Print Page | Close Window

Bulle kies Blitsbok op binnesenter

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7561
Printed Date: 05-May-2025 at 11:28pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Bulle kies Blitsbok op binnesenter
Posted By: Transvaal
Subject: Bulle kies Blitsbok op binnesenter
Date Posted: 27-Feb-2019 at 3:08pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/bulle-kies-blitsbok-op-binnesenter-20190227%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/bulle-kies-blitsbok-op-binnesenter-20190227

Die slot Eli Snyman is in die Bulle-kaptein, Lood de Jager, se plek in die agttal gekies en Dylan Sage vervang Burger Odendaal op binnesenter.

Pote Human, die Bulle-breier, het dié twee veranderings aan sy beginspan gemaak vir Saterdag se Jukskei-stryd in die Superreeks teen die Leeus.

Dit is Snyman en Sage, ’n voormalige Blitsbok, se eerste kans in die opdrafspan in vanjaar se Superreeks.

De Jager het die naweek ’n skouerbesering teen die Jaguares opgedoen en Odendaal het dieselfde teëspoed gehad in ’n oefensessie Dinsdag.

Die Springbok-losskakel Handré Pollard is die nuwe kaptein in De Jager se plek, terwyl Duane Vermeulen as die onderkaptein aangewys is vir die kragmeting in Johannesburg.

Jannes Kirsten neem Snyman se plek op die plaasvervangersbank en Divan Rossouw Sage s’n.

Die voormalige Blitsbok Tim Agaba vervang Thembelani Bholi op die bank.

* Bulle: Warrick Gelant, Cornal Hendricks, Jesse Kriel, Dylan Sage, Rosko Specman, Handré Pollard (k), Embrose Papier, Duane Vermeulen, Hanro Liebenberg, Ruan Steenkamp, Eli Snyman, Jason Jenkins, Trevor Nyakane, Schalk Brits, Lizo Gqoboka. PLAASVERVANGERS: Corniel Els, Simphiwe Matanzima, Dayan van der Westhuizen, Jannes Kirsten, Tim Agaba, Ivan van Zyl, Manie Libbok, Divan Rossouw.



Replies:
Posted By: Transvaal
Date Posted: 27-Feb-2019 at 3:09pm
>>>Jannes Kirsten

dis mos die perd met die vlegsels, maar ek sien hy het dit darem afgesny en het nou kort hare



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net