Print Page | Close Window

Carlu Sadie

Printed From: Lionsworld
Category: Lions Section
Forum Name: Lions Players News
Forum Description: Lions Players News
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=8047
Printed Date: 25-Apr-2024 at 11:21am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Carlu Sadie
Posted By: valie
Subject: Carlu Sadie
Date Posted: 04-Jul-2019 at 7:14pm
Ek sien op Facebook hy is oppad terug WP toe.

Nou raak ons unie redelik uitgedun.



Replies:
Posted By: emiel1
Date Posted: 04-Jul-2019 at 7:25pm
Nie 'n groot verrassing nie. Dink spelers sal gaan waar hulle voel dat dit hulle loopbaan sal bevorder, Terwyl die unie kompeterend was, sou hy dalk anders besluit het  


Posted By: Paul
Date Posted: 04-Jul-2019 at 8:12pm
Ag nee, hoe gaan die ou terug na n unie toe wat hom nie eers n kans wou gee nie. Dinge lyk maar beroerd op die oomblik by die Lions.  Lyk of ons maar weer terug beweeg na daai kak jare toe.


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 04-Jul-2019 at 8:15pm
Onthou net hy is seker onder kontrak, dink nie hy het veel van n keuse gehad nie.


Posted By: WitBoer
Date Posted: 05-Jul-2019 at 6:38am
Dit is jammer... Dit is hoekom ek nie van hierdie "leenspeler" ding hou nie, veral nie as ons 'n speler van 'n groot unie leen nie. Ons gee hom die blootstelling en ondervinding en daardie unie gebruik hom wanneer hy homself bewys het. Om van kleiner unies te leen is beter, want dit is makliker om daardie spelers op die ou einde te oortuig om te teken.
Seker nie 'n slegte skuif vir sy loopbaan nie, gaan makliker 'n bok word as hy vir WP speel.


-------------
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha


Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Jul-2019 at 8:21am
Ons sou baie erger gesukkel het hierdie jaar sonder Sadie so die leenspeler ding maak sin, veral as jy groot moeilikheid in 'n posisie het. 


Posted By: Lion4ever
Date Posted: 05-Jul-2019 at 8:36am
Its such a pity, but unfortunately he is still under contract to WP/Stormers. As far as I understand player contracts, the holding union has right of first refusal, so the cards were always stacked against us for signing him up. 


Posted By: WitBoer
Date Posted: 05-Jul-2019 at 9:37am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ons sou baie erger gesukkel het hierdie jaar sonder Sadie so die leenspeler ding maak sin, veral as jy groot moeilikheid in 'n posisie het. 
Is seker so, maar dit is nie asof ons inelkgeval die uitspeelrondtes gehaal het nie... Maar ja, ons het seker nou die voordeel van nawete.


-------------
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha


Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Jul-2019 at 9:54am
Mens kan maar se ons was bietjie geskroef gewees, die verloor teen die Stormers moes eintlik nooit gewees het nie, en die Landers was gelukkig dat hulle wedstryd teen die Saders afgestel is en 2 punte vir hulle ingebring het in 'n wedstryd wat hulle waarskynlik geen punte sou kry nie. Op die einde het die 2 dinge ons 'n 9de plek ipv 8ste plek besorg, maar ons sou dan steeds weg teen die Saders moes speel en dis gewoonlik net 1 uitkoms


Posted By: Tin
Date Posted: 05-Jul-2019 at 10:16am
Ek dink ook nie unie kon veel doen hier nie, behalwe om n redelike aanbod te gemaak het vir WP maar hul het hul klomp springbok stutte wat dalk nie meer daar gaan wees volgende jaar en dan het jy n jong sadie wat beter as hul almal speel teen n baie kleiner salaris so hoekom sal hul hom na ons toe laat gaan?


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 07-Jul-2019 at 10:44am
Klink my WP het 2bar oordrag gesoek vir hom..

Iemand het dit gecomment op n FB post.


Posted By: Leeubok
Date Posted: 08-Jul-2019 at 8:06am
Wel, deesdae is kontrakte nie die papier waarop dit geprint is werd nie. So ek glo as hy by die leeus wou bly sou hy op 'n manier dit kon doen. En aangesien ons 'n klomp senior spelers verloor het ons seker 'n ekstra geldjie om oordrag fooie te betaal? Hy sou die geld werd gewees het glo ek!

Wat is die situasie by WP? Het hulle al hul bok stutte verloor of bly hulle? 


Posted By: ROOIHART
Date Posted: 08-Jul-2019 at 8:29am
WP het te hoog gemik hier. R2 miljoen net vir oordrag is belaglike bedrag vir so junior speler. 


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 08-Jul-2019 at 8:45am
Klink of die Leeus 600k geoffer het.


Posted By: ROOIHART
Date Posted: 08-Jul-2019 at 8:50am
Wanneer Carlu se WP kontrak oor 12 maande verval kan jy eerder deel van die R2 miljoen gebruik om sy pakket beter te maak. Dws geld in Carlu se sak eerder as in WP se sak.


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 08-Jul-2019 at 8:58am
Probleem is net gaan hulle hom speelkans gee ens. Hulle kan aspris wees en hom nie gebruik nie.


Posted By: ROOIHART
Date Posted: 08-Jul-2019 at 9:01am
Glo ons kan hom moontlik weer as leenspeler sien volgende jaar.

Sadie is basies agter Malherbe en Louw. Voor hy Leeus toe gekom het was hy nog agter Fouche en Kumbirai ook by WP. Dws opsie 5 gewees.


Posted By: Leeubok
Date Posted: 08-Jul-2019 at 9:25am
Bly Malherbe en Louw by WP?


