Print Page | Close Window

Rugby kry 'n nuwe vyfman-formaat

Printed From: Lionsworld
Category: General Rugby
Forum Name: World Rugby Issues
Forum Description: World Rugby Issues
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7400
Printed Date: 18-May-2024 at 8:54am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Rugby kry 'n nuwe vyfman-formaat
Posted By: Transvaal
Subject: Rugby kry 'n nuwe vyfman-formaat
Date Posted: 06-Feb-2019 at 11:55am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/rugby-kry-nuwe-vyfman-formaat-20190205%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/rugby-kry-nuwe-vyfman-formaat-20190205

’n Nuwe rugbyformaat, waar spanne uit slegs vyf spelers bestaan, gaan straks vanjaar die eerste keer op die proef gestel word nadat Wêreldrugby glo toestemming daarvoor gegee het.

Dié nuwe formaat, wat Rugby X heet, gaan luidens ’n berig in The Times in Brittanje vanjaar in ’n toernooi in Londen aan die wêreld bekend gestel word.

Wêreldrugby, die internasionale beheerliggaam van die sport, hoop dié nuwe formaat sal die spel se finansies verbeter en dit ook aanskouliker vir toeskouers maak – soos wat T20-krieket vir dié spel gedoen het.

Vyf toernooie oor die wêreld heen word vir 2020 beplan, met die Britse uitsaaier ITV wat reeds in gesprekke is om die eerste byeenkoms, in Londen se 02-arena, aan te bied.

Van die wêreld se voorste sewesspanne soos Engeland, Australië, Fidji, Wallis en Frankryk word as moontlike deelnemers genoem.

Ben Ryan, wat Engeland en Fidji se sewesspanne gebrei het, het gehelp om die spel te ontwikkel, met wedstryde wat tien minute lank is en binnenshuis op sintetiese velde beslis word.

Rugby X plaas ’n hoë premie op vinnige spel. Daar is nie ’n rustyd nie en spanne ruil ook nie kante nie. Spel word hervat van die verdedigende span se kant, nadat ’n drie gedruk is.

Die drieman-skrums is onbetwis, met lynstane wat vervang word deur ’n gooi deur die plaasvervanger van die span wat besit geniet.




Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net