Print Page | Close Window

Match 7 - Leeus vs Visvoete

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: United Rugby Championship
Forum Description: United Rugby Championship
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=11590
Printed Date: 16-Jun-2024 at 10:21am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Match 7 - Leeus vs Visvoete
Posted By: Transvaal
Subject: Match 7 - Leeus vs Visvoete
Date Posted: 24-Oct-2022 at 12:32pm
Saterdag 29 Oktober 2022 op Ellispark, afskop 16:00

Referee: Cwengile Jadezweni (SARU, 4th league game)
AR 1: Morné Ferreira (SARU) 
AR 2: Stephan Geldenhuys (SARU)
TMO: Ben Crouse (SARU)

Leeus: 15. Andries Coetzee, 14. Edwill van der Merwe, 13. Henco van Wyk, 12. Marius Louw, 11. Quan Horn, 10. Jordan Hendrikse, 9. Sanele Nohamba, 8. Francke Horn, 7. Ruan Venter, 6. Emmanuel Tshituka, 5. Reinhard Nothnagel (c), 4. Willem Alberts, 3. Ruan Dreyer, 2. PJ Botha, 1. JP Smith.
Replacements: 16. Jaco Visagie, 17. Morgan Naude, 18. Ruan Smith, 19. Pieter Jansen van Vuren, 20. Sibusiso Sangweni, 21. Morne van den Berg, 22. Gianni Lombard, 23. Zander du Plessis.

Visvoete: 15 Clayton Blommetjies, 14 Angelo Davids, 13 Dan du Plessis, 12 Sacha Feinberg-Mngomezulu, 11 Leolin Zas, 10 Manie Libbok, 9 Paul de Wet, 8 Evan Roos, 7 Hacjivah Dayimani, 6 Junior Pokomela, 5 Marvin Orie, 4 Ernst van Rhyn (captain), 3 Neethling Fouche, 2 Joseph Dweba, 1 Brok Harris.
Replacements: 16 JJ Kotze, 17 Ali Vermaak, 18 Sazi Sandi, 19 Ben-Jason Dixon, 20 Willie Engelbrecht, 21 Nama Xaba, 22 Herschel Jantjies, 23 Suleiman Hartzenberg.



Replies:
Posted By: OomPB
Date Posted: 24-Oct-2022 at 12:48pm
Lekker man lekker. Kan nie sien hoe die Visvoete B span die een kan wen nie. Kort week  B span spelers in die Bok Kamp. Na 15 wenne is dit tyd om gewoond te raak aan verloor. Geniet die wen.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 24-Oct-2022 at 12:54pm
Ek sien swarigheid vir die visvoete vorentoe, na laas week se gelykop het ek al gese daar is geen manier hoe hulle weer hierdie kompetisie gaan wen hierdie jaar nie. Hopelik kan ons hulle weer klop Saterdag, so hulle het ons nog nooit in URC kon wen nie


Posted By: TunaLion
Date Posted: 24-Oct-2022 at 4:06pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ek sien swarigheid vir die visvoete vorentoe, na laas week se gelykop het ek al gese daar is geen manier hoe hulle weer hierdie kompetisie gaan wen hierdie jaar nie. Hopelik kan ons hulle weer klop Saterdag, so hulle het ons nog nooit in URC kon wen nie


As ek dit nie verkeerd het nie, het die Stormers ons reeds mos vanjaar 12-02-2022 op Ellis Park geklop... 32-10 was die telling.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 24-Oct-2022 at 4:12pm
Nou is dit twee B spanne teen mekaar.. ons speel mos eintlik heeltyd met n B span.


Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 24-Oct-2022 at 5:21pm
Stormers se span gaan nie veel verswak wees nie... basies net Vet Frans en Kitshof wat nie gaan speel nie.


