Print Page | Close Window

Match 1 - Lions vs Bulls

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: United Rugby Championship
Forum Description: United Rugby Championship
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=11531
Printed Date: 06-May-2025 at 7:13am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Match 1 - Lions vs Bulls
Posted By: Transvaal
Subject: Match 1 - Lions vs Bulls
Date Posted: 12-Sep-2022 at 1:37pm
Saterdag 17 September 2022 op Ellispark, afskop 16:05

Referee: AJ Jacobs
AR1: Cwengile Jadezweni
AR2: Griffin Colby
TMO: Marius van der Westhuizen

Leeus: 15. Andries Coetzee, 14. Edwill van der Merwe, 13. Henco van Wyk, 12. Marius Louw, 11. Quan Horn, 10. Jordan Hendrikse, 9. Morne van der Berg, 8. Francke Horn, 7. Ruhan Straeuli, 6. Sibusiso Sangweni, 5. Reinhard Nothnagel (c), 4. Ruan Venter, 3. Ruan Dreyer, 2. PJ Botha, 1. Sti Sithole.
Replacements: 16. Jaco Visagie, 17. JP Smith, 18. Ruan Smith, 19. Pieter Jansen van Vuuren, 20. Emmanuel Tshituka, 21. Sanele Nohamba, 22. Gianni Lombard, 23. Zander du Plessis.

Bulle: 15. Wandisile Simelane, 14. Cornal Hendricks, 13. Lionel Mapoe, 12. David Kriel, 11. S’bu Nkosi, 10. Chris Smith, 9. Embrose Papier; 8. Mihlali Mosi, 7. Ruan Vermaak, 6. Marcell Coetzee (Capt), 5. Ruan Nortje, 4. Walt Steenkamp, 3. Mornay Smith, 2. Johan Grobbelaar, 1. Gerhard Steenekamp.
Replacements: 16. Jan-Hendrik Wessels, 17. Dylan Smith, 18. Francois Klopper, 19. Janko Swanepoel, 20. Marco van Staden; 21. Zak Burger, 22. Morne Steyn, 23. Stedman Gans.



Replies:
Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 13-Sep-2022 at 9:45am
Hoop ons gee hulle darem 'n "go" die keer ... Laaste paar wedstryde teen hulle was ons glad nie in die prentjie nie... in beide URC en Curriebeker.


Posted By: monster
Date Posted: 13-Sep-2022 at 10:10am
Jip n nuwe seisoen  kom ons hoop maar vir die beste.

Ek kon die oefen wedstryd teen die Sharks kyk ek het voor die wedstryd gaan geld trek en by die teller was JP Smith besig om geld te trek. Uit sy eie uit begin hy met my praat. Ek moet sê watte aangename persoonlikheid, hy het sy toon gebreuk en kon nie speel nie maar hy behoort komende saterdag reg te wees.

Twee dinge wat ek opgemerk het , in sy oë kon ek sien hy brand om te speel en is baie teleurgestel hy is beseer (al is dit net n oefen game) en verder moet ek sê hy lyk in fantastiese kondisie, atleties gebou, as ek nie geweet het nie sou ek nooit kon raai hy is n stut nie. Dit is nogal snaak dat dinge op TV tog so biedtjie anders lyk.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 13-Sep-2022 at 10:11am
hy was verseker een van ons beter kopies, ek geniet sy spel baie


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 13-Sep-2022 at 2:43pm
Ook een van my favourites


Posted By: valie
Date Posted: 13-Sep-2022 at 3:30pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

hy was verseker een van ons beter kopies, ek geniet sy spel baie
Stem, en lyk my hy en sy broer is nogal 2 karakters. Somtyds is dit net wat jy nodig het om die beste uit die jong outjies te haal.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 14-Sep-2022 at 10:46am
wedstrydbeamptes opgedateer


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 14-Sep-2022 at 12:09pm
Ons gaan seker nie voor Vrydag weet wie in die span is nie?



