Print Page | Close Window

Fleck kap terug oor kritiek teen span

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7518
Printed Date: 04-May-2025 at 11:21pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Fleck kap terug oor kritiek teen span
Posted By: Transvaal
Subject: Fleck kap terug oor kritiek teen span
Date Posted: 22-Feb-2019 at 8:37am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/fleck-kap-terug-oor-kritiek-teen-span-20190221%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/fleck-kap-terug-oor-kritiek-teen-span-20190221

Robbie Fleck, afrigter van die Stormers, het die media Donderdag van ’n gebrek aan perspektief beskuldig ná aanleiding van die striemende kritiek waaronder sy span gebuk gaan ná die afgelope naweek se nederlaag van 40-3 in sy Superrugby-wedstryd teen die Bulle op Loftus.

“Kom ons gaan twee weke terug in tyd. Ons het die Bulle in ons Marvel-wedstryd (die sogenaamde Superheld-Sondag in die Kaapstad-stadion) geklop en almal het ons lof daarna besing. Twee weke later is die rolle omgeruil en nou is daar kwansuis druk op die span. Daar is nie druk nie,” sê Fleck.

“Daar was ’n paar weke gelede ’n heel ander atmosfeer in hierdie nuuskonferensie-kamer. Nou word dit (die Stormers se Superrugby-veldtog) as ’n ramp beskou, wat dit nie is nie. Die veldtog is nog lank. Ons het ’n slegte dag beleef en moet dinge nou regstel.”

Fleck meen sy span speel Saterdag op Nuweland teen Suid-Afrika se “beste span”, die Leeus.

“Ons het ’n groot uitdaging wat voorlê, maar dis goed so. Daar is reguit en eerlik in ons kamp gepraat.”

Fleck is weens beserings genoop om ’n klompie veranderings aan sy beginspan aan te bring. Salmaan Moerat (slot), JJ Engelbrecht (vleuel) en Dillyn Leyds (heelagter) het skete wat hulle vandeesweek uit die span sal hou.

Engelbrecht word deur Sergeal Petersen vervang en Moerat deur Chris van Zyl. Damian Willemse skuif van losskakel heelagter toe in Leyds se plek, wat beteken dat Jean-Luc du Plessis die nr.10-trui gaan dra.

Op die bank is daar ’n welkome terugkeer vir die Springbok-ysters Eben Etzebeth en Frans Malherbe, wat vir die Stormers ’n stewige dosis leierskap sal gee wanneer hulle na verwagting in die tweede helfte opgestuur word.

Toe dinge Saterdag sleg met ons gegaan en ons boonop vir Siya Kolisi verloor het, het ons ’n bietjie aan leierskap ontbreek.

“Toe dinge Saterdag sleg met ons gegaan en ons boonop vir Siya Kolisi verloor het, het ons ’n bietjie aan leierskap ontbreek. Pieter-Steph du Toit het deur sy voorbeeld gelei, maar ons het ’n bietjie stil geraak onder die omstandighede. Dinge het net slegter begin gaan en klein dingetjies het verkeerd geloop,” sê Fleck.

“Met Frans en Eben het ons ervare spelers wat sulke situasies kan trotseer en onder die omstandighede leiding aan die jong spelers kan gee.”

Fleck het besluit om met Bongi Mbonambi op haker te volhard en meen nie die swak lynstaanspel teen die Bulle kan voor sy deur gelê word nie.

“Almal is gou om hakers te blameer, maar die probleem is met die stelsel. Ons het in die eerste helfte net 22% van ons lynstaanbesit gewen en in die tweede helfte 100%. Dit het niks te make gehad met Scarra Ntubeni wat vir Bongi vervang het nie. Dis bloot ’n geval van ons wat regstellings aan ons stelsel gemaak het.”

Damian Willemse, Sergeal Petersen, Ruhan Nel, Damian de Allende, SP Marais, Jean-Luc du Plessis, Jano Vermaak, Sikhumbuzo Notshe, Pieter-Steph du Toit, Siya Kolisi (k), JD Schickerling, Chris van Zyl, Wilco Louw, Bongi Mbonambi, Ali Vermaak. PLAASVERVANGERS: Scarra Ntubeni, Corné Fourie, Frans Malherbe, Eben Etzebeth, Jaco Coetzee, Herschel Jantjies, Josh Stander, Dan du Plessis.



Replies:
Posted By: Zibbie
Date Posted: 22-Feb-2019 at 9:50am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:


“Kom ons gaan twee weke terug in tyd. Ons het die Bulle in ons Marvel-wedstryd (die sogenaamde Superheld-Sondag in die Kaapstad-stadion) geklop en almal het ons lof daarna besing. Twee weke later is die rolle omgeruil en nou is daar kwansuis druk op die span. Daar is nie druk nie,” sê Fleck.


tjm . daardie opwarming games beteken nie veel nie . Mese wat julle lof besing het is blind 


Posted By: TunaLion
Date Posted: 22-Feb-2019 at 10:34am
Presies. Lyk my hulle het baie meer in die opwarmings wedstryd gelees as  wat dit regtig is, net n opwarmings wedstryd...

-------------
Go LIONS!!!!!



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net