Print Page | Close Window

Match 10 - Cheetahs vs Lions

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Currie Cup
Forum Description: Currie Cup
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=11771
Printed Date: 15-May-2024 at 12:40am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Match 10 - Cheetahs vs Lions
Posted By: Transvaal
Subject: Match 10 - Cheetahs vs Lions
Date Posted: 06-May-2023 at 7:22am
Saturday 13 May 2023 in Bloemfontein, kickoff at 13:00

Referee: Marius van der Westhuizen
AR1: Local
AR2: Local
TMO: Aimee Barrett-Theron

Cheetahs: 15. Tapiwa Mafura, 14. Daniel Kasende, 13. David Brits, 12. Robert Ebersohn, 11. Cohen Jasper, 10. Reinhardt Fortuin, 9. Ruan Pienaar, 8. George Cronje, 7. Sibabalo Qoma, 6. Gideon van der Merwe, 5. Victor Sekekete (c), 4. Mzwanele Zito, 3. Hencus van Wyk, 2. Louis van der Westhuizen, 1. Schalk Ferreira.
Replacements: 16. Marnus van der Merwe, 17. Nqobisizwe Mxoli, 18. Laurence Victor, 19. Friedle Olivier, 20. Daniel Maartens, 21. Evardi Boshoff, 22. Rewan Kruger, 23. George Lourens.

Lions: 15. Quan Horn, 14. Rabz Maxwane, 13. Rynhardt Jonker, 12. Tyler Bocks, 11. Edwill van der Merwe, 10. Sanele Nohamba, 9. Morne vd Berg, 8. Francke Horn, 7. Emmanuel Tshituka, 6. JC Pretorius, 5. Ruben Schoeman, 4. Ruan Venter, 3. Asenathi Ntlabakanye, 2. Jaco Visagie (c), 1. Rhynardt Rijnsburger.
Replacements: 16. Morne Brandon, 17. Ruan Dreyer, 18. Ruan Smith, 19. Darrien Landsberg, 20. Ruhan Straeuli, 21. Nico Steyn, 22. Stean Pienaar, 23. Andries Coetzee.



Replies:
Posted By: Leeubok
Date Posted: 08-May-2023 at 9:04am
Gee die punte eerder net vir die cheetahs en spaar ons die vernedering om Leeus rugby te moet kyk


Posted By: Transvaal
Date Posted: 08-May-2023 at 9:40am
As ons met 'n volsterkte span speel behoort ons te wen


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 08-May-2023 at 9:46am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

As ons met 'n volsterkte span speel behoort ons te wen

Stop vir Jeandre en mens wen, hy is Marnus 2.0 



Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 08-May-2023 at 10:08am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

As ons met 'n volsterkte span speel behoort ons te wen
Sal graag wil weet wat is die unie se plan met die Curriebeker.. gaan ons aanhou spelers ontwikkel of wil ons die semis haal en dalk die ding probeer wen. Ons kon 'n vol URC groep Kimberley toe gestuur het maar het nie en nou sal ons basies alles moet wen van hier af. Sal net graag wil weet hoe kyk die unie na die Curriebeker.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 08-May-2023 at 10:24am
URC het laas jaar middel September begin, dis 4 maande van nou af, ek dink ons kan van hier af met 'n vol URC span speel sonder probleme. Nugter weet wat die unie se planne is, ek sien van die URC spelers is met verlof so hulle sal nie kan speel nie


Posted By: Leeubok
Date Posted: 08-May-2023 at 11:35am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

URC het laas jaar middel September begin, dis 4 maande van nou af, ek dink ons kan van hier af met 'n vol URC span speel sonder probleme. Nugter weet wat die unie se planne is, ek sien van die URC spelers is met verlof so hulle sal nie kan speel nie


Jy neem aan die unie het actually 'n plan?

Nee ek weti, op die oomblik is ek moedeloos met hulle. En ek is seker meeste ander ondersteuners is ook.

Om nou met 'n volsterkte URC span verder te speel gaan dalk net die krake toe pleister. Of dalk nie, mens neem aan ons URC span sal wen, maar dalk nie..