Posted By: Transvaal
Date Posted: 14-Sep-2022 at 12:17pm
Seker Donderdag of Vrydag


Posted By: Transvaal
Date Posted: 14-Sep-2022 at 12:43pm
Nou net whatsapp gekry dat ons die span Donderdag 9 uur kry


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 14-Sep-2022 at 4:18pm
Hulle het seker hier kom lees.. :)


Posted By: Red_Machine
Date Posted: 14-Sep-2022 at 5:44pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

wedstrydbeamptes opgedateer
ons het die "bottom of the barrel" beamptes gekry


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 14-Sep-2022 at 6:07pm
Originally posted by Red_Machine Red_Machine wrote:

Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

wedstrydbeamptes opgedateer
ons het die "bottom of the barrel" beamptes gekry

AJ is nie te bad nie. Vat hom bo ons ander narre. Sien nou eers
die hofnar is die TMO, phok.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 15-Sep-2022 at 9:05am
span nou eers 10:30 aangekondig


Posted By: Transvaal
Date Posted: 15-Sep-2022 at 10:56am
Span opgedateer in eerste pos


Posted By: Leeubok
Date Posted: 15-Sep-2022 at 11:31am
Nie 'n sleg span op papier nie. Kom ons kyk maar hoe gaan dit


Posted By: Chris
Date Posted: 15-Sep-2022 at 12:13pm
Wil julle vir my se Kriel is al klaar weer beseer?


Posted By: Transvaal
Date Posted: 15-Sep-2022 at 1:23pm
Iemand op twitter se sy knie is erg gestrap. Moet iets nuuts wees want hy het sy arm in die eerste URC seisoen beseer, ek onthou dit goed, iemand het hom by 'n ruck geclean met die kop teen sy arm en dit was die einde van sy siesoen


Posted By: Chris
Date Posted: 15-Sep-2022 at 1:46pm
Hopelik is dit nie iets ernstig nie. Voel of Kriel die laaste paar seisoene ook net heeltyd beseer is.


Posted By: monster
Date Posted: 15-Sep-2022 at 2:06pm
Die strappings om sy knie is maar dieselfe swart kous waarmee hy einde van die vorige seisoen gespeel het , lyk soos n swart kous wat die hele been bedek


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 15-Sep-2022 at 2:34pm
Hoe is Ruhan nou weer in die begin span? Ruben is seker nog op Honeymoon.. 


Posted By: Transvaal
Date Posted: 15-Sep-2022 at 2:43pm
Ek het gaan kyk, net 4 spelers in die begin XV begin in dieselfde posisies as ons laaste URC wedstryd teen Benetton, dis PJ Botha, Nothnagel, vd Berg en Hendrikse


Posted By: Transvaal
Date Posted: 15-Sep-2022 at 2:45pm
Van die skuiwe is egter posisioneel, soos vd Merwe (linkervleuel na regtervleuel), Quan Horn(heelagter na linkervleuel), Francke Horn ( flank na agtsteman)


Posted By: Transvaal
Date Posted: 15-Sep-2022 at 2:48pm
o hel, ons laaste wedstryd was nie teen Benetton nie, sal weer moet tel



Posted By: Transvaal
Date Posted: 15-Sep-2022 at 2:50pm
okay 8 is dieselfde, met 2 posisionele skuiwe. So 7 veranderings en 2 is posisioneel


Posted By: Red_Machine
Date Posted: 16-Sep-2022 at 9:25am
Ek kan nie verataan hoe PJ voor Visagie gekies word nie???? Of is dit n Mbonabi/Marx situasie waar jy jou beste op die bank los net vir ingeval


Posted By: Transvaal
Date Posted: 16-Sep-2022 at 9:33am
Visagie se ingooie is beter maar Botha se algemene spel is lekker


Posted By: Transvaal
Date Posted: 16-Sep-2022 at 9:33am
Ek dink daar is min te kies tussen die twee


Posted By: monster
Date Posted: 16-Sep-2022 at 9:46am
Vir my het PJ beter en beter begin speel na die einde vd seisoen aan die begin vd vorige seisoen was hy below par

Jaco is average


Posted By: Transvaal
Date Posted: 16-Sep-2022 at 11:50am
Bulle se span opgedateer


Posted By: valie
Date Posted: 16-Sep-2022 at 11:53am
Dis 'n bitter goeie Bulls span daai! Hulle het n solid pak. as hulle voorlangs gaan domineer is dit nag vir ons...


Posted By: Leeubok
Date Posted: 16-Sep-2022 at 1:59pm
Originally posted by valie valie wrote:

Dis 'n bitter goeie Bulls span daai! Hulle het n solid pak. as hulle voorlangs gaan domineer is dit nag vir ons...

Um, ja, ek trek my woorde terug van ons is 'n goeie span op papier. DAAI is 'n goeie span op papier, wat afgerig word deur 'n WC winning coach! 

Dit sal 'n braaf man vat om teen 'n bulls wen te bet. 


