Print Page | Close Window

Ordentlike JHB Buurte

Printed From: Lionsworld
Category: General
Forum Name: Chit Chat
Forum Description: Chit Chat
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7742
Printed Date: 29-Apr-2024 at 4:20am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Ordentlike JHB Buurte
Posted By: TunaLion
Subject: Ordentlike JHB Buurte
Date Posted: 10-Apr-2019 at 4:51pm
Goeie Dag Almal

Ek trek binnekort terug SA toe en het werk gekry by n firma in Marlboro (JHB). Ek moet nou verblyf soek, maar ek ken glad nie JHB en die buurte daar nie.

Wat sal n ordentlike buurt wees om in te bly wat relatief naby is aan Marlboro?

Asb, enige advies sal waardeer word, ek sukkel erg met al die opsies en al die onsekerheid van die areas.


-------------
Go LIONS!!!!!



Replies:
Posted By: Transvaal
Date Posted: 10-Apr-2019 at 5:10pm
Dis bietjie moeilik, Marlboro is reg langs Alexandra, so dis eintlik 'n baie gaga plek om te bly. Ek gaan raai enige iets wes van die M1 as jy regtig naby aan die werk wil bly, maar dis dalk duur daar, of dalk aan die oostekant by Linbro park AH of Lakeside/Thornhill, ek ry elke dag daar verby met die Gautrein en daar is nuwe ontwikkelings daar.

Is dit net jy of 'n gesin ook?


Posted By: Transvaal
Date Posted: 10-Apr-2019 at 5:11pm
Edenvale is ook 'n opsie maar jy gaan skrik as jy die verkeer sien


Posted By: TunaLion
Date Posted: 10-Apr-2019 at 6:12pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Dis bietjie moeilik, Marlboro is reg langs Alexandra, so dis eintlik 'n baie gaga plek om te bly. Ek gaan raai enige iets wes van die M1 as jy regtig naby aan die werk wil bly, maar dis dalk duur daar, of dalk aan die oostekant by Linbro park AH of Lakeside/Thornhill, ek ry elke dag daar verby met die Gautrein en daar is nuwe ontwikkelings daar.

Is dit net jy of 'n gesin ook?


Hi Transvaal, baie dankie, ekt gedink dit is gaga want ek lees die afgelope ruk van al die proteste daar in Alexandra, so ek is maar baie skrikkerig.

Dit is net ek en ekt ook geen troeteldiere nie, so ekt gedink dit gaan maklik wees, maar hoe meer ek soek, hoe meer moeilik word dit. Daar is so baie plek name dat ek heeltyd op n kaart die plekke moet opsoek en dan weet ek steeds nie of dit n nice buurt is of nie.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: TunaLion
Date Posted: 10-Apr-2019 at 6:13pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Edenvale is ook 'n opsie maar jy gaan skrik as jy die verkeer sien


Eish Cry

Maar ek begin aanneem as mens in JHB bly, moet mens gewoond word aan verkeer? Of kan mens slim wees en somehow agterpaaie ry?


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 10-Apr-2019 at 6:55pm
Dalk is die beste dat jy 'n woonbuurt kies en dan se ons virt jou gaga of lekker. Marlboro gaan ek se is gaga


Posted By: Transvaal
Date Posted: 10-Apr-2019 at 6:57pm
Dalk kan jy ook uitvind of jou werk 'n bussie het wat mense op en aflaai by die Marlboro gautrein stasie, as hulle het kan jy basies enige plek naby 'n gautrein stasie wees soos Sandton, Rosebank, Midrand, Hatfield, Centurion, Rhodesfield (Waar ek elke dag op en afklim)


Posted By: TunaLion
Date Posted: 11-Apr-2019 at 4:39am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Dalk is die beste dat jy 'n woonbuurt kies en dan se ons virt jou gaga of lekker. Marlboro gaan ek se is gaga


Baie dankie, sal so maak Smile


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: TunaLion
Date Posted: 11-Apr-2019 at 4:41am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Dalk kan jy ook uitvind of jou werk 'n bussie het wat mense op en aflaai by die Marlboro gautrein stasie, as hulle het kan jy basies enige plek naby 'n gautrein stasie wees soos Sandton, Rosebank, Midrand, Hatfield, Centurion, Rhodesfield (Waar ek elke dag op en afklim)


Vir my werk het ek ongelukkig n kar nodig om na kliƫnte te kan uitgaan en so, maar dit sou awesome gewees het. Thx, Transvaal.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 11-Apr-2019 at 11:13am
Alberton

-------------
Up the Vaal!


Posted By: TunaLion
Date Posted: 11-Apr-2019 at 1:13pm
Is Morningside n goeie buurt?

En wat van Woodmead?


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 11-Apr-2019 at 1:29pm
Morningside is tops, een van die gesogte buurte in JHB, Woodmead seker ook maar agter Morningside


Posted By: TunaLion
Date Posted: 11-Apr-2019 at 2:42pm
Nog n laaste paar...

Fourways?
Sunninghill?
Bryanston?


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 11-Apr-2019 at 3:00pm
Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Nog n laaste paar...