Posted By: OomPB
Date Posted: 24-Oct-2022 at 6:24pm
Originally posted by Goue Leeu Goue Leeu wrote:

Stormers se span gaan nie veel verswak wees nie... basies net Vet Frans en Kitshof wat nie gaan speel nie.
en Damian Willemse en Yster Fourie


Posted By: OomPB
Date Posted: 24-Oct-2022 at 6:25pm
Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ek sien swarigheid vir die visvoete vorentoe, na laas week se gelykop het ek al gese daar is geen manier hoe hulle weer hierdie kompetisie gaan wen hierdie jaar nie. Hopelik kan ons hulle weer klop Saterdag, so hulle het ons nog nooit in URC kon wen nie


As ek dit nie verkeerd het nie, het die Stormers ons reeds mos vanjaar 12-02-2022 op Ellis Park geklop... 32-10 was die telling.
Ja daai was n moerse pak.Clap


Posted By: TunaLion
Date Posted: 24-Oct-2022 at 7:10pm
Originally posted by OomPB OomPB wrote:

Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ek sien swarigheid vir die visvoete vorentoe, na laas week se gelykop het ek al gese daar is geen manier hoe hulle weer hierdie kompetisie gaan wen hierdie jaar nie. Hopelik kan ons hulle weer klop Saterdag, so hulle het ons nog nooit in URC kon wen nie


As ek dit nie verkeerd het nie, het die Stormers ons reeds mos vanjaar 12-02-2022 op Ellis Park geklop... 32-10 was die telling.
Ja daai was n moerse pak.Clap


Omtrent, die 10 was vleiend vir ons. Dink daardie was die game (of dit was die week voor dit) waar Jacque Fourie goed die moer in was na die game en hulle gepraat het van ons spelers wat sonder hart speel. Dink sy woorde was "you cannot coach heart".


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Oct-2022 at 2:01pm
Chatting to Scrum Coach Julian Redelinghuys and Francke Horn on 25 October 2022
https://youtu.be/NJJEMsrrFPs%20" rel="nofollow - https://youtu.be/NJJEMsrrFPs


Posted By: Transvaal
Date Posted: 26-Oct-2022 at 9:41am
Cwengile Jadezweni aangewys as skeidsregter. Sou eerder iemand soos Jaco Peyper verkies het


Posted By: TunaLion
Date Posted: 26-Oct-2022 at 12:41pm
Ek sal weereens eerder enigiemand anders as Jaco Peyper wil hê. Daars 'n rede hoekom hy nie baie groot toetse kry om te ref nie (soos bevoorbeeld vanjaar se Rugby Championship) en om te dink hy is SA se "premier" ref.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 26-Oct-2022 at 12:48pm
Die ou het nog net 11 van ons wedstryde ooit geblaas, en daarvan het ons 4 gewen en 7 verloor


Posted By: Transvaal
Date Posted: 26-Oct-2022 at 12:49pm
so niemand se dis sy skuld nie, maar ons wen net 36% van die wedstryde as hy blaas


Posted By: gertjie0000
Date Posted: 26-Oct-2022 at 12:49pm
Manne ek lees die sharks het vir Phillip Lemmer by ons gekoop weet iemand of dit waar is


Posted By: gertjie0000
Date Posted: 26-Oct-2022 at 12:52pm
En weet julle manne wat het van ou Egon seconds geword die stormers vir hom n pensioen uitbetaling gegee omdat hulle hom nie meer benodig nie aangesien hulle laasjaar die URC gewen het Tongue


Posted By: Transvaal
Date Posted: 26-Oct-2022 at 2:01pm
Originally posted by gertjie0000 gertjie0000 wrote:

Manne ek lees die sharks het vir Phillip Lemmer by ons gekoop weet iemand of dit waar is

Hy is 'n afrigter so kan seker nie gekoop word nie, maar dis waar dat hy Sharks toe gaan


Posted By: gertjie0000
Date Posted: 26-Oct-2022 at 2:12pm
Ja jys reg Transvaal skies ek het vergeet gepraat hy het besluit om by die sharks te gaan afrig ek dink darem om coaches wat ons nou in die urc het doen goeie werk


Posted By: OomPB
Date Posted: 26-Oct-2022 at 6:22pm
Originally posted by gertjie0000 gertjie0000 wrote:

