Print Page | Close Window

Kings se huursoldaat terug na Haaie

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: United Rugby Championship
Forum Description: United Rugby Championship
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=8429
Printed Date: 20-May-2024 at 4:59pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Kings se huursoldaat terug na Haaie
Posted By: Transvaal
Subject: Kings se huursoldaat terug na Haaie
Date Posted: 04-Dec-2019 at 8:50am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/kings-se-huursoldaat-terug-na-haaie-20191203" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/kings-se-huursoldaat-terug-na-haaie-20191203

Net nadat die Southern Kings een van hul beste skrumvertonings sover hierdie seisoen gelewer het, moet hulle een van hul ankers groet.

Die loskopstut Juan Schoeman was Saterdag ’n uitblinker met sy skrumwerk teen Connacht in die Kings se Pro14-wedstryd in Galway, Ierland.

Ofskoon die Kings die kragmeting met 12-24 verloor het, was die Oos-Kapenaars se agttal indrukwekkend met ’n fisieke vertoning.

Die span sal voortaan egter sonder Schoeman wees, want die 28-jarige voorryman keer terug na die Haaie om aan die KwaZulu-Natallers se voorseisoense oefeninge deel te neem.

Die Haaie het Schoeman vir ’n paar weke aan die Kings geleen omdat die Oos-Kapenaars soveel beseerde stutte het. 

Een van die beseerdes, Ig Prinsloo, behoort reg te wees vir die span se volgende wedstryd. 

Die Kings het nou ’n blaaskans en speel op 4 Januarie teen Edinburgh in Skotland. 

Dis onseker of ander voorrymanne soos Schalk Ferreira, Alulutho Tshakweni, Rossouw de Klerk, Lupumlo Mguca en Cameron Dawson reg sal wees om dan te speel.

In hierdie stadium probeer die Kings nog ’n voorryman iewers leen. Dit sal nie ’n verrassing wees as dit Nic Oosthuizen van Griekwas is nie. Hy het die Kings verlede seisoen uitgehelp toe die beseringspook ook onder die Oos-Kapenaars se voorrymanne gemaai het.

Dit klink intussen of die veteraan DeJay Terblanche, wat die Kings by die Pumas leen, nog vir die stryd teen Edinburgh gekies kan word.

Terblanche kan los- of vaskopstut speel, wat hom ’n bate maak. Die ander stutte in die Kings se kamp is Pieter Scholtz en Xandré Vos.

Ná die wedstryd op 4 Januarie teen Edinburgh het die Kings weer ’n blaaskans tot 25 Januarie, wanneer hulle in ’n tuisderby teen die Cheetahs te staan kom.



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net