Fourways?
Sunninghill?
Bryanston?

Daai is almal goeie / duur buurte


Posted By: TunaLion
Date Posted: 11-Apr-2019 at 3:09pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Nog n laaste paar...

Fourways?
Sunninghill?
Bryanston?

Daai is almal goeie / duur buurte


Thx Transvaal. Ek hoop maar ek kry n nice plekkie wat nie te duur is nie, anders lyk dit of ek ver gaan bly van die werk.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 11-Apr-2019 at 3:25pm
Bly eerder verder met meer verkeer as wat jy iewers nader bly, maar jy lewe nie so lekker nie. Dis net my opinie. Ongelukkig dink ek jy gaan baie rondtrek die volgende paar jaar om 'n lekker buurt te kry. Sterkte.


-------------
Up the Vaal!


Posted By: TunaLion
Date Posted: 11-Apr-2019 at 4:56pm
Originally posted by Attie Karate Attie Karate wrote:

Bly eerder verder met meer verkeer as wat jy iewers nader bly, maar jy lewe nie so lekker nie. Dis net my opinie. Ongelukkig dink ek jy gaan baie rondtrek die volgende paar jaar om 'n lekker buurt te kry. Sterkte.


Thx Attie, sal dit in gedagte hou. Is ook moeilik om verblyf te probeer organiseer van so ver af sonder dat ek die plekkies self kan sien.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Vaal Leeu 3
Date Posted: 11-Apr-2019 at 5:02pm
Vanwaar af kom jy terug as ek mag vra?


Posted By: Blou
Date Posted: 11-Apr-2019 at 5:13pm
Koop jy of soek jy plek om te huur?

Huis of meenthuis?

Hoe groot huis?


Posted By: TunaLion
Date Posted: 12-Apr-2019 at 8:40am
Originally posted by Vaal Leeu 3 Vaal Leeu 3 wrote:

Vanwaar af kom jy terug as ek mag vra?


Windhoek. Het hier gebly vir amper 5 jaar nou.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: TunaLion
Date Posted: 12-Apr-2019 at 8:43am
Originally posted by Blou Blou wrote:

Koop jy of soek jy plek om te huur?

Huis of meenthuis?

Hoe groot huis?


Vir eers sal ek huur.

Hang af van die koste. Dink huis sal baie wees, so soek n meenthuis vir eers, tensy ek n huis vir goedkoop kan kry natuurlik.



-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Vaal Leeu 3
Date Posted: 12-Apr-2019 at 9:33am
Ah ok. Alle voorspoed vir jou diekant!


Posted By: Blou
Date Posted: 12-Apr-2019 at 1:51pm
Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Originally posted by Blou Blou wrote:

Koop jy of soek jy plek om te huur?

Huis of meenthuis?

Hoe groot huis?


Vir eers sal ek huur.

Hang af van die koste. Dink huis sal baie wees, so soek n meenthuis vir eers, tensy ek n huis vir goedkoop kan kry natuurlik.


Tussen fourways  en marlboro is daar baie meenthuise te huur en almal redelike goeie buurte


Posted By: Blou
Date Posted: 12-Apr-2019 at 1:53pm
as jy huis wil koop is Randburg redelik goed. Hier is ons een tans te koop.

https://www.property24.com/for-sale/blairgowrie/randburg/gauteng/4414/107161843" rel="nofollow - https://www.property24.com/for-sale/blairgowrie/randburg/gauteng/4414/107161843


Posted By: TunaLion
Date Posted: 12-Apr-2019 at 3:38pm
Originally posted by Vaal Leeu 3 Vaal Leeu 3 wrote:

Ah ok. Alle voorspoed vir jou diekant!


Baie dankie!!


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: TunaLion
Date Posted: 12-Apr-2019 at 3:40pm
Originally posted by Blou Blou wrote:

as jy huis wil koop is Randburg redelik goed. Hier is ons een tans te koop.

https://www.property24.com/for-sale/blairgowrie/randburg/gauteng/4414/107161843" rel="nofollow - https://www.property24.com/for-sale/blairgowrie/randburg/gauteng/4414/107161843


Wow, dit lyk baie nice. Lekker baie spasie in die huis. Ek hou ook van die lekker groot grasperk, alhoewel dit dalk net is omdat ek hier in Windhoek nie meer gewoond aan gras is nie, net sand of plaveisel in hierdie "woestyn".


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Apr-2019 at 8:52am
Hoe gaan dit met jou planne?


Posted By: TunaLion
Date Posted: 25-Apr-2019 at 10:47am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Hoe gaan dit met jou planne?


Hi Transvaal, ekt darem gister uiteindelik reggekom. Het n plekkie gekry om te huur in Paulshof. So ek klim amper direk op die highway en vat hom tot by die werk. Enigste slegte ding is dat ek nie self na die woonstel kon gaan kyk nie, so moes maar gaan op die Internet se foto's en agent se woord.

Ek trek oor die naweek af met my laaste paar goedjies na RSA. Gaan n vrek laaaang pad wees...


-------------
Go LIONS!!!!!



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net