En weet julle manne wat het van ou Egon seconds geword die stormers vir hom n pensioen uitbetaling gegee omdat hulle hom nie meer benodig nie aangesien hulle laasjaar die URC gewen het Tongue
Hy is deesdae tmo


Posted By: OomPB
Date Posted: 26-Oct-2022 at 6:24pm
Originally posted by OomPB OomPB wrote:

Originally posted by Goue Leeu Goue Leeu wrote:

Stormers se span gaan nie veel verswak wees nie... basies net Vet Frans en Kitshof wat nie gaan speel nie.
en Damian Willemse en Yster Fourie
en Moerat en Roos.

Net Libbok en Mongoolzulu is beskikbaar.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 27-Oct-2022 at 9:43am
Span opgedateer in eerste pos, presies dieselfde as span wat teen Glasgow sou speel, behalwe Morgan Naude in Sti se plek op die bank, Sti het harsingskudding opgedoen in 'n oefen sessie in die week


Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Oct-2022 at 11:45am
Visvoete sukkel seker om 'n span bymekaar te kry want hulle het 9 bokke.


Posted By: OomPB
Date Posted: 28-Oct-2022 at 1:06pm
DHL Stormers: 15 Clayton Blommetjies, 14 Angelo Davids, 13 Dan du Plessis, 12 Sacha Feinberg-Mngomezulu, 11 Leolin Zas, 10 Manie Libbok, 9 Paul de Wet, 8 Evan Roos, 7 Hacjivah Dayimani, 6 Junior Pokomela, 5 Marvin Orie, 4 Ernst van Rhyn (captain), 3 Neethling Fouche, 2 Joseph Dweba, 1 Brok Harris.
Replacements: 16 JJ Kotze, 17 Ali Vermaak, 18 Sazi Sandi, 19 Ben-Jason Dixon, 20 Willie Engelbrecht, 21 Nama Xaba, 22 Herschel Jantjies, 23 Suleiman Hartzenberg.


Posted By: OomPB
Date Posted: 28-Oct-2022 at 1:09pm
Die losvoorspelers kombinasie is verkeerd, kort slotte. Stormers gaan heeltyd opvang rugby speel. Dobson het te veel gechop en change terwyl die Leeus lekker kombinasies opgebou het. 


Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 29-Oct-2022 at 12:13pm
Steeds 'n goeie stormers span


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 29-Oct-2022 at 3:52pm
Stem, ons gaan moet buite ons velle moet speel. 


Posted By: Transvaal
Date Posted: 29-Oct-2022 at 3:57pm
Ons moet maar net speel soos ons die laaste maand speel, dan is ek gelukkig. Alles voluit, en met goeie dissipline.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 29-Oct-2022 at 3:59pm
Boeboes moet ook leer om aansluiting te vind by spelers as hy so aan die hardloop gaan van agter af, as hy net 'n aangee kan wegkry sal dit dodelik wees, maar hy hardloop elke keer in die verdedigers in en dit werk nooit goed uit vir ons nie


Posted By: Transvaal
Date Posted: 29-Oct-2022 at 4:01pm
#URC - #Lions 0 vs #Stormers 0 - Afskop!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 29-Oct-2022 at 4:04pm
#URC - #Lions 3 vs #Stormers 0 - 2m - Strafskop Jordan Hendrikse


Posted By: Transvaal
Date Posted: 29-Oct-2022 at 4:07pm
#URC - #Lions 6 vs #Stormers 0 - 5m - Strafskop Jordan Hendrikse


Posted By: Transvaal
Date Posted: 29-Oct-2022 at 4:11pm
#URC - #Lions 6 vs #Stormers 5 - 9m - DRIE Angelo Davids


Posted By: Transvaal
Date Posted: 29-Oct-2022 at 4:12pm
#URC - #Lions 6 vs #Stormers 7 - 11m - DOELSKOP Manie Libbok


Posted By: Transvaal
Date Posted: 29-Oct-2022 at 4:18pm
#URC - #Lions 9 vs #Stormers 7 - 16m - STRAFSKOP Jordan Hendrikse


Posted By: Lion1986
Date Posted: 29-Oct-2022 at 4:25pm
kan ons asb iewers n hakker koop


Posted By: Transvaal
Date Posted: 29-Oct-2022 at 4:28pm
wat het ek gese van dissipline...


