Match 5 - Edinburgh vs Lions
Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Champions Cup & Challenge Cup
Forum Description: Champions Cup & Challenge Cup
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=12224
Printed Date: 04-May-2025 at 12:36pm Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com
Topic: Match 5 - Edinburgh vs Lions
Posted By: Transvaal
Subject: Match 5 - Edinburgh vs Lions
Date Posted: 01-Apr-2025 at 11:33am
Friday 4 April 2025 in Edinburgh, kickoff at 9pm
Referee: Ludovic CayreAssistant Referees: Evan Urruzmendi, Vincent Blasco-BaqueTelevision Match Official: Denis Grenoulliet
Edinburgh: 15. Wes Goosen, 14. Darcy Graham, 13. Matt Currie, 12. James Lang, 11. Ross McCann, 10. Ross Thompson, 9. Ben Vellacott (c), 1. Pierre Schoeman, 2. Dave Cherry, 3. Paul Hill, 4. Sam Skinner, 5. Grant Gilchrist (c), 6. Jamie Ritchie, 7. Hamish Watson, 8. Magnus Bradbury Replacements: 16. Ewan Ashman, 17. Boan Venter, 18. Javan Sebastian, 19. Glen Young, 20. Freddy Douglas, 21. Ali Price, 22. Cammy Scott, 23. Jack Brown
Lions: 15. Quan Horn, 14. Richard Kriel, 13. Manuel Rass, 12. Rynhardt Jonker, 11. Edwill van der Merwe, 10. Gianni Lombard, 9. Morne van den Berg, 8. Francke Horn (c), 7. Ruan Venter, 6. Jarod Cairns, 5. Darrien Landsberg, 4. Ruben Schoeman, 3. Asenathi Ntlabakanye, 2. Franco Marais, 1. SJ Kotze. Replacements: 16. Jaco Visagie, 17. Juan Schoeman, 18. RF Schoeman, 19. Izan Esterhuizen, 20. Siba Qoma, 21. Nico Steyn, 22. JC Pretorius, 23. Marius Louw.
|
Replies:
Posted By: Transvaal
Date Posted: 01-Apr-2025 at 2:22pm
Chatting to Jaque Fourie and Morne van den Berg ahead of Challenge Cup match vs Edinburgh https://youtu.be/d3e6YRXV4_4%20" rel="nofollow - https://youtu.be/d3e6YRXV4_4
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 02-Apr-2025 at 12:16pm
Die Cup wedstryde is in elk geval moeiliker as die URC wedstryde so ek dink ons moet vir nou maar eerder op die URC fokus
|
Posted By: Attie Karate
Date Posted: 03-Apr-2025 at 7:03am
Hoop maar net vir geen beserings.
------------- Up the Vaal!
|
Posted By: TunaLion!
Date Posted: 03-Apr-2025 at 9:38am
Dit sal 'n win-win wees vir bestuur. Elke besering is nog 'n extra verskoning vir die slegte seisoen.....
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 03-Apr-2025 at 2:50pm
Span opgedateer in eerste pos, ek tel 5 veranderings
|
Posted By: emiel1
Date Posted: 03-Apr-2025 at 4:32pm
Interssant, 3 losvoorspelers op die bank. Andersins 'n beter span as laas week. Behoort kompeterend te wees.
|
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 04-Apr-2025 at 9:52pm
Ons “aanval” is baie swak en ons was weer lekker aan die slaap gewees op verdediging.
|
Posted By: gertjie0000
Date Posted: 04-Apr-2025 at 10:00pm
Stem Pabzor ons het geen penetrasie nie ons gaan deur klomp vases en dan verloor ons die bal en Manie Ras jaag lekker aan
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 04-Apr-2025 at 10:54pm
Edinburgh wen 24-12 so nou het ons net 4 URC wedstryde oor
|
Posted By: emiel1
Date Posted: 04-Apr-2025 at 11:41pm
Ons voorspelers is gewoonlik fisies kompeterend by die afbreekpunte, maar die afgelope 2 weke was hulle maar swak. Agterlangs speel ons ver te diep en veels te lateraal. Hopelik gee die af week ons kaans om aan probleme te werk.
|
Posted By: TunaLion!
Date Posted: 04-Apr-2025 at 11:55pm
Wat is die verskoning hierdie week? Die ref? Die weer? Die bal wat nie ovaal genoeg is nie?
|
Posted By: Transvaal
Date Posted: 07-Apr-2025 at 11:28am
Ek dink die verskoning bly maar dieselfde, ons spelers is net nie goed genoeg nie
|
Posted By: vdwestjo
Date Posted: 07-Apr-2025 at 1:34pm
Dit is pateties dat ons hoofafrigter met so 'n slegte wen rekord nie die eerbare ding doen om te bedank nie en te erken dat baie van die verlore is as gevolg van hom wat nie altyd die regte spelers kies nie en ook nie die span kan motiveer om meer vir mekaar te speel en ook die Lions trui nie. Ongelukkig sal Cash ook met die beste spelers ook sukkel!
------------- Lions4life
|
Posted By: TunaLion!
Date Posted: 08-Apr-2025 at 9:25am
Transvaal wrote:
Ek dink die verskoning bly maar dieselfde, ons spelers is net nie goed genoeg nie |
Lol, dit is 'n swak verskoning. Ackers het destyds met klomp nobodies en has-beens bewys dit gaan hoofsaaklik oor die afrigting. Ditto vir Rassie Erasmus wat 'n span wat 7de/8ste in die wereld na wereld kampioene gevat het.
Dit is sulke mentaliteit wat lei dat ons maar net ons lot in die lewe aanvaar... En kom ons sê dit is ons spelers, wie is dan in beheer anyway van kontraktering? Die bestuur, wat net so vrot is.... Verskonings is een ding, maar om die huidige bestuur en afrigting te verdedig en nie te mik vir hoër is 'n ander ding....
|
Posted By: TunaLion!
Date Posted: 08-Apr-2025 at 9:35am
vdwestjo wrote:
Dit is pateties dat ons hoofafrigter met so 'n slegte wen rekord nie die eerbare ding doen om te bedank nie en te erken dat baie van die verlore is as gevolg van hom wat nie altyd die regte spelers kies nie en ook nie die span kan motiveer om meer vir mekaar te speel en ook die Lions trui nie. Ongelukkig sal Cash ook met die beste spelers ook sukkel! |
Net so.... Ackers en Rassie het nie gesoek vir verskonings nie en die spelers blameer nie, hulle het gesoek vir maniere om te wen toe hulle spanne "down en out" was... Vir some rede by die Leeus wil ons altyd huil oor hoe tough dit vir ons is en aanvaar ons is maar nie beskore tot beter nie, terwyl ons nie besef ander spanne het ook klomp issues (dalk ander issues as wat ons het), maar tog doen hulle baie beter.
Wil iemand regtig vir my sê Zebre en Benetton het beter spelers as ons? Tog is Zebre op ons hakke en Benetton doen oor die algemeen beter as ons, terwyl ons player pool in SA baie groter is as Italië.
Nee man, die Leeus het maar net 'n loser mentaliteit. Laat ons weer gedreig word met relegasie, dan wil almal weer tjank oor die ongeregtigheid....
|
|