Print Page | Close Window

Match 6 - Bulls vs Stormers

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7442
Printed Date: 17-Jun-2024 at 2:36am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Match 6 - Bulls vs Stormers
Posted By: Transvaal
Subject: Match 6 - Bulls vs Stormers
Date Posted: 12-Feb-2019 at 8:42am
Saturday 16 February 2019 in Pretoria, kickoff at 17:15 SA Time

Referee: Jaco Peyper
AR1: Paul Williams
AR2: Egon Seconds
TMO: Marius Jonker

Bulls: 15. Warrick Gelant, 14. Johnny Kotze, 13. Jessie Kriel, 12. Burger Odendaal, 11. Rosko Specman, 10. Handré Pollard, 9. Embrose Papier, 8. Duane Vermeulen, 7. Hanro Liebenberg, 6. Ruan Steenkamp, 5. Lood de Jager (c), 4. Jason Jenkins, 3. Trevor Nyakane, 2. Schalk Brits, 1. Lizo Gqoboka.
Replacements: 16. Corniel Els, 17. Simphiwe Matanzima, 18. Dayan van der Westhuizen, 19. Eli Snyman, 20. Thembelani Bholi, 21. Ivan van Zyl, 22. Manie Libbok, 23. Dylan Sage.

Stormers: 15 Dillyn Leyds, 14 JJ Engelbrecht, 13 Ruhan Nel, 12 Damian de Allende, 11 SP Marais, 10 Damian Willemse, 9 Jano Vermaak, 8 Sikhumbuzo Notshe, 7 Pieter-Steph du Toit, 6 Siya Kolisi (captain), 5 JD Schickerling, 4 Salmaan Moerat, 3 Wilco Louw, 2 Bongi Mbonambi, 1 Ali Vermaak
Replacements: 16 Scarra Ntubeni, 17 Corné Fourie, 18 Neethling Fouche, 19 Chris van Zyl, 20 Kobus van Dyk, 21 Herschel Jantjies, 22 Jean-Luc du Plessis, 23 Dan du Plessis

LionsWorld Prediction: Stormers by 12




Replies:
Posted By: Transvaal
Date Posted: 12-Feb-2019 at 9:13am
wow....nou net die op twitter gesien:

Breaking: Xander Janse van Rensburg resigned from the Bulls. Strongs for his future.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 12-Feb-2019 at 9:14am
Baie mense dink dis sy skuld dat die Bulle in die posisie is waar hulle is deur swak kontaktering en dat swakkerige spelers voorkeur bo beter spelers kry en dan loop die beter spelers 


Posted By: Zibbie
Date Posted: 12-Feb-2019 at 9:16am
dis jammer . Die leeus verloor n groot bondgenoot 


Posted By: Transvaal
Date Posted: 12-Feb-2019 at 9:19am
Originally posted by Zibbie Zibbie wrote:

dis jammer . Die leeus verloor n groot bondgenoot 

Beslis....deur hom het ons nogal baie Bulle rejects deur die jare gekry wat by ons groot spelers geword het. 


Posted By: Transvaal
Date Posted: 12-Feb-2019 at 9:24am
Ek dink hy het die ondersteuning gehad van die ou wat op 31 Januarie afgetree het, so merkwaarrdig dat hy 'n volle 12 dae gehou het daarna


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 12-Feb-2019 at 10:17am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Baie mense dink dis sy skuld dat die Bulle in die posisie is waar hulle is deur swak kontaktering en dat swakkerige spelers voorkeur bo beter spelers kry en dan loop die beter spelers 


Dit mag dalk so wees, maar een ou in admin kan sekerlik nie al die blaam kry nie. Hul het beslis genoeg goeie spelers gehad om beter te vaar die afgelope paar jaar.


-------------
Up the Vaal!


Posted By: Zibbie
Date Posted: 12-Feb-2019 at 10:33am
Ek dink dis moontlik anders om . Die spelers word opgehewe maar is nie noodwendig wereld klas soso ons wil voorgee nie . 


Posted By: Transvaal
Date Posted: 12-Feb-2019 at 10:46am
Jaco Peyper aangewys as skeidsregter


Posted By: Transvaal
Date Posted: 13-Feb-2019 at 12:54pm
Bulle se span is opgedateer. 667 caps in die Begin XV, so effens beter as die Leeus se 636


Posted By: Transvaal
Date Posted: 14-Feb-2019 at 2:36pm
Stormers se span opgedateer


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 14-Feb-2019 at 2:53pm
Hierdie gaan n goeie voorspeler battle wees. Die ex-stormers teen die stormers, springbok span maats wat jare lank al saam gespeel het ens.