Posted By: Transvaal
Date Posted: 29-Oct-2022 at 4:29pm
#URC - #Lions 9 vs #Stormers 10 - 22m - STRAFSKOP Manie Libbok


Posted By: Transvaal
Date Posted: 29-Oct-2022 at 4:31pm
#URC - #Lions 12 vs #Stormers 10 - 24m - STRAFSKOP Sanele Nohamba


Posted By: Transvaal
Date Posted: 29-Oct-2022 at 4:38pm
#URC - #Lions 15 vs #Stormers 10 - 31m - STRAFSKOP Sanele Nohamba


Posted By: Transvaal
Date Posted: 29-Oct-2022 at 4:40pm
Het julle Alberts se tackle op Zas gesien? LOL!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 29-Oct-2022 at 4:43pm
#URC - #Lions 20 vs #Stormers 10 - 36m - DRIE Henco van Wyk


Posted By: Transvaal
Date Posted: 29-Oct-2022 at 4:44pm
#URC - #Lions 22 vs #Stormers 10 - 37m - DOELSKOP Jordan Hendrikse


Posted By: Lion1986
Date Posted: 29-Oct-2022 at 4:46pm
Ons exits is ook swak.



Posted By: Lion1986
Date Posted: 29-Oct-2022 at 4:47pm
Maar ons defence red ons darem


Posted By: Transvaal
Date Posted: 29-Oct-2022 at 5:00pm
nou gee ons weer 'n sagte strafskop af reg in die begin van die 2de helfte


Posted By: Lion1986
Date Posted: 29-Oct-2022 at 5:14pm
Daar kos ons Hakker ons weer, shocking 


Posted By: Transvaal
Date Posted: 29-Oct-2022 at 5:18pm
#URC - #Lions 22 vs #Stormers 15 - 54m - DRIE Sacha Feinberg-Mngomezulu


Posted By: Transvaal
Date Posted: 29-Oct-2022 at 5:18pm
#URC - #Lions 22 vs #Stormers 17 - 56m - DOELSKOP Manie Libbok


Posted By: Transvaal
Date Posted: 29-Oct-2022 at 5:36pm
#URC - #Lions 22 vs #Stormers 22 - 69m - DRIE Clayton Blommetjies


Posted By: Transvaal
Date Posted: 29-Oct-2022 at 5:37pm
#URC - #Lions 22 vs #Stormers 24 - 69m - DOELSKOP Manie Libbok


Posted By: TunaLion
Date Posted: 29-Oct-2022 at 5:37pm
Hierdie ref is bad. Ek sluk my woorde van vroeer hierdie week. Jammer Transvaal.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: monster
Date Posted: 29-Oct-2022 at 5:39pm
WP is die beter span


Posted By: TunaLion
Date Posted: 29-Oct-2022 at 5:41pm
Daar gee die ref hulle 'n penalty, waar by seker 3 vorige skrums hy geweier het om ons die penalty te gee.



-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Lion1986
Date Posted: 29-Oct-2022 at 5:42pm
Ons kan nie oor die ref kla, as ons die n basies lynstaan bal kan ingooi nie


Posted By: Transvaal
Date Posted: 29-Oct-2022 at 5:43pm
#URC - #Lions 22 vs #Stormers 29 - 75m - DRIE Nama Xaba


Posted By: Transvaal
Date Posted: 29-Oct-2022 at 5:44pm
#URC - #Lions 22 vs #Stormers 31 - 76m - DOELSKOP Manie Libbok


Posted By: Transvaal
Date Posted: 29-Oct-2022 at 5:51pm
Ons was ongelukkig nerens in die tweede helfte...seker ook 'n groot fout gewees om op 22-17 nie vir pale met die strafskop te gaan nie, maar ons was baie swak in die 2de helfte


Posted By: Lion1986
Date Posted: 29-Oct-2022 at 5:51pm
Patetiesie verloor. Hoe lank gaan ons nog met Cash sit? Daar is geen dissipline nie.
Hoe lank gaan hul n club vlak hakker begin.
Ons het n gevaarlike agterlyn, maar ons gebruik hul nie.
Niks gaan verander terwyl Cash daar is nie.


