Print Page | Close Window

Swys kies grofgeskut vir Haaie-stryd

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7350
Printed Date: 16-Jun-2024 at 9:28am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Swys kies grofgeskut vir Haaie-stryd
Posted By: Transvaal
Subject: Swys kies grofgeskut vir Haaie-stryd
Date Posted: 01-Feb-2019 at 12:49pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/swys-kies-grofgeskut-vir-haaie-stryd-20190201%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/swys-kies-grofgeskut-vir-haaie-stryd-20190201

Nadat hy sy diepte in die Leeus se eerste opwarmwedstryd teen die Bulle op die proef gestel het, het Swys de Bruin, soos verwag, besluit om sy strydrosse Sondag in die Kaapstad-stadion teen die Haaie los te laat.

Die Leeus se breier het verskeie staatmakers, wat nie teen die Bulle in aksie was nie, by sy beginspan vir dié litte-losmaker ingesluit.

Die Springbok-agtsteman Warren Whiteley sal die span op “Superheld-Sondag” op die veld lei. Hy vorm ’n lostrio saam met Hacjivah Dayimani en Kwagga Smith.

Malcolm Marx is terug op haker en sal tussen Dylan Smith en die nuwe aanwins van die Kaap, Carlu Sadie, sak.

Elton Jantjies sal die toutjies in die nr. 10-trui trek. Hy vorm ’n skakelpaar met Nic Groom.

De Bruin het ’n agterste driehoek wat uit Springbokke bestaan – Aphiwe Dyantyi, Courtnall Skosan en Andries Coetzee – gekies.

Harold Vorster en Lionel Mapoe sal die middelveld beman.

Andries Coetzee, Courtnall Skosan, Lionel Mapoe, Harold Vorster, Aphiwe Dyantyi, Elton Jantjies, Nic Groom, Warren Whiteley (k), Hacjivah Dayimani, Kwagga Smith, Marvin Orie, Ruan Vermaak, Carlu Sadie, Malcolm Marx, Dylan Smith. PLAASVERVANGERS: Pieter Jansen, Danie Minnie, Frans van Wyk, Jacobie Adriaanse, Marnus Schoeman, Dillon Smith, Shaun Reynolds, Sylvian Mahuza, Ruan Combrinck, Vincent Tshituka, Rhyno Herbst.



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net