Print Page | Close Window

Kwagga, Ruan in Leeus se opdrafspan

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7511
Printed Date: 17-May-2024 at 6:42am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Kwagga, Ruan in Leeus se opdrafspan
Posted By: Transvaal
Subject: Kwagga, Ruan in Leeus se opdrafspan
Date Posted: 21-Feb-2019 at 2:02pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/kwagga-combrinck-in-leeus-se-opdrafspan-20190221%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/kwagga-combrinck-in-leeus-se-opdrafspan-20190221

Kwagga Smith het van ’n ligte kuitbesering herstel en sal die Leeus se nr. 7-trui dra in Saterdag se Superrugby-stryd teen die Stormers.

Smith se insluiting – in Hacjivah Dayimani se plek – is een van drie veranderinge wat Swys de Bruin, die Leeus-breier, aan sy beginspan aangebring het wat die Jaguares verlede week in Buenos Aires geklop het.

Op vleuel vervang Ruan Combrinck nóg ’n Springbok, Aphiwe Dyantyi.

Die voormalige Haaie-slot Stephan Lewies sal sy Superrugby-buiging vir die Leeus maak. Hy is in Rhyno Herbst se plek op nr. 5 gekies.

Herbst, Dayimani en Dyantyi is al drie op die plaasvervangersbank gekies, terwyl Sti Sithole, Gianni Lombard en Sylvian Mahuza ook op die bank ingesluit is.

* Leeus-span: Andries Coetzee, Ruan Combrinck, Lionel Mapoe, Harold Vorster, Courtnall Skosan, Elton Jantjies, Nic Groom, Warren Whiteley (k), Kwagga Smith, Marnus Schoeman, Stephan Lewies, Marvin Orie, Carlu Sadie, Malcolm Marx, Dylan Smith. PLAASVERVANGERS: Pieter Jansen, Sti Sithole, Jacobie Adriaanse, Rhyno Herbst, Hacjivah Dayimani, Gianni Lombard, Aphiwe Dyantyi, Sylvian Mahuza.



Replies:
Posted By: Transvaal
Date Posted: 21-Feb-2019 at 2:03pm
Dis natuurlik 4 veranderings, 'n posisionele verandering tel ook as 'n verandering, en Skosan skuif van regtervleuel na linkervleuel, en Commies vervang dus eintlik vir Skosan wat laas week op regtervleuel gespeel het



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net