Posted By: gertjie0000
Date Posted: 29-Oct-2022 at 5:51pm
Groot flater om die bal te getik het daar ons kon pale toe gegaan het binne 7 gewees het en dan sou daar nog tyd vir n afskop gewees het, ons het nie gespeel die tweede helfte nie was asof ons die gevat het ons is ver voor hoef nie verder te speel nie


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 29-Oct-2022 at 5:52pm
Geen momentum weer gekry nie. Forward pass vir die 2de laaste drie en meer as 30s gesteel hier op die einde. Ons is nie street smart nie. Paar manne was te stil vandag, gaan moet vinnig wakker word.


Posted By: gertjie0000
Date Posted: 29-Oct-2022 at 5:55pm
Pabzor praat jy van die conversion van Libbok want hy het reggestaan om te skop toe staan jy omtrent 45 sekondes voor hy skop hy het omtrent n minuut en n half gevat van hy die bal gestel het


Posted By: gertjie0000
Date Posted: 29-Oct-2022 at 5:56pm
Dit was dalk nie net die reg wat gemaak het dat ons verloor het nie maar die ou hoort nie op die vlak nie hy is volgens my net op vodacom cup vlak lyk my hy is Egon Seconds se replacement as ons teen die stormers speel 


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 29-Oct-2022 at 5:58pm
Originally posted by gertjie0000 gertjie0000 wrote:

Pabzor praat jy van die conversion van Libbok want hy het reggestaan om te skop toe staan jy omtrent 45 sekondes voor hy skop hy het omtrent n minuut en n half gevat van hy die bal gestel het

Daai ook, ek praat van die goal line drop, ook daar gesteel.


Posted By: OomPB
Date Posted: 29-Oct-2022 at 6:08pm
Om die ref te blameer na n verloor klink soos  suur druiwe. Stormers  se bench en Xaba was die verskil.  Stormers  het nog sonder 5 Bokke gespeel, so daar is n moerse verskil tussen die spanne. 


Posted By: gertjie0000
Date Posted: 29-Oct-2022 at 6:16pm
Nee Oompbons vat dit sooa n man het nie gese die ref was die verskil nie ons het al in die week gekla oor die ref wat nie baie goed is nie ek voel net as hy vir die leeus teen die stormers kan blaas dan kan hulle dat hy n groor wedstryd soos Leinster teen Munster of so wedstryd blaas maar hulle sal nie want hy is nie goed genoeg nie 


Posted By: gertjie0000
Date Posted: 29-Oct-2022 at 6:19pm
En well done Oompb julle bank was die verskil vandag


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 29-Oct-2022 at 6:25pm
Originally posted by OomPB OomPB wrote:

Om die ref te blameer na n verloor klink soos  suur druiwe. Stormers  se bench en Xaba was die verskil.  Stormers  het nog sonder 5 Bokke gespeel, so daar is n moerse verskil tussen die spanne. 

Julle is nie verniet die champs nie. Jy is reg, daar is n moerse verskil, ek dink oor die algemeen was die ref in die ballpark, maar hoeveel keer het Dweba skeef gegooi? Daai forward pass was ook swak om nie te gesien het nie? Vat niks weg van julle nie, ons was nerens in die 2de helfde nie.


Posted By: OomPB
Date Posted: 29-Oct-2022 at 6:28pm
Originally posted by gertjie0000 gertjie0000 wrote:

En well done Oompb julle bank was die verskil vandag
Dankie Boet. Die ref is kak albei kante toe.