Posted By: LeeuBrul
Date Posted: 14-Feb-2019 at 4:38pm
As jy na Al 4 ons SA spanne kyk is beide se benches maar din op ervaring en Jong...

-------------
Once a Lion always a lion


Posted By: Transvaal
Date Posted: 14-Feb-2019 at 6:56pm
Al die Bookies dink die Bulle gaan wen...ek vind dit vreemd?


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 15-Feb-2019 at 8:27am
Ekt ook Bulle gegaan, maar ekt my eie redes Clown


Posted By: Transvaal
Date Posted: 15-Feb-2019 at 8:39am
Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

Ekt ook Bulle gegaan, maar ekt my eie redes Clown

Ek hou eintlik ewe min van altwee spanne, so ek het maar gegaan met wie ek dink gaan wen. Maar ek dink dit gaan maar naby wees


Posted By: Transvaal
Date Posted: 15-Feb-2019 at 8:40am
Maar ek het so 'n ou geldjie op die Stormers gegooi want hulle odds was 2.3


Posted By: Zibbie
Date Posted: 15-Feb-2019 at 9:04am
ja die eerste rondte is gewoonlik moeilik . ek het ook Bulle gegaan oor die op loftus is .maar ek dink na die eerste ronte sal mens n beter gevoel kan kry 


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 15-Feb-2019 at 9:25am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Maar ek het so 'n ou geldjie op die Stormers gegooi want hulle odds was 2.3

Goeie kans om geld te maak. 


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 15-Feb-2019 at 9:27am
Kyk die Bulle wat vir Papier gekies het gaan n verskil maak, as die bal verby Jessie kan kom staan hulle n beter kans met hulle agterlyn. Ek dink ook daar is n paar goeie voorspelers in die Bulle span, as hulle die Stormers voor kan aanvat gaan dit n lang dag wees vir die Stormers se agterlyn wat nie hou van tackle nie.


Posted By: WitBoer
Date Posted: 16-Feb-2019 at 6:30pm
Duane Vermeulen is by vêrre die mees overrated speler is die land en Joël Stransky het n ongesonde crush op hom...
Schalk Brits was goed terwyl hy op was, maar die speler wat "net so goed soos Marx is" het sover n shocker....


-------------
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha


Posted By: Transvaal
Date Posted: 16-Feb-2019 at 6:31pm
Stormers se lynstane val uitmekaar...kry geen momentum in die wedstryd nie. En Specman maak amok en druk 2 goeie driee, alhowel ek nie oortuig is dat daar nie 'n dubbel beweging in sy 2de was nie


Posted By: valie
Date Posted: 16-Feb-2019 at 6:35pm
Ek het al voorheen gese dat Pote Human n goeie afrigter is. Die bulle het duidelik hulle huiswerk gedoen.
Ek dink weer Duane word goed gebruik. Brits het stupid strafskoppe afgestaan, maar het n hele paar tackles ingesit in die tyd wat hy op die veld was.
Skielik val Pollard die lyn aan en Jesse pass die bal. Dit laat die bulle baie beter lyk as laasjaar.


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 16-Feb-2019 at 7:13pm
Gebeure agter die skerms het toe beslis ñ impak op die Stormers. Hul is absoluut pateties.

-------------
Up the Vaal!


Posted By: valie
Date Posted: 16-Feb-2019 at 7:32pm
Originally posted by Attie Karate Attie Karate wrote:

Gebeure agter die skerms het toe beslis ñ impak op die Stormers. Hul is absoluut pateties.
Kan wees, hoewel ek dink die bulle het hulle huiswerk gedoen, en hulle plan skitterend uitgevoer.
Hulle het die lynstane totaal oorheers, asook die voordeellyn en die rucks. Dit het dinge vir Pollard en sy mede backs baie makliker gemaak.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 16-Feb-2019 at 7:34pm
Ons speel die Stormers volgende so as hulle nie vinnig hulle shit uitsorteer nie kan ons goed daar doen


Posted By: WitBoer
Date Posted: 16-Feb-2019 at 7:35pm
Originally posted by valie valie wrote:

Ek het al voorheen gese dat Pote Human n goeie afrigter is. Die bulle het duidelik hulle huiswerk gedoen.
Ek dink weer Duane word goed gebruik. Brits het stupid strafskoppe afgestaan, maar het n hele paar tackles ingesit in die tyd wat hy op die veld was.
Skielik val Pollard die lyn aan en Jesse pass die bal. Dit laat die bulle baie beter lyk as laasjaar.
Duane vang die bal van skoppe af en doen so paar standoffs, maar verder loop hy die veld vol. 
Ek dink ook Specman se 2de drie moes dalk n strafskop vir die Stormers gewees het, maar hy het n baie goeie wedstryd gehad. Hoop maar die Stormers speel volgende week weer so swak... Sal lekker wees om hulle n pak slae te gaan gee op hulle tuisveld.