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 08-Jul-2019 at 9:29am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Bly Malherbe en Louw by WP?

Sover ek verstaan het Malherbe geteken vir nog n jaar of 2. Ek is nie seker oor Louw nie


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 08-Jul-2019 at 9:30am
Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Bly Malherbe en Louw by WP?

Sover ek verstaan het Malherbe geteken vir nog n jaar of 2. Ek is nie seker oor Louw nie

Gou gegoogle Louw het in 2017 geteken tot 2020.


Posted By: Leeubok
Date Posted: 08-Jul-2019 at 10:18am
Glo elkgeval nie enigiemand anders sal Malherbe wil he nie.. LOL

Kannie glo daai ou is 'n bok nie..


Posted By: valie
Date Posted: 08-Jul-2019 at 10:31am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Glo elkgeval nie enigiemand anders sal Malherbe wil he nie.. LOL

Kannie glo daai ou is 'n bok nie..
Ja Nee. Ek ook nie.


Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 08-Jul-2019 at 11:20am
Hoekom sal mens inelkgeval vir die Stormers wil speel en dit nog as die derde vaskop ook? Sadie sal die nommer een vaskop by ons wees en waarskynlik binnekort 'n Springbok... Hy het regtig naam gemaak hierdie jaar. Ek sou nie eers twee keer daaroor gedink het nie.


Posted By: valie
Date Posted: 08-Jul-2019 at 11:34am
Originally posted by Goue Leeu Goue Leeu wrote:

Hoekom sal mens inelkgeval vir die Stormers wil speel en dit nog as die derde vaskop ook? Sadie sal die nommer een vaskop by ons wees en waarskynlik binnekort 'n Springbok... Hy het regtig naam gemaak hierdie jaar. Ek sou nie eers twee keer daaroor gedink het nie.
Ek dink soos ROOIHART gese het, dat ons hom heelwaarskynlik weer volgende jaar sal leen, en wanneer sy kontrak uitloop by die Stormers, sal ons hom kan kontrakteer.


Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 08-Jul-2019 at 12:08pm
Hulle sal hom nie weer vir ons leen nie.. hy sal in hulle groter groep wees as back-up met die belofte dat wanneer een (of albei) vd ander waai, hy sy kans sal kry. My vrees is dat dit te laat gaan wees wanneer sy kontrak by die WP eindig. Ons sal nou moet hand in sak steek of vergeet van Sadie.


Posted By: Paul
Date Posted: 08-Jul-2019 at 12:27pm
Probleem is dat die Leeus nie wil koop nie. Wil veel eerder uit ons sisteme iemand kry, en dit is waar die probleem is. Ons het nie n gehalte stut nie. Ek se nogsteeds ons laat soveel spellers gaan maar daar kom niks spelers by nie. Weer swaar jare wat voorlĂȘ as dit soon aangaan 


Posted By: emiel1
Date Posted: 08-Jul-2019 at 12:49pm
Stut is 'n belangrike posisie, en Sadie het beslis talent. Maar selfs al het ons hom behou, dink ek nie dit sou enige groot verskil gemaak het nie. Ons groot probleem is afrigting(en natuurlik top bestuur, anders sou ons nie in die gemors gesit het nie). 

Kyk maar wat het Ackerman vermag met stutte soos  van Rooyen en Dreyer wat sou sukkel om in een van die ander spanne speelkans te kry. Ek sou beslis na 'n afrigter soos Brent Janse van Rensburg van Griekwas sowel as om JP Ferreira vanaf Ierland betrek voor ek geld sou gemors het op skoolafrigters.


Posted By: Leeubok
Date Posted: 08-Jul-2019 at 1:29pm
Originally posted by Paul Paul wrote:

Probleem is dat die Leeus nie wil koop nie. Wil veel eerder uit ons sisteme iemand kry, en dit is waar die probleem is. Ons het nie n gehalte stut nie. Ek se nogsteeds ons laat soveel spellers gaan maar daar kom niks spelers by nie. Weer swaar jare wat voorlĂȘ as dit soon aangaan 

Ek stem saam jou, ons MOET 'n paar ervare/bekende manne teken. So min as wat ek daarvan hou om dit te erken, Duane en Brits het n groot verskil vir die Bulls gemaak hierdie jaar. En het iewers gelees hulle probeer Willie Le Roux teken vir vlg jaar. Ek glo ons moet dieselfde doen, as ons so 2-3 manne van oorsee kan teruglok sal dit baie help.


Posted By: Rooibonte8
Date Posted: 08-Jul-2019 at 2:13pm
Sal daarvan hou om vir Jaco Kriel en dalk weer moontlik iemand soos Ferreira terug te kry, dan ook is daar sekerlik n paar stutte oorsee wat n jaar hier sal wil klaar kom maak, dink n paar ou manne is nodig in ons span.



Posted By: ROOIHART
Date Posted: 08-Jul-2019 at 2:19pm
Originally posted by Rooibonte8 Rooibonte8 wrote:

Sal daarvan hou om vir Jaco Kriel en dalk weer moontlik iemand soos Ferreira terug te kry, dan ook is daar sekerlik n paar stutte oorsee wat n jaar hier sal wil klaar kom maak, dink n paar ou manne is nodig in ons span.


Gaan Andries Ferreira nie Bulle toe nie? Was gerugte in die media


Posted By: Red_Machine
Date Posted: 23-Jul-2019 at 9:03am
I see Sale paid the Sharks R1.83million for the release of the Du Preez twins.. and the clowns at WP wanted us to pay R2million for Sadie.. that was a big fuck you if I've ever seen one.


Posted By: emiel1
Date Posted: 23-Jul-2019 at 10:23am
Yip, we helped WP groom their next Springbok tighthead.



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net