




Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Dec-2019 at 8:17am
Whiteley het nog gese dis nie nodig om te vloek nie...weet nie of hy dit van toe af teen my hou nie


Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Dec-2019 at 8:32am
Na die toer het die probleme in alle erns begin



Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Dec-2019 at 8:35am


Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Dec-2019 at 9:19am


Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Dec-2019 at 9:20am
So hierdie was na die Sharks wedstryd op 2 Junie en voor die Stormers wedstryd op 30 Junie


Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Dec-2019 at 9:23am
Dit is hoe ek dit in my stats reflekteer...die Sharks wedstryd was Mitch se 29 wedstryd as afrigter by die Leeus en hy is daarna gesuspend...en het toe nie weer afgerig by ons nie


Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Dec-2019 at 9:27am


Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Dec-2019 at 9:30am


Posted By: Leeubok
Date Posted: 06-Dec-2019 at 9:51am
Dit is flippen interessant om al hierdie dinge te lees vanaf sy perspektief. maar ek glo ook nie vir een oomblik hy was heeltemal onskuldig nie. Ek dink die hele unie was daai tyd net een groot gemors gewees


Posted By: Niela
Date Posted: 06-Dec-2019 at 10:06am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Whiteley het nog gese dis nie nodig om te vloek nie...weet nie of hy dit van toe af teen my hou nie

Waza is a gentleman, I respect that. Maar ek vloek soos n matroos as die leeus k*k speel. Is what it is. 


Posted By: emiel1
Date Posted: 06-Dec-2019 at 10:11am
Ja, niemand is heeltemal onskuldig in so situasie nie. Ek dink die grootste probleem vir hom (wat hy moes geweet het van sy Western Force ervaring), was dat, soos met die Force, hy moes kompiteer met 'n klein spelerskorps met min ervaring. 'n Paar beserings met jou ervare spelers, en jy's kniediep in die moeilikhed. Dan praat mens nie eers van die moeilike situasie waarin die Unie homself bevind het nie.


Posted By: Niela
Date Posted: 06-Dec-2019 at 10:13am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Hier praat hy oor hoe sleg gekondisioneerd die spelers was toe hy by die Leeus aankom in die begin



Very interesting , 

I was with UJ at around the same time and thought the okes were pretty damn fit, HAHA. 


Baywatch was one of the fittest guys in our side at the time , he was also a wrestler , so he had natural strength and the ability to manipulate his body weight to bring opponents down. Not sure if that sort of thing reflects in the testing , but our guys were all probably a "little chubby" , definitely not ripped!!




Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Dec-2019 at 10:13am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Dit is flippen interessant om al hierdie dinge te lees vanaf sy perspektief. maar ek glo ook nie vir een oomblik hy was heeltemal onskuldig nie. Ek dink die hele unie was daai tyd net een groot gemors gewees

Verseker, mens kry met hierdie sy perspektief op die saak, en dis beslis nie te se hy het geen blaam in die hele verhaal nie. Ek vind dit net baie interressant dat hy se in hindsight sou hy nooit na die Leeus gekom het nie, so die hele ervaring was dus nie vir hom baie lekker of positief nie 


Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Dec-2019 at 10:15am
Ek het regtig die oomblik toe ek dit gehoor het, geweet dis 'n fout, want wat by die Force gebeur het, moes ons vertel het dat hy 'n moeilike mens is, al is hy tegnies baie goed. 


Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Dec-2019 at 10:25am
Die Leeus het hom aan die einde van 2011 laat trek na goedkoper akkomodasie.....




Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Dec-2019 at 10:28am


Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Dec-2019 at 10:29am
So hy het amper 'n miljoen rand spandeer om voor te berei vir sy hearing met die Leeus, later praat hy van hoe hopeloos onvoorbereid die saak teen hom was. Hy is mos toe onskuldig bevind op al die aanklagte teen hom


Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Dec-2019 at 10:31am


Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Dec-2019 at 10:40am


Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Dec-2019 at 10:46am
So hy se die Leeus het toe besluit om hom terug te vat, maar hy het daaroor gedink en besluit om eerder te waai.  