Posted By: Transvaal
Date Posted: 08-May-2023 at 12:35pm
Ek het op die internet gesien dat die Sharks bevestig het dat die Bokke nie mag curriebeker speel nie. Ons het geen huidige Bokke nie, so dit behoort in ons guns te tel. Edwill van der Merwe en Francke Horn is seker ons 2 spelers naaste aan die Bok span op die oomblik


Posted By: Red_Machine
Date Posted: 08-May-2023 at 2:51pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ek het op die internet gesien dat die Sharks bevestig het dat die Bokke nie mag curriebeker speel nie. Ons het geen huidige Bokke nie, so dit behoort in ons guns te tel. Edwill van der Merwe en Francke Horn is seker ons 2 spelers naaste aan die Bok span op die oomblik
moet nie van PJ Botha vergeet nie, hy is n anner klas speeler


Posted By: Transvaal
Date Posted: 08-May-2023 at 3:03pm
Is seker so maar het ons 'n beter haker by die Leeus op die oomblik?


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 08-May-2023 at 3:14pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Edwill van der Merwe en Francke Horn is seker ons 2 spelers naaste aan die Bok span op die oomblik

Ek hoop die Leeus sorteer hulle self uit voor ons vir daai 2 verloor. Ek is seker Jake sal hulle met ope arms ontvang.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 09-May-2023 at 4:14pm
Ek sien die afskop tyd is aangepas, seker vir die URC wedstryde. Wedstryd skop nou 13:00 af


Posted By: Red_Machine
Date Posted: 11-May-2023 at 6:32pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Is seker so maar het ons 'n beter haker by die Leeus op die oomblik?
ek dink Visagie is beter, en Brandon lyk ook of hy iets het


Posted By: Transvaal
Date Posted: 12-May-2023 at 12:13pm
Span opgedateer in eerste pos


Posted By: Transvaal
Date Posted: 12-May-2023 at 3:01pm
Bocks het my nog glad nie beindruk nie, en met hom op 12 en Jonker langs hom kan ek nie baie driee sien van vaste fasette af nie. Die pak is solied maar daar is ook 'n paar spelers op die bank wat maar sukkel


Posted By: Transvaal
Date Posted: 12-May-2023 at 3:15pm
Cheetahs se span ook opgedateer, sien hulle fetcher speel nie maar Gideon van der Merwe is ook goed


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 12-May-2023 at 3:51pm
Enige rede hoekom ons nie met n loskakel speel nie.... 


Posted By: Transvaal
Date Posted: 12-May-2023 at 3:58pm
Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

Enige rede hoekom ons nie met n loskakel speel nie.... 

Die wat nie beseer is nie is kak


Posted By: emiel1
Date Posted: 12-May-2023 at 4:51pm
Behalwe vir die middeveld, is die beginspan moontlik sterker as wat ons in die veld gestoot het vir meeste van ons URC wedstryde. Wanneer laas het ons 'n baljagter en twee spelskepper skakels in een span gehad( Kwagga, Fav en Jantjies). Enigste bekommernis is die middeveld verdediging (Sou dalk vir hierdie rede dalk met Krappies op 10 begin het en Nohamba op 9). Ander moontlike probleem is, wie rig hierdie span af, en dan natuurlik, die kwaliteit van die bank.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 12-May-2023 at 5:42pm
Die afrigter is steeds Mziwakhe Nkosi


Posted By: Transvaal
Date Posted: 12-May-2023 at 5:44pm
Die hele agterlyn is eintlik kleinerige spelers so weet nie wat die plan is op die Cheetahs se bal nie, Nohamba kan nie op 10 staan met hulle bal nie


Posted By: Red_Machine
Date Posted: 13-May-2023 at 12:13am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Die hele agterlyn is eintlik kleinerige spelers so weet nie wat die plan is op die Cheetahs se bal nie, Nohamba kan nie op 10 staan met hulle bal nie
I was very surprised to see Nohamba playing at 10... let's see, he has many good attributes. It will all depend on whether he can put the scrum half to bed and focus on being a fly half


Posted By: Transvaal
Date Posted: 13-May-2023 at 1:56pm
20-7 vir ons rustyd, jammer oor die Cheetahs drie net voor rusryd, 20-0 sou lekker gewees het


Posted By: Transvaal
Date Posted: 13-May-2023 at 2:52pm
Goeie wen vir ons 33-26 teen die span bo aan die log. Meer URC spelers volgende week asseblief


Posted By: Transvaal
Date Posted: 14-May-2023 at 6:56am
Eerste keer sedert 2020 dat ons die Cheetahs klop


