Print Page | Close Window

Swys: ‘My aandag by Leeus ondanks Bokke’

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7212
Printed Date: 16-May-2024 at 4:51pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Swys: ‘My aandag by Leeus ondanks Bokke’
Posted By: Transvaal
Subject: Swys: ‘My aandag by Leeus ondanks Bokke’
Date Posted: 13-Jan-2019 at 7:04am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/swys-my-aandag-by-leeus-ondanks-bokke-20190113%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/swys-my-aandag-by-leeus-ondanks-bokke-20190113

Die Leeus se afrigter, Swys de Bruin, erken daar is onderhandelinge om hom in die aanloop tot die Wêreldbekertoernooi heeltyds by die Springbokke se bestuurspan in te skakel, maar sê sy aandag is “100%” by sy trop in die Goudstad.

“Daar is onderhandelinge aan die gang, maar jy gaan moeilikheid hê as jy toelaat dat jou aandag afgetrek word,” sê hy aan Rapport.

“Ek weet baie ondersteuners wil weet wat aangaan en dit is eenvoudig: Daar is onderhandelinge, maar my aandag gaan beslis nie afgetrek word terwyl ons met Superrugby besig is nie.”

De Bruin het aan Rapport vertel die kanse is goed hy sal meer betrokke raak by Rassie Erasmus se bestuurspan in die oploop tot die Wêreldbeker, maar vir nou wil hy net op sy span se kanse in vanjaar se Super Reeks konsentreer

“Daar is definitief onderhandelinge aan die gang maar ek probeer my aandag 100 persent op die Leeus vestig,” het De Bruin aan Rapport gesê.

“Sodra jy jou mind split het jy moeilikheid. Ek weet baie van die ondersteuners wil weet wat met my aangaan en dis eenvoudig. Daar is onderhandelinge maar ek gaan definitief nie terwyl ons besig met Super Rugby is, my aandag van die Leeus aftrek nie. Definitief nie.”

Sy taak by Ellispark gaan nie maklik wees nie.

Die Leeus se sukses van drie agtereenvolgende eindstryde gaan ná die verlies van etlike spelers moeilik herhaal word. Dit beteken hulle sal meer op jong spelers moet staatmaak en dit kan tyd neem om die afgelope drie seisoene se welslae na te doen.

“Ons het baie spelers verloor. Die belangrikstes is Jacques van Rooyen, Franco Mostert, Jaco Kriel, Rohan Janse van Rensburg en Ruan Dreyer.

“Gelukkig het ons junior spanne die afgelope twee jaar goed gevaar. Baie van ons jong manne gaan nou geleenthede kry.”

De Bruin wil nie voorspellings waag nie.

“Ek wil nie my mening lug of te gou praat nie. Uiteraard wil ons so goed as moontlik doen. Ons wil ons volle potensiaal gebruik om so goed te speel as wat ons kan. Ek gaan nie die druk op daai ouens sit deur hulle te vergelyk met die span van die afgelope drie jaar nie. Dis onregverdig, want daar is veral onder ons voorspelers baie nuwelinge,” sê hy.

“Daar is in ons groep van 40 slegs 17 wat al Superrugby gespeel het, so meer as die helfte van die groep het geen ervaring op daardie vlak nie. Dis vir ons opwindende nuwe tye. Ek is optimisties omdat ek weet hoe hard ons junior afrigters gewerk het. Ek glo in ons strukture.

“Ek het ’n baie goeie gevoel en glo ons kan oor ’n jaar of twee ’n topspan wees.”

Wat veral vir De Bruin verblydend is, is die ervare spelers wat in die Goudstad bly. Hulle gaan van kritieke belang vir die veldtog wees.

Die Leeus gaan ook nie hul speelstyl verander nie.

“Die ruggraat van ons span – Malcolm Marx, Marvin Orie, Warren Whiteley, Ross Cronjé, Elton Jantjies en Andries Coetzee – is nog daar. Hulle is Bokke. Maar ons gaan beslis vir Franco mis. Hy is ’n ongelooflike speler. Ruan was ons ankerman.

“Dít is vanjaar ons uitdaging. Ons benadering bly dieselfde. Ons gaan steeds drieë druk en ons wil mense deur ons spel inspireer.

“Dit sal dwaas wees om daarvan af te wyk, veral as jy kyk na die soort spelers wat opgang maak.

“Wandisile Simelane, Manny Rass, Giani Lombard is, om net ’n paar te noem, baie lekker spelers met flair.”

De Bruin weet ook dat jy soms net op talentvolle jong spelers moet staatmaak. Wie nie waag nie, wen nie.

As hulle in die proses nóg ’n diamant vir die Bok en die Leeus se diepte uitbou, is almal ongeag die telbord in elk geval wenners.



Replies:
Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 13-Jan-2019 at 8:09am
"Daar is in ons groep van 40 slegs 17 wat al Superrugby gespeel het". Dit kan nie reg wees nie. Die groep wat ons verwag het omtrent 30 spelers in wat al Super Rugby gespeel het. Hier is die waaraan ek so vinnig kan dink:
Jonker, Adriaanse, Sadie, Marx, Coetzee, Dylan Smith, Erasmus, Orie, Lewies, Kruger, Ferreira, Whiteley, Kwagga, Schoeman, Brink, Ross, Groom, Smith, Elton, Reynolds, Vorster, Mapoe, Mnisi, Dyantyi, Skosan, Combrinck, Tambwe, Boeboes, Mahuza. 
Dalk praat Swys net van die wat nou saam oefen en nie die beseerdes en die wat nog oorsee is nie. 


Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 13-Jan-2019 at 8:14am
Een ding is verseker... met te veel jong spelers gaan ons ons gatte sleg sien. Super Rugby is drie trappies bo Curriebeker op die oomblik (in kwaliteit, intensiteit, druk, spoed, besluitneming, ens).


Posted By: Leeubok
Date Posted: 14-Jan-2019 at 7:18am
Dit maak vir my ook nie sin nie. Behalwe as ons in is vir n slegte verrassing en die groep heeltemal anders lyk as wat ons dink? Hoe anders kan Swys so groot fout maak??

Ek byt ook nie daaraan dat sy volle toewyding by die leeus sal wees nie. Nie in n wereldbeker jaar nie..


Posted By: Transvaal
Date Posted: 14-Jan-2019 at 7:40am
Dit klink ook vir my nader aan 30 as 17. Ons sal wel binnekort weet, die eerste opwarmingswedstryd is op 26 Januarie wat oor 12 dae is, en net daarna sal die SuperRugby squad aangekondig word 


Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 14-Jan-2019 at 7:48am
Dalk is wiskunde maar net nie Swys se sterkpunt nie Big smile


Posted By: WitBoer
Date Posted: 14-Jan-2019 at 9:13am
Ek is bietjie bekommerd... As Swys reg is, dan het ons moeilikheid... Dit beteken dat 13 van die spelers wat ons verwag in die groep sal wees, is nie daar nie... As Swys verkeerd is, is sy aandag heel duidelik nie by die Leeeus nie...

-------------
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha


Posted By: Transvaal
Date Posted: 14-Jan-2019 at 9:17am
Ek dink hy maak maar net 'n fout met sy somme. Ek kan nie sien hoe die groep verskriklik gaan verskil van die een wat ek in die artikel van laas week genoem het nie, wat ek wel gedoen het is om min juniors se name by te sit so Swys kan dalk meer juniors tot die squad voeg maar dis onmoontlik vir my op hierdie stadium om te voorspel watter juniors dit gaan maak


Posted By: Leeubok
Date Posted: 14-Jan-2019 at 9:32am
Hoe kan n hoof afrigter so fout maak? Niemand ken die groep spelers beter as hy nie, hy kies hulle tog! As die jaar eers so begin.. ConfusedDisapprove


Posted By: Lion4ever
Date Posted: 14-Jan-2019 at 10:16am
Originally posted by Goue Leeu Goue Leeu wrote:

"Daar is in ons groep van 40 slegs 17 wat al Superrugby gespeel het". Dit kan nie reg wees nie. Die groep wat ons verwag het omtrent 30 spelers in wat al Super Rugby gespeel het. Hier is die waaraan ek so vinnig kan dink:
Jonker, Adriaanse, Sadie, Marx, Coetzee, Dylan Smith, Erasmus, Orie, Lewies, Kruger, Ferreira, Whiteley, Kwagga, Schoeman, Brink, Ross, Groom, Smith, Elton, Reynolds, Vorster, Mapoe, Mnisi, Dyantyi, Skosan, Combrinck, Tambwe, Boeboes, Mahuza. 
Dalk praat Swys net van die wat nou saam oefen en nie die beseerdes en die wat nog oorsee is nie. 
Possibly Swys is thinking of players with years of experience. Players like Jonker, Sadie, Tambwe and Aphiwe  haven't  had tons of SR experience. Even Brink and Reynolds are also relatively new to SR.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 14-Jan-2019 at 10:30am
On our squad page I still list last year's squad (until I get this year's squad confirmed) but the caps (Currie Cup and SuperRugby) for all the players listed are correct.

http://www.lionsworld.co.za/squad.html" rel="nofollow - http://www.lionsworld.co.za/squad.html


Posted By: Transvaal
Date Posted: 14-Jan-2019 at 10:36am
On that page, the following 16 Lions Players don't have any Super Rugby caps: Herbst, Jansen, Venter, Thain, La Grange, Simelane, Tshituka, Nothnagel, Rass, Mienie, Van Schoor, Green, Steenkamp, Bashera, Bester, Lombard. 

Don't think many of the 16 will be starters in 2019.


Posted By: Lion4ever
Date Posted: 14-Jan-2019 at 10:38am
How many of the capped players have been capped less that 20 times? I don't think too many of them would have been starters.  


Posted By: Transvaal
Date Posted: 14-Jan-2019 at 10:41am
I count 11 players with fewer than 20 caps


Posted By: Transvaal
Date Posted: 14-Jan-2019 at 10:43am
and 27 with more than 20, but that includes the players that left


Posted By: Transvaal
Date Posted: 14-Jan-2019 at 10:44am
So we have at least 38 players with Super Rugby experience, minus the 5 or so that left


Posted By: Lion4ever
Date Posted: 14-Jan-2019 at 11:53am
That's good to know. And many of them still played in the junior ranks last year.


Posted By: Zibbie
Date Posted: 14-Jan-2019 at 1:44pm
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Hoe kan n hoof afrigter so fout maak? Niemand ken die groep spelers beter as hy nie, hy kies hulle tog! As die jaar eers so begin.. ConfusedDisapprove

julle wou meer Leeu nuus he ... :p geniet dit nou 


Posted By: emiel
Date Posted: 14-Jan-2019 at 2:42pm
Nick Mallet het na Swys verwys as 'n "mad professor'. Lyk vir my of hy(Swys) die tipe is wat in die oggend veskillende kleure kouse aantrek.



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net