-------------
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha


Posted By: Transvaal
Date Posted: 16-Feb-2019 at 7:38pm
Ek het spesiaal in die 2de helfte gekyk, die beamptes ignoreer die onkantlyne..die verdedigers is ELKE keer onkant en word glad nie geblaas nie


Posted By: Transvaal
Date Posted: 16-Feb-2019 at 7:38pm
gin wonder daar is nie spasie vir die aanvallers in rugby nie


Posted By: valie
Date Posted: 16-Feb-2019 at 7:47pm
Originally posted by WitBoer WitBoer wrote:

Originally posted by valie valie wrote:

Ek het al voorheen gese dat Pote Human n goeie afrigter is. Die bulle het duidelik hulle huiswerk gedoen.
Ek dink weer Duane word goed gebruik. Brits het stupid strafskoppe afgestaan, maar het n hele paar tackles ingesit in die tyd wat hy op die veld was.
Skielik val Pollard die lyn aan en Jesse pass die bal. Dit laat die bulle baie beter lyk as laasjaar.
Duane vang die bal van skoppe af en doen so paar standoffs, maar verder loop hy die veld vol. 
Ek dink ook Specman se 2de drie moes dalk n strafskop vir die Stormers gewees het, maar hy het n baie goeie wedstryd gehad. Hoop maar die Stormers speel volgende week weer so swak... Sal lekker wees om hulle n pak slae te gaan gee op hulle tuisveld.
Jy is reg ja. En dis die verskil wat ondervinding bring. Duanne was verseker nie MOM kwaliteit nie, my hy pick sy battles en sorg dat hy die basics goed doen..
Wat verder soos daglig uitgestaan het, was die kalmte onder die bulls se spelers, terwyl die Stormers van die begin af gerattle gelyk het, en al hulle beweging ge rush gelyk het.


Posted By: Rooibonte8
Date Posted: 17-Feb-2019 at 5:17pm
Duane het volgens my n goeie game gespeel heeltyd die voordeellyn gebreek en n paar Stormers soos Kolisi bietjie afgeknou.


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 17-Feb-2019 at 7:29pm
Veels geluk aan die Bulls wie vandag die 2019 Superugby kompetisie gewen het...

-------------
Up the Vaal!


Posted By: Leeubok
Date Posted: 18-Feb-2019 at 7:17am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ons speel die Stormers volgende so as hulle nie vinnig hulle shit uitsorteer nie kan ons goed daar doen

Wel, een van 2 dinge kan gebeur. OF hulle is in diep shit en ons stamp hul hard. OF hul gaan baie vasbeslote wees om reg te maak na hierdie game..

Wat vir my baie opvallend was van die Bulls game was dat die bulls spelers almal heeltyd met smiles op hul gesigte gespeel het. Dit help seker as jy wen, maar dit lyk net of hul weer hul rugby geniet. Dis nog baie vroeg die seisoen so mens kan dalk nie te veel daarin lees nie, maar hul kan net dalk baie beter doen as laasjaar..


Posted By: Zibbie
Date Posted: 18-Feb-2019 at 10:59am
Originally posted by Attie Karate Attie Karate wrote:

Veels geluk aan die Bulls wie vandag die 2019 Superugby kompetisie gewen het...

weet julle waneer is die victory parade ? 


Posted By: Transvaal
Date Posted: 18-Feb-2019 at 11:01am
En die oorhandiging van die 3 bekers, die voorseisoen wat hulle gewen het, SA conference wenner en wenner van die algehele kompetisie


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 18-Feb-2019 at 11:34am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

En die oorhandiging van die 3 bekers, die voorseisoen wat hulle gewen het, SA conference wenner en wenner van die algehele kompetisie


Jy vergeet die Rugby Championship en die Wêreld Beker...


-------------
Up the Vaal!


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 18-Feb-2019 at 11:40am
Ek lag, die meerderheid van die bokke is juis deel van daai Stormers squad.. hoe gaan Rassie dit justify as dit so aanhou?



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net