Posted By: TunaLion
Date Posted: 29-Oct-2022 at 6:38pm
Originally posted by OomPB OomPB wrote:

Om die ref te blameer na n verloor klink soos  suur druiwe. Stormers  se bench en Xaba was die verskil.  Stormers  het nog sonder 5 Bokke gespeel, so daar is n moerse verskil tussen die spanne. 


Lol, asof ek omgee wat jy dink LOL


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: TunaLion
Date Posted: 29-Oct-2022 at 6:42pm
Ons was takties nerens in die tweede helfte. Nohamba het 'n groot af dag gehad voel ek. Dit is waar ek persoonlik voel die ref ons ook beinvloed het, met 3 skrums en met daardie een breuk van ons waar Nohamba rightly or wrongly in die Weepee speler gepass het moes ons strafskoppe kry. Dit sou ons baie gehelp het met die territory game. Dan voel ek die drie van die een Smith broer het baie duidelik gelyk of dit gegee moes word.

Weepee het ook baie beter gespeel in die tweede helfte. Hoe Roos net een Bok game al gespeel het verbaas my elke keer wat ek hom sien speel en dan het Libbok en Blommetjies ook die game goed beheer vir die Weepee.

Ons lynstane is ook pateties verby en ek wens regtig ons kan dit somehow net uitsort, want dit begin ons ook erg kos.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: emiel1
Date Posted: 29-Oct-2022 at 7:15pm
Beide spanne het met hul lynstane gesukkel, en die Stormers het in die eerste helfde lusteloos gelyk.

Met al die gebiedvoordeel en balbesit wat die Leeus voorspelers in die eerste helfde bewerkstelig het, moes hulle meer produktief gewees het as net een skamele drie en 'n paar strafskoppe. 

Sonder 'n erkende baljagter lyk ons losvoorspelers een dimensioneel, terwyl ons geen spelkeppers in die 10 en 12 posisies het wat buite agterspelers in posisie kan sit nie.

Met goeie fiksheid en spangees kan ons hiermee wegkom teen die Waliese en  Italiaanse spanne, en selfs teen 'n goeie span soos Edinburg, kan 'n spelbreker soos Henco van Wyk dit in ons guns swaai.

Geen span kan sonder spangees in fiksheid sukses behaal nie, maar dit kan jou net so ver bring. Die verskil vandag was kawaliteit diepte (selfs sonder die Stormers se Bokke) 


Posted By: OomPB
Date Posted: 29-Oct-2022 at 7:53pm
Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Originally posted by OomPB OomPB wrote:

Om die ref te blameer na n verloor klink soos  suur Winkdruiwe. Stormers  se bench en Xaba was die verskil.  Stormers  het nog sonder 5 Bokke gespeel, so daar is n moerse verskil tussen die spanne. 


Lol, asof ek omgee wat jy dink LOL

Jy beter.Wink 


Posted By: Transvaal
Date Posted: 29-Oct-2022 at 8:08pm
Stormers coach John Dobson after his team's URC win over the Lions on 29 October 2022
https://youtu.be/K2GJPglwf00%20" rel="nofollow - https://youtu.be/K2GJPglwf00


Posted By: Transvaal
Date Posted: 29-Oct-2022 at 8:11pm
Lions coach Ivan van Rooyen after Lions loss in URC match vs Stormers on 29 October 2022
https://youtu.be/HyOsmCv-z3M%20" rel="nofollow - https://youtu.be/HyOsmCv-z3M


Posted By: TunaLion
Date Posted: 29-Oct-2022 at 8:45pm
Originally posted by OomPB OomPB wrote:

Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Originally posted by OomPB OomPB wrote:

Om die ref te blameer na n verloor klink soos  suur Winkdruiwe. Stormers  se bench en Xaba was die verskil.  Stormers  het nog sonder 5 Bokke gespeel, so daar is n moerse verskil tussen die spanne. 


