Print Page | Close Window

Superheldtruie: Meer van ’n rooi onderbroek as v

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7329
Printed Date: 16-Jun-2024 at 9:58am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com

Topic: Superheldtruie: Meer van ’n rooi onderbroek as v
Posted By: Transvaal
Subject: Superheldtruie: Meer van ’n rooi onderbroek as v
Date Posted: 30-Jan-2019 at 3:19pm
https://maroelamedia.co.za/sportnuus/superheldtruie-meer-van-n-rooi-onderbroek-as-vlieende-sukses/" rel="nofollow - https://maroelamedia.co.za/sportnuus/superheldtruie-meer-van-n-rooi-onderbroek-as-vlieende-sukses/

Of jy nou ooghare het vir Thor, Black Panther, Spider-Man of Captain America, of nie: Suid-Afrika se Superrugbyspanne gaan Sondag in hul superheldtruie kragte meet.

Die Lions (Spider-Man), Sharks (Black Panther), Stormers (Thor) en Bulls (Captain America) sal hul splinternuwe Marvel-geïnspireerde spandrag op die Kaapstad-stadion uitstal.

En hoewel daar hier en daar positiewe kommentaar was, het die meeste Maroela Media-lesers dié trui-aanpassing eerder as Superman se rooi onderbroek (al is hy een van DC Comics se helde), as Thor se hamer beskou. Kortom: dit is ’n geldmaakfoefie.

Hier is van die kommentaar:

Kom ons kyk maar eers hoe vertoon hulle op die veld. Modelvoorbeelde vir ons kinders met haarstyle en oorbelle – daar het hulle reeds gefaal. Enkeles se spel kan geprys word. So, superhelde vir ons kinders – hang ook seker maar af van jou standaard.
Absoluut kinderagtig en SUPER-belaglik. SA rugby is die “laughing stock” van internasionale rugby. Pleks hulle al hierdie tyd en moeite gebruik om te konsentreer op dit wat saak maak: RUGBY.
Die sirkus raak net groter en die narre al snaakser.
Baie goeie geldmaakstrategie … elke kind sal nou graag so ’n trui wil hê.
Ek gee nie om oor die truie nie, dink nogal Bulls s’n is mooi – maar waarom nou weer op ’n Sondag speel?
Maar om eerlik te wees, die trui waarin jy speel, het nie noodwendig ’n invloed op jou span se eindtelling nie. Die passie waarmee jy speel, het wel.

Sondag se bepalings:

14:00: Lions (Spider-Man) teen Sharks (Black Panther)

16:15: Stormers (Thor) teen Bulls (Captain America)
 
Replies:
Posted By: WitBoer
Date Posted: 30-Jan-2019 at 3:57pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ek het daardie stukkie logika so paar dae terug al raakgelees op Maroela Media...
Ek self het nie 'n haarstyl nie (sny alles af) en het nog nooit 'n oorbel gedra of enige tatoeermerke nie. Maar ek dink dit is bietjie rof om mense as slegte rolmodelle af te maak net omdat hy 'n volksvreemde haarstyl of oorbel dra.... Ek ken goeie, sout van die aarde tiepe mense wat 90% van hulle vrye tyd spandeer om ander te help, maar wat oortrek is met tatoeermerke, oorbelle dra, lang hare het en dekades laas in 'n kerk was. Dan weet ek ook van "vooraanstaande" omies met kantpaadjies, wat skoongeskeer is en elke sondag heel voor in die kerk gesit het, wat agteraf sy werkers indoen en sy dogter pla... 
So ek sal eerder bv. wil he my seun moet Sonny Bill Williams as 'n rolmodel he as wat hy vir Jurie Els as 'n rolmodel het....
Niks met rugby te doen nie, so ek klim nou maar van my seepkissie af...

-------------
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha

Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net