Print Page | Close Window

Reël oor onkantspel stilletjies ‘verander’

Printed From: Lionsworld
Category: General Rugby
Forum Name: World Rugby Issues
Forum Description: World Rugby Issues
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7279
Printed Date: 18-May-2024 at 1:03am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Reël oor onkantspel stilletjies ‘verander’
Posted By: Transvaal
Subject: Reël oor onkantspel stilletjies ‘verander’
Date Posted: 25-Jan-2019 at 11:19am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/reel-oor-onkantspel-stilletjies-verander-20190125%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/reel-oor-onkantspel-stilletjies-verander-20190125

Die reël wat die All Blacks laat in 2018 gehelp het om Engeland in Londen te klop, is deur Wêreldrugby hersien.

Daar was omstredenheid nadat Nieu-Seeland die toets met 16-15 gewen het en ’n drie deur die Engelse se Sam Underhill nie toegeken is nie. Dit nadat die skeidsregter beslis het dat Courtney Lawes onkant was toe hy ’n hangskop van die All Blacks se plaasvervanger-skrumskakel, TJ Perenara, afgestorm het.

Die beheerliggaam is nie veronderstel om reëls in die jaar waarin die Wêreldbeker-toernooi beslis word te verander nie, maar beskryf die verandering aan die bewoording van dié reël eerder aan “hersiening” toe, berig stuff.co.nz.

Die verandering aan die reël, wat nie amptelik deur Wêreldrugby aangekondig is nie, is dat die onkantlyn by ’n losgemaal nou nie meer geposisioneer sal wees by die agterste voet nie, maar eerder by “die agterste punt van enige speler van enige van die twee spanne”, byvoorbeeld ’n kop of arm.

Die omstredenheid was omdat daar onsekerheid was oor of dit ’n duikslag of ’n losgemaal was.

Volgens die nuwe verandering sou Lawes nie onkant gewees het nie, omdat hy agter sy spanmaat George Ford was, wat op die grond was nadat hy ’n duikslag uitgevoer het.

John Jeffrey, voorsitter van die komitee van Wêreldrugby wat verantwoordelik is vir die reëls, het aan The Times gesê die verandering het op aandrang van Brett Gosper, die beheerliggaam se uitvoerende hoof, plaasgevind.

“Die uitvoerende hoof het na die komitee gekom en gevra: ‘Kan ons duidelikheid oor die reël kry?’ Hy wou duidelikheid verkry oor wat onkant is. Is dit die voet of die agterste deel van die liggaam? Ons moes die bewoording verander,” sê Jeffrey.

Die verandering sal reeds geld in die Sesnasies-reeks, wat die eerste naweek van Februarie begin.




Replies:
Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Jan-2019 at 11:22am
>>>Volgens die nuwe verandering sou Lawes nie onkant gewees het nie, omdat hy agter sy spanmaat George Ford was, wat op die grond was nadat hy ’n duikslag uitgevoer het.

huh? 


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Jan-2019 at 11:24am
http://rugbylad.ie/world-rugby-has-its-say-on-the-courtney-lawes-offside-decision/%20" rel="nofollow - http://rugbylad.ie/world-rugby-has-its-say-on-the-courtney-lawes-offside-decision/

But World Rugby is adamant is was the right call and that referee Jérôme Garcès did not contravene its new TMO law trial, pointing out that the ball is not out until Perenara lifts it, rather than when the he touches it as a lot of people have been saying.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Jan-2019 at 11:26am
So Lawes sou nog steeds onkant wees want hy het begin vorentoe beweeg voordat Perenara die bal oplig, so dan is hy nie meer agter die agterste punt van Ford nie, so die skrywer van die artikel praat dan mos bollie?



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net