Print Page | Close Window

Orie, Combrinck terug in Leeus se beginspan

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7651
Printed Date: 17-Jun-2024 at 6:30pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Orie, Combrinck terug in Leeus se beginspan
Posted By: Transvaal
Subject: Orie, Combrinck terug in Leeus se beginspan
Date Posted: 15-Mar-2019 at 5:35am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/orie-combrinck-terug-in-leeus-se-beginspan-20190314-2%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/orie-combrinck-terug-in-leeus-se-beginspan-20190314-2

Die Leeus gaan Saterdag teen die Rebels nóg ’n jongeling in die diep kant ingooi, met die 21-jarige Tyrone Green wat toevertrou word met die nr. 15-trui.

Green se insluiting in die plek van Andries Coetzee is ’n rotasie-besluit. Hy sal sy Superrugby-debuut maak in ’n agterste driehoek wat die ervare Ruan Combrinck (terug in die beginspan in die plek van Sylvian Mahuza) en Courtnall Skosan insluit.

Onder die voorspelers is daar twee veranderinge, in die vorm van ’n nuwe slotpaar. Marvin Orie is in die nr. 4-trui nadat hy ten volle herstel het van ’n liesbesering wat hy drie weke gelede teen die Stormers opgedoen het. Stephan Lewies maak ook sy terugkeer na die beginspan nadat hy verlede week teen die Jaguares op die bank was.

Die Leeus se voorspelerafrigter, Philip Lemmer, het gesê dis ’n groot hupstoot om Orie terug in die span te hê, aangesien die Johannesburgers verlede week veral met die verdediging van hul rolmale gesukkel het.

Orie kan daar ’n groot verskil maak.

“Dis lekker dat Marvin terug is, want hy is honger om te speel, sy leierskap is vir ons belangrik, hy is sterk by die rolmale en hy gee ons ekstra gewig in die skrums,” het Lemmer gesê.

Wat verlede week se kleitrappery teen die rolmale betref, het Lemmer gesê daar was “ ’n klein detail wat die ouens verkeerd gekry het, en as jy dit nie van die eerste sekonde regkry nie, gaan jy in die moeilikheid wees. Maar ek vat dit eerder in ’n wedstryd wat ons gewen het, as een wat ons verloor het. Ons het hierdie week hard gewerk om dit uit te stryk.”

Op die plaasvervangersbank wink ’n Superrugby-debuut vir die 22-jarige haker Jan-Henning Campher. Lionel Mapoe is daar terug in die 23-tal, terwyl Gianni Lombard ingesluit is as potensiële plaasvervanger-skrumskakel.

Leeus: Tyrone Green, Ruan Combrinck, Wandisile Simelane, Franco Naude, Courtnall Skosan, Elton Jantjies, Ross Cronjé, Kwagga Smith, Vincent Tshituka, Marnus Schoeman, Stephan Lewies, Marvin Orie, Carlu Sadie, Malcolm Marx (k), Dylan Smith. PLAASVERVANGERS: Jan-Henning Campher, Sti Sithole, Frans van Wyk, Rhyno Herbst, Ruan Vermaak, Gianni Lombard, Lionel Mapoe, Andries Coetzee.

Rebels: Dane Haylett-Petty, Jack Maddocks, Tom English, Billy Meakes, Reece Hodge, Quade Cooper, Will Genia, Isi Naisarani, Brad Wilkin, Luke Jones, Adam Coleman, Ross Haylett-Petty, Sam Talakai, Anaru Rangi, Tetera Faulkner. PLAASVERVANGERS: Robbie Abel, Matt Gibbon, Jermaine Ainsley, Matt Philip, Angus Cottrell, Michael Ruru, Sione Tuipulotu, Marika Koroibete.



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net