Lol, asof ek omgee wat jy dink LOL

Jy beter.Wink 


Iemand soek aandag.... hier is so bietjie vir jou, shame LOLTongue


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: valie
Date Posted: 29-Oct-2022 at 11:27pm
Ons game was nog altyd ge Asser op n goeie setpiece en vandag het ons gesukkel in die skrums sowel as die lynstane. Louw het nie een keer van n skrum af op Libbok afgehardloop nie. Dis asof ons elke keer die grootste defender gesoek het om op af te hardloop. Dan het ek so omtrent 5 kere opgetel waar hulle defenders onkant gegaan het en weggekom het met dit, veral in die 2 die helfte.


Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 30-Oct-2022 at 7:57am
Ons bank was ook 'n probleem. Het vir Sti gemis. Waar is Ruben Schoeman? Sangweni bring maar min in games teen sterk spanne en Ruan Smith kry te gereeld swaar op vaskop. Ons 2 losskakels het vandag nie goed geskop uit die hand uit nie en ons het nie Boeboes se linkervoet en Hendrikse se regtervoet slim gebruik nie... Hulle albei het 'n paar keer uit ons gebied kantlyn toe geskop met geen hoek (Boeboes teen die linker kantlyn en Hendrikse teen die regter kantlyn). En wie was so bright om 'n tikskop aan die einde te vat toe ons nie meer kon wen nie, maar wel kon oorskop vir 'n bonuspunt??


Posted By: Leeubok
Date Posted: 30-Oct-2022 at 8:16am
Ek het na ons oorsese toer gese ons moet nou net ons home games begin wen. LOL, 2 tuis verlore later nou.. Dalk moet ons maar vra om al ons games weg te gaan speel!

Om teen SA opposisie te verloor na ons so ver voor was halftyd maak seer. Baie seer


Posted By: valie
Date Posted: 30-Oct-2022 at 8:22am
Ons pod voorspelers het ook heeltyd van 9 af gespeel, en dit waar hulle ons ingewag het met double hits. Dis hoekom ons in die 2de helfte gesukkel het om oor die voordeellyn te kom.


Posted By: OomPB
Date Posted: 30-Oct-2022 at 8:52am
Originally posted by valie valie wrote:

Ons game was nog altyd ge Asser op n goeie setpiece en vandag het ons gesukkel in die skrums sowel as die lynstane. Louw het nie een keer van n skrum af op Libbok afgehardloop nie. Dis asof ons elke keer die grootste defender gesoek het om op af te hardloop. Dan het ek so omtrent 5 kere opgetel waar hulle defenders onkant gegaan het en weggekom het met dit, veral in die 2 die helfte.
Dis nie asof die Stormers se pak beter was nie. Ernst van Rhyn was nog altyd n passasier en glad nie n slot nie. Dweba was uiters pateties en speel net op n naam.  JJ Kotze, Xaba en ons bank het als omgedraai. Die Stormers speel lekker hardloop rugby as hulle die bal kry. 

Die Stormers en Leeus is die SA spanne wat jong spelers deurbring en soos n span speel. Dobson is n goeie afrigter en wondere verrig met spelers.


Die Bulle en Sharks koop spelers wat duur is en n goeie pensioen soek. Ek weet nie wie ek wil he moet wen vanmiddag nie.


Posted By: Lion1986
Date Posted: 30-Oct-2022 at 10:58am
Die Stormers het ook n Hoofafrigter. Die assistant coaches kan ook net soveel doen.


Posted By: gertjie0000
Date Posted: 30-Oct-2022 at 8:12pm
As ek so na die Sharks se game teen die bulle gekyk het lyk dit verseker asof verlede week se wedstryde wat afgestel is was nie goed vir ons of die sharks gewees nie ons momentum gebreuk


Posted By: Transvaal
Date Posted: 31-Oct-2022 at 6:16pm
Fotos van die Stormers wedstryd saterdag:
https://www.facebook.com/media/set/?vanity=100059272279785&set=a.597185455600525" rel="nofollow - https://www.facebook.com/media/set/?vanity=100059272279785&set=a.597185455600525



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net