Print Page | Close Window

Match 13 - Sharks vs Lions

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Currie Cup
Forum Description: Currie Cup
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=11806
Printed Date: 14-May-2024 at 9:24am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Match 13 - Sharks vs Lions
Posted By: Transvaal
Subject: Match 13 - Sharks vs Lions
Date Posted: 29-May-2023 at 2:34pm
Saturday 3 June 2023 in Durban, kickoff at 19:05

Referee: AJ Jacobs
Assistant Referees: Cwengile Jadezweni, Phumzile Mbewu
Television Match Official: Marius van der Westhuizen

Sharks: 15. Nevaldo Fleurs, 14. Yaw Penxe, 13. Murray Koster, 12. Alwayno Visagie, 11. Aphelele Fassi, 10. Lionel Cronje, 9. Tiaan Fourie, 8. Henco Venter, 7. James Venter, 6. Dylan Richardson, 5. Reniel Hugo (c), 4. Ockie Barnard, 3. Khutha Mchunu, 2. Fez Mbatha, 1. Khwezi Mona.
Replacements: 16. Kerron van Vuuren, 17. Ntuthuko Mchunu, 18. Hanru Jacobs, 19. Marco de Witt, 20. Vincent Tshituka, 21. Bradley Davids, 22. Rohan Janse van Rensburg, 23. Marnus Potgieter

Lions: 15. Quan Horn, 14. Boldwin Hansen, 13. Manuel Rass, 12. Marius Louw (c), 11. Edwill van der Merwe, 10. Gianni Lombard, 9. Sanele Nohamba, 8. Francke Horn, 7. Ruan Venter, 6. JC Pretorius, 5. Darrien Landsberg, 4. Ruben Schoeman, 3. Ruan Dreyer, 2. Morne Brandon, 1. Rhynardt Rijnsburger.
Replacements: 16. Jaco Visagie, 17. Morgan Naude, 18. Asenathi Ntlabakanye, 19. Raynard Roets, 20. Emmanuel Tshituka, 21. Morne vd Berg, 22. Rynhardt Jonker, 23. Andries Coetzee.



Replies:
Posted By: monster
Date Posted: 29-May-2023 at 4:57pm
Ons moet eenvoudig die een wen met n bonus punt


Posted By: Transvaal
Date Posted: 30-May-2023 at 2:14pm
Chatting to Marius Louw and Darrien Landsberg ahead of Sharks clash
https://youtu.be/aWVTvVbUClg%20" rel="nofollow - https://youtu.be/aWVTvVbUClg


Posted By: Transvaal
Date Posted: 02-Jun-2023 at 1:56pm
Span opgedateer


Posted By: Transvaal
Date Posted: 02-Jun-2023 at 2:03pm
Sharks se span ook opgedateer, nogal verbaas dat hulle nie die span gelaai het nie


Posted By: Transvaal
Date Posted: 02-Jun-2023 at 2:12pm
8 van die begin XV het ook teen ons in die vorige Curriebeker wedstryd op Ellispark begin


Posted By: Transvaal
Date Posted: 03-Jun-2023 at 7:57pm
Ons was goed die eerste 20 minute en was 14-0 voor maar ons het die Sharks terug in die wedstryd laat kom en rustyd is 14-14


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 03-Jun-2023 at 8:03pm
Weet nie of ek myself moet straf met die volgende 40 nie. Ons speel seker nie sleg nie, maar dit voel net nie of ons 
 die confidence het om hulle te bêre nie


Posted By: gertjie0000
Date Posted: 03-Jun-2023 at 8:25pm
Te veel hanteerfoute ai


Posted By: gertjie0000
Date Posted: 03-Jun-2023 at 8:30pm
Met al die hanteerfoute kan ons maar vergeet om te wen


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 03-Jun-2023 at 8:52pm
Daar het ons dit.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 03-Jun-2023 at 8:59pm
Nie ons beste poging nie, dis naby aan ons URC span en min van hulle span is URC, so moes eintlik 'n maklike wen vir ons wees


Posted By: valie
Date Posted: 03-Jun-2023 at 9:02pm
Ons is maar weereens ons eie grootste vyande. Ons het n 2 man overlap en Quan Horn skop die bal. Ons  balretensie uiters swak. Krappie is n goeie rugbyspeler, maar nie n goeie skrummie nie. Lets face it: ons het nie die spelers diepte om met die ander groot franchises te kompeteer nie, en klink my daar gaan nog ouens waai. Ons staan n baie groot kans om ons plek in die CC ook te verloor.



Posted By: Transvaal
Date Posted: 03-Jun-2023 at 9:08pm
Klomp ouens in die span wat ongelukkig steeds swak skakels is. Ons het dringend nuwe bloed in 'n paar sleutel posisies nodig


Posted By: gertjie0000
Date Posted: 03-Jun-2023 at 9:18pm
Stem saam wys jou net hoe confident is die sharks in hulle diepte dat hulle nie eers baie urc spelers gebruik in die urc nie ons urc span is maar n sterk cc span iets sal drasties moet gebeur vir ons om weer in enige uitspeel wedstryde te kom ons het basies hier en daar n ster spelers en meeste van hulle gaan waai in die volgende jaar of twee soos edwill en ons hoor nie juis van veel aankope nie


Posted By: emiel1
Date Posted: 03-Jun-2023 at 10:03pm
Alhoewel ons laas week uiteindelik gewen het, het 'n Jong WP span ons vir lang tye laat klippe kou .  Sharks was die week baie meer klinies. Voorlangs was ons kompeterend, en het ons genoeg goeie besit gehad, maar dit lyk of ons geen idee het wat om met die bal te doen nie. Met uitsondering van van der Merwe, lyk dit of ons agterlangs met 'n klomp spelers sit wat hard probeer, en alles gee, maar 'n lae plafon van potensiale groei het . 


Posted By: valie
Date Posted: 04-Jun-2023 at 8:09am
Lyk my ons kan nog die play offs haal as die Sharks, Cheetahs en Pumas hulle games wen, en die bulle, wp en Griekwas nie n bonuspunt kry nie. Dan moet ons punteverskil net beter as die van die bulle wees, en ons moet natuurlik met n bonuspunt wen. Dis egter redelik onwaarskynlik.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 04-Jun-2023 at 8:30am
Ek dink die Bulle behoort die Cheetahs te klop so dink ons is seker maar uit.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 04-Jun-2023 at 8:31am
Nog steeds baie swak vir my dat ons nie die Sharks kon klop nie, dit beteken maar net swaar tye as ons teen hulle vol sterkte span gaan speel


Posted By: valie
Date Posted: 04-Jun-2023 at 5:19pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Nog steeds baie swak vir my dat ons nie die Sharks kon klop nie, dit beteken maar net swaar tye as ons teen hulle vol sterkte span gaan speel
Ja. Ons gaan ten minste 6 of 7 goeie spelers moet bykry. Lombard speel lekker met tye, maar hy sukkel met consistency. So ons kort verseker n kwaliteit losskakel. Ons kort ook nog n kwaliteit scrummie, slot, haker en heelagter, om die ouens wat ons reeds het aan te vul.


Posted By: Leeubok
Date Posted: 05-Jun-2023 at 7:35am
Ek kan netnie insien hoe dinge beter gaan raak by die leeus nie. Daar sal grootskaalse verandering moet wees onder die spelers EN afrigters EN bestuur. Geen kwaliteit speler sal nou belangstel om by 'n sukkelende unie aan te sluit nie.



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net