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 16-Sep-2022 at 9:52pm
Dit gaan net gaan oor die voordeellyn. En 'the bounce of the ball'. As ons goed verdedig gaan ons genoeg druk hul kan sit.

-------------
Up the Vaal!


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 16-Sep-2022 at 10:07pm
Originally posted by Red_Machine Red_Machine wrote:

Ek kan nie verataan hoe PJ voor Visagie gekies word nie???? Of is dit n Mbonabi/Marx situasie waar jy jou beste op die bank los net vir ingeval
Beide sal goed vaar in hul rolle. PJ weet natuurlik hy moet uit sy vel speel vir Bok toekoms.



-------------
Up the Vaal!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 12:10pm
Niemand gee ons 'n kans nie, nie eers ek nie, so kom ons hoop vir 'n groot upset


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 17-Sep-2022 at 12:50pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Niemand gee ons 'n kans nie, nie eers ek nie, so kom ons hoop vir 'n groot upset

Het my trui vir die eerste keer aan van 2019 af. Hoop maar dit help!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 3:37pm
#URC - #Lions 0 vs #Bulls 0 - Afskop oor 30 minute!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 4:08pm
#URC - #Lions 0 vs #Bulls 0 - Afskop!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 4:09pm
Hendrikse sit na hy die up and under probeer vat het


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 4:09pm
weer op


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 4:14pm
#URC - #Lions 0 vs #Bulls 5 - 3m - Drie Marcell Coetzee


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 4:14pm
#URC - #Lions 0 vs #Bulls 7 - 4m - Doelskop Chris Smith


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 4:17pm
Goeie eerste skrum vir die Leeus, strafskop


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 4:17pm
#URC - #Lions 3 vs #Bulls 7 - 7m - Strafskop Jordan Hendrikse


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 4:19pm
paar goeie duikslae deur die leeus


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 4:29pm
nog 'n goeie duikslag op 8 en hy is nie meer lus vir speel nie


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 4:33pm
#URC - #Lions 3 vs #Bulls 10 - 20m - Strafskop Chris Smith


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 4:36pm
#URC - #Lions 3 vs #Bulls 15 - 22m - Drie Cornal Hendricks


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 4:37pm
bietje unlucky daar maar goeie drie vir die Bulle


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 4:47pm
goeie lynskop van Boeboes !


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 4:49pm
#URC - #Lions 8 vs #Bulls 15 - 33m - Drie Francke Horn


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 4:54pm
Strafskop van Hendrikse links verby


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 4:58pm
Skeef ingegooi op die Bulle se 5 meter lyn


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:01pm
15-8 halftyd. Leeus se verdediging en dringendheid op verdediging beindruk. Paar goeie mauls ook, eerste skrum was ons sin maar baie gelykop daarna. Op die aanval lyk dit maar asof hulle ons te maklik stop


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:06pm
Daai laaste strafskop was op Jordan se regtervoet, sou waarskynlik beter gewees het om vir die 3 punte te gaan, maar 7 punte kon dit ook gelykop maak. Moeilike een


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:08pm
Ons is in die ding, hoop van ons touches gaan tot hand, die paar double tackles was vreeslik lekker….. hou so aan


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:09pm
Ek hou van die intensiteit waarmee ons speel, kom ons hou so aan vir die volgende 40 minute en die hele seisoen asseblief


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:16pm
#URC - #Lions 13 vs #Bulls 15 - 43m - Drie Marius Louw


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:16pm
#URC - #Lions 15 vs #Bulls 15 - 44m - Doelskop Jordan Hendrikse


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:19pm
#URC - #Lions 15 vs #Bulls 18 - 47m - Strafskop Chris Smith


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:19pm
Hele nuwe voorry vir die Leeus


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:24pm
Bietjie dom strafskop daar afgestaan


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:29pm
Pieter Jansen van Vuuren op vir die Leeus op slot


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:30pm
Ek dink ons het die Bulle dalk effens ingesuig in 'n los spel...


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:32pm
Zander du Plessis ook op vir die Leeus


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:34pm
ons het nou 'n rits strafskoppe afgestaan


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:34pm
#URC - #Lions 15 vs #Bulls 21 - 59m - Strafskop Chris Smith


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:36pm
nohamba op


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:41pm
#URC - #Lions 15 vs #Bulls 24 - 65m - Strafskop Chris Smith


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:43pm
Tshituka op


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:47pm
Lombard ook op


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:48pm
so ons hele bank is nou op, 10 om te gaan en ons is 9 punte agter


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:52pm
#URC - #Lions 15 vs #Bulls 29 - 72m - Drie Bulle


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 5:53pm
#URC - #Lions 15 vs #Bulls 31 - 72m - Doelskop Morne Steyn


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 6:02pm
Bulle wen 31-15


Posted By: Lion1986
Date Posted: 17-Sep-2022 at 6:06pm
Iemand moet my tog verduidelik wat Strauli se seun in rugby soek.