Posted By: emiel1
Date Posted: 14-May-2023 at 7:16am
Het self gedink dat ons voorlangs sou dikteer en dat die Cheetahs ons agterlangs sou sou troef. Het anders uitgewerk. Al 4 die FS se driee is deur hulle pak bewerkstellig, waar die jong George Cronje sy direkte opponent (Horn) oorskadu het. Alhoewel daar paar foute was, was Van der Berg, Nohamba en Jonker was vol planne met voorvoet bal. Ons pak sal drasties moet verbeter teen die Bulle die naweek.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 14-May-2023 at 7:32am
George Cronje was goed, maar hy en Horn het heeltemal verskillende speelstyle. Horn is meer 'n skakel en spelskepper en Cronje is direk. Waarskynlik komplimenteer Pretorius en Horn mekaar nie baie goed in 'n lostrio nie, hulle het dan 'n baie goeie 7 en 'n haker en twee slotte nodig wat baie hard werk


Posted By: monster
Date Posted: 14-May-2023 at 8:19am
Jip Pretorius skep n biedtjie van n probleem , great op turnovers, aanval en bring sy kant by verdediging. Hy kort net n fisiese teenwoordigheid


Posted By: Transvaal
Date Posted: 14-May-2023 at 9:05am
Ek dink hy het die 6-trui syne gemaak vir die afsienbare toekoms


Posted By: monster
Date Posted: 14-May-2023 at 2:12pm
Stem saam Hy is maar nog besig om
Te ontwikkel in die 15man game


Posted By: emiel1
Date Posted: 14-May-2023 at 10:05pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

George Cronje was goed, maar hy en Horn het heeltemal verskillende speelstyle. Horn is meer 'n skakel en spelskepper en Cronje is direk. Waarskynlik komplimenteer Pretorius en Horn mekaar nie baie goed in 'n lostrio nie, hulle het dan 'n baie goeie 7 en 'n haker en twee slotte nodig wat baie hard werk

Jy is heeltemal reg. Horn is 'n puik skakel tussen die voor en agterspelers, en ons aanval lyk baie meer dinamies met hom en van der Berg en Nohambla. Wat my wel pla, is dat die afgelope seisoene dit lyk of hy (Horn), verdwyn wanneer die wedstryd fisies en "close" word. Whitley, Kriel, en Kwagga was almal briljant met bal in hand, maar hulle was omtrent net so goed sonder die bal in taai wedstryde. Soos jy se, dit kan 'n geval wees van 'n ongebalanseerde lostrio, of dalk 'n sukkelend vaste vyf wat veroorsaak dat die loosies ingesuig word.



Posted By: Transvaal
Date Posted: 15-May-2023 at 10:01am
Van wat ek gesien het sal dit 'n great skuif wees om iemand soos George Cronje te koop en op 7 te speel saam met Pretorius op 6 en Horn op 8, en dan Tshituka kan roteer en 6 en 8 cover van die bank af. Hy is nie regtig 'n 7 nie


Posted By: LeeuBrul
Date Posted: 15-May-2023 at 11:28am
Ek het gelees Cronje is klaar oppad sharks toe...

-------------
Once a Lion always a lion


Posted By: gertjie0000
Date Posted: 15-May-2023 at 12:07pm
Ja hy gaan daar net soos Venter uitval en curriebeker speel in plaas van URC te speel by ander unies die sharks en bulle koop al die kompetisie en ek dink op so manier voeter hulle spelers te loopbane op.

Kyk maar wat kry die Stormers reg net deur jong spelers te onwikkel


Posted By: Transvaal
Date Posted: 15-May-2023 at 12:08pm
James Venter was oorspronklik van Durban so ek was nie verbaas dat hy terug is Sharks toe nie


Posted By: gertjie0000
Date Posted: 15-May-2023 at 2:22pm
Ja nee verstaan dit volkome Transvaal ek dink net mens kan duidelik sien dit help nie om net heeltyd spelers te koop nie kyk maar vir die sharks op die ou einde sit hulle met 4 top loskakels as n voorbeeld en net twee van hulle kry speelkans die ander twee val uit en hounop die ou einde op speel oor mins speelkans of gaan speel oorsee


Posted By: gertjie0000
Date Posted: 15-May-2023 at 2:24pm
Ek het altyd van NZ se model gehou waar daar n poel spelers is waaruit al die spanne spelers kan trek op so manier het hulle die talent bietjie meer verspry gekry


Posted By: Transvaal
Date Posted: 15-May-2023 at 2:45pm
Ja die gekopery van spelers is eintlik altyd 'n probleem want mens weet nooit of die speler se hart regtig by die Leeus is nie



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net