Sover ek weet het die Leeus egter gebluf, hulle het gemaak asof hulle hom terug wou he in die hoop dat hy eerste sou "blink", wat toe wel gebeur het


Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Dec-2019 at 10:47am
So het hulle gesorg dat hulle minder moes betaal om van hom ontslae te raak as wanneer hulle openlik gese het hulle wil hom nie meer he nie


Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Dec-2019 at 10:56am
Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Hier praat hy oor die 2011 seisoen se Curriebeker gedeelte







Ek ervaar hierdie selfs by my nuwe werk (IT) vandat ek terug getrek het JoBurg toe van Namibië af. Selfs met Teams/Skype meetings is meeste mense altyd laat en dit irriteer my grensloos. Weet nie of dit n JoBurg/Gauteng kultuur ding is nie.

Ek werk ook in IT in JHB, en ja, niemand is ooit op tyd vir enige iets nie. Ons het elke oggend 9 uur 'n standup, vanoggend het net 5 van ons span van 10 dit bygewoon 


Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Dec-2019 at 10:57am
Ons is net 2 in die span van 10 wat in 6 dae by elke standup was, ek en een ander ou


Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Dec-2019 at 10:59am


Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Dec-2019 at 11:00am
So Mitch besluit toe na die Leeus om introspeksie te doen, en te kyk of die fout nie dalk ook by hom le nie


Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Dec-2019 at 11:04am


Posted By: Leeubok
Date Posted: 06-Dec-2019 at 11:04am
Klink soos n moerse interessante boek! Gaan definitief uitkyk vir hom en dit koop


Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Dec-2019 at 11:26am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Klink soos n moerse interessante boek! Gaan definitief uitkyk vir hom en dit koop

ek lees dit aanlyn, maar dis net uittreksels

https://books.google.co.za/books?id=kQxbDwAAQBAJ&printsec=frontcover#v=onepage&q&f=false" rel="nofollow - https://books.google.co.za/books?id=kQxbDwAAQBAJ&printsec=frontcover#v=onepage&q&f=false

Mens kan dit ook koop by takealot, dink dis R165


Posted By: TunaLion
Date Posted: 06-Dec-2019 at 7:44pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Hier praat hy oor die 2011 seisoen se Curriebeker gedeelte







Ek ervaar hierdie selfs by my nuwe werk (IT) vandat ek terug getrek het JoBurg toe van Namibië af. Selfs met Teams/Skype meetings is meeste mense altyd laat en dit irriteer my grensloos. Weet nie of dit n JoBurg/Gauteng kultuur ding is nie.

Ek werk ook in IT in JHB, en ja, niemand is ooit op tyd vir enige iets nie. Ons het elke oggend 9 uur 'n standup, vanoggend het net 5 van ons span van 10 dit bygewoon 


Eish! So ekt seker geen hoop om dit ooit by ons te verander nie :'(


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 09-Dec-2019 at 8:28am


Posted By: valie
Date Posted: 09-Dec-2019 at 12:53pm
As dit wat ek sover hier lees die waarheid is, het die Leeus se eie bestuur n groter aandeel in ons downfall gehad as net die afrigtingspan.

Ja, Mitchell het foute gemaak, soos almal maar doen, maar ek kan nou sien hoekom die Cats en die Leeus van daai era bekend gestaan het as n "coach's graveyard". 

Ek kan ook verstaan as n afrigter die moer in raak oor senior spelers maak soos wat hulle wil, en oor sommige van die spelers wat slapgat was.

Die bestuur wat ons daaityd gehad het, was meestal daar vir eie gewin (met enkele uitsonderings natuurlik), en nie committed om die Leeus se saak enigsins te bevorder nie.

Ek onthou toe Kevin as President verkies is, moes die Leeus hulle grondwet spesiaal verander, om voorsiening te maak daarvoor dat n oud speler as persident verkies kan word, wat vir my wys hoe ver die leeus agter geraak het itv hulle professionaliteit.



Posted By: Transvaal
Date Posted: 09-Dec-2019 at 2:07pm
Originally posted by valie valie wrote:

As dit wat ek sover hier lees die waarheid is, het die Leeus se eie bestuur n groter aandeel in ons downfall gehad as net die afrigtingspan.



Sjo, ek dog dit was nog altyd so duidelik soos daglig



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net