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 17-Sep-2022 at 6:34pm
Wat kan mens nou sê.. Die Bulle reken hulle het n slegte wedstryd gehad.. ek lag maar net.. Hoe is Marcell nowhere man of the match? Blaas daai rook in hul gatte op. Ek is teleurgesteld dat ons nie gewen het nie, dit was n gulde geleentheid gewees. Die ouens was moeg na 60, hoop maar dit verbeter. Ons gaan probleme hê as Ruan Smith nie sy skrum voete vind nie.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 11:21pm
Lions coach Ivan van Rooyen after his team's defeat to Bulls in URC
https://youtu.be/mlId9ZCzcwE%20" rel="nofollow - https://youtu.be/mlId9ZCzcwE


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Sep-2022 at 11:24pm
Bulls coach Jake White after his team's win over Lions in URC
https://youtu.be/JrrY7qukrRA%20" rel="nofollow - https://youtu.be/JrrY7qukrRA


Posted By: valie
Date Posted: 18-Sep-2022 at 4:06pm
Ek het nounet weer die wedstryd gekyk.
Paar goed wat ek opgetel het:
1. Ons mauls lyk baie goed. 
2. Ons het met tye die spel mooi afgewissel.
3. Onnodige strafskoppe en hanteerfoute het ons gekos.
4. Skrums was swak in die 2de helfte.
5. Ons "physicality".was goed - ons het vir lang tye die bulle onder druk gehad omdat ons die collisions gewen het.
6. Ons verdediging was glad nie sleg nie.

Party kla oor Boeboes se spel, maar vir my was hy baie solid.
As ons hard aan ons skrums werk, en ophou om onnodige foute te maak, dink ek die span kan eintlik goed raak. 


Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 18-Sep-2022 at 6:31pm
Leeus se siekte van die laaste paar jaar het ons weer duur gekos... Onnodige hanteerfoute en verloor balle in kontak. Help nie jy laat die hele tyd die opponente so maklik van die hoek af nie. 


Posted By: OomPB
Date Posted: 18-Sep-2022 at 7:24pm
Originally posted by Lion1986 Lion1986 wrote:

Iemand moet my tog verduidelik wat Strauli se seun in rugby soek.

LOL het ook oor daai gewonder.


Posted By: OomPB
Date Posted: 18-Sep-2022 at 7:27pm
Leeus het nou n nuwe stormram gekoop ten duurste. Sad dat n speler soos Edwill van der Merwe so vermors word.Hy moet maar terugkom huis toe.


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 18-Sep-2022 at 8:37pm
Originally posted by OomPB OomPB wrote:

Leeus het nou n nuwe stormram gekoop ten duurste. Sad dat n speler soos Edwill van der Merwe so vermors word.Hy moet maar terugkom huis toe.

Hy en Quan kort baie bal, dit is rerig n issue met Boeboes terug, sal maar sien wat gebeur. 


Posted By: Chris
Date Posted: 19-Sep-2022 at 7:19am
Die 2 Smith boeties het n paar onodige strafskoppe afgestaan net toe hulle opgekom het. Dit het ons goeie momentum heeltemal gestop. Mens kon sien hulle wou baie fisies wees, maar hulle was te "over eager"


Posted By: monster
Date Posted: 19-Sep-2022 at 7:31am
Swak skop werk pale toe, onodige strafskoppe (tekkel spelers sonder die bal) en swak skrum werk na die einde vd tweede helfde , het ons die game gekos


Posted By: Leeubok
Date Posted: 19-Sep-2022 at 7:55am
Ek kon net die 1ste helfde kyk, en al het ons agter geloop was ek nogals impressed. Verdediging was baie goed, en soos iemand al genoem het ons het al die collisions gewen. Op aanval het dit 'n paar keer gelyk of ouens geen plan het nie. 

Francke Horn het my nogals aan WW laat dink met daai scrumcap op. Baie energiek en het nogal beindruk.

Ek het probeer uitkyk vir Rudolf se seun maar het hom nie rerig veel gesien iets doen nie


Posted By: Chris
Date Posted: 19-Sep-2022 at 9:10am
Dis juis een van die Smith broers gewees wat daardie tackle sonder die bal gemaak het. Ek verstaan 100% as jy n impak wil maak en jou merk maak, maar moenie dom foute maak wat jou span gan kos nie.


Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 19-Sep-2022 at 9:46am
Een goeie ding wat baie ooglopend was... Die spelers het almal baie passievol oorgekom, selfs die nuwe ouens. Dit het regtig gelyk of hulle oorlog toe sal gaan vir mekaar en vir die trui. Nou moet daardie passie en intensiteit net bietjie beter beheer en gekanaliseer word.


Posted By: Leeubok
Date Posted: 19-Sep-2022 at 10:02am
Ek wou dit nie noem nie, maar die 1ste helfde het ek nogals by myself gedink die ref maak n paar foute, almal teen ons. Toevallig sien ek nou hierdie video op YouTube. Hy was eintlik uiters swak! 

https://youtu.be/dige-nEF59I" rel="nofollow - https://youtu.be/dige-nEF59I


Posted By: Blou
Date Posted: 19-Sep-2022 at 11:12am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

paar goeie duikslae deur die leeus

Julle het baie goed verdedig in die begin


Posted By: gertjie0000
Date Posted: 19-Sep-2022 at 11:34am
Shoe Leeubok het daai video gekyk wat jy gepost het en mens kan aanvaar die ref kan hier en daar iets mis maar shoe hy het n shocker gehad hoe se jy onfield try as jy nie eers die bal op die grond kan sien nie


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Sep-2022 at 11:40am
Die string strafskoppe in die laaste 20 minute het ons gekos, maar ek het ook in elk geval nie voor die tyd ons 'n kans gegee om te wen nie, maar op 15 elk het ons verseker 'n kans gehad


Posted By: Chris
Date Posted: 19-Sep-2022 at 11:53am
Originally posted by Lion1986 Lion1986 wrote:

Iemand moet my tog verduidelik wat Strauli se seun in rugby soek.

Sy Pa borg meer as net die lapaWink


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 19-Sep-2022 at 2:32pm
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Ek wou dit nie noem nie, maar die 1ste helfde het ek nogals by myself gedink die ref maak n paar foute, almal teen ons. Toevallig sien ek nou hierdie video op YouTube. Hy was eintlik uiters swak! 

https://youtu.be/dige-nEF59I" rel="nofollow - https://youtu.be/dige-nEF59I

Daai drie was maar bietjie dodgy want hy was nie "seker nie" toe is dit on-field try wat snaaks was.  Ander goed is maar touch en go of hulle dit gaan sien of nie sien nie, seker daar was aan albei kante sulke calls, maar wat my de moer in maak is ons eie spelers se foute, daai off the ball-tackles ens. 


Posted By: Leeubok
Date Posted: 20-Sep-2022 at 3:32pm
Die een geval waar ons geblaas was vir off the ball tackle het die bulls speler wat 'n dummy gehardloop het basies reg in ons verdedigings lyn in vas gehardloop. Ref kon hom netsowel geblaas het vir obstruksie.

Elkgeval, ek het nie bedoel ons het die game verloor danksy die ref nie. Soos Tvl se, niemand het ons 'n kans gegee voor die wedstryd nie. So dit was nice dat ons actually in die game was, en 'n jammer ons het op die einde kort geval


Posted By: Red_Machine
Date Posted: 21-Sep-2022 at 7:56am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Ek wou dit nie noem nie, maar die 1ste helfde het ek nogals by myself gedink die ref maak n paar foute, almal teen ons. Toevallig sien ek nou hierdie video op YouTube. Hy was eintlik uiters swak! 

https://youtu.be/dige-nEF59I" rel="nofollow - https://youtu.be/dige-nEF59I
I wish I could that I'm surprised we were on the wrong side of the calls, but I'm not, it's a standard thing. The ref decides before the game who he believes should win, after that every 50/50 and "bad" call goes their way.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 21-Sep-2022 at 9:03am
neutral refs would be great


Posted By: Simba
Date Posted: 21-Sep-2022 at 10:04am
Any news on the touring squad? Has the team left for the UK as yet?

-------------
db


Posted By: Transvaal
Date Posted: 21-Sep-2022 at 10:05am
yes they arrived in the UK yesterday lunch time. The touring squad was announced, will post it here



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net