The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Nyakane-hulle staal hulle vir skrumaanslag |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40234 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 12-Feb-2019 at 8:14am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/nyakane-hulle-staal-hulle-vir-skrumaanslag-20190211
Dit is so onafwendbaar soos beurtkrag: die Stormers sál die Bulle Saterdag op Loftus Versfeld in die skrums teiken wanneer die spanne in die Superreeks ontmoet. Die Kaapse span het immers die luukse om in die tweede helfte die Springbok Frans Malherbe met nog ’n Bok-kragman, Wilco Louw, te vervang. Aan die ander kant van die skrum het die Bulle-stut Trevor Nyakane self ’n moeilike afspraak met die rooi kop-yster Steven Kitshoff. Vra jy Nyakane uit oor die vooruitsig, is hy heel filosofies. “Rugby is vreemd. Die een dag het jy die oorhand in die skrums en die volgende is jy aan die ontvangkant. “Ek weet nie of hulle dink dit is ons swakpunt nie. Ons sal maar moet sien wat hulle bring in die skrums.” Die Bulle het vanjaar ’n nuwe skrumafrigter, Daan Human, en Nyakane is opgewonde oor die nuwe aanslag wat hy in werking stel. “Daan is ’n goeie afrigter en ons het almal gesien hoe goed hy by die Cheetahs gevaar het. “Hy het ’n paar nuwe goed ingebring waaraan ons nie gewoond was nie en ons werk daaraan. “Ons almal geniet dit en moet aanpas by dit wat hy van ons verwag.” Nyakane sê dit is nie net in die skrums waar die Bulle vanjaar meer bestendig moet wees nie. “As jy die kompetisie wil wen, moet jy weekliks op jou beste wees. Dit geld in al die afdelings van ons spel.” Nadat die Bulle twee naweke gelede in die losmaker teen die Stormers in Kaapstad verloor het, weet hulle Saterdag sal ’n steil bult wees met die besoekers se Springbokke wat dié keer in die beginspan sal wees. “Foute het ons in daardie wedstryd duur te staan gekom. As jy die kompetisie wil wen, moet jy weekliks op jou beste wees. Dit geld in al die afdelings van ons spel.” “Ons weet dit is iets wat ons moet uitsorteer. Die Stormers is ’n span wat jou keer op keer gaan straf as jou dissipline nie goed is nie.” Nyakane sal die seisoen met sterk vertonings in die Superreeks sy plek in die Springbokke se Wêreldbeker-groep moet oopspeel. “Almal praat van die WB-toernooi, maar vir my gaan dit nou eers oor die Bulle. “Die WB-toernooi kom later en as die Bulle goed vaar, is jou kans beter om gekies te word. Ek is nie nou daaroor bekommerd nie.” * Die Bulle is intussen op hete kole oor die kuitbesering wat Schalk Brits Saterdag teen die Haaie in Ballito opgedoen het. Herman Rossouw, die Bulle se spandokter, sê hulle sal later die week ’n besluit neem oor sy beskikbaarheid. Die Bulle is reeds sonder Jaco Visagie (enkel) en Edgar Marutlulle (haksening), wat beteken dat die onervare Johan Grobbelaar en Corniel Els Saterdag die hakers sal wees, sou Brits ook nie kan speel nie. |
|
![]() |
|
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40234 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
>>>Die Bulle is intussen op hete kole oor die kuitbesering wat Schalk Brits Saterdag teen die Haaie in Ballito opgedoen het.
Dit klink soos 'n gatslag, ek ken nie eintlik die 2 jong hakers nie (Grobbelaar en Els)
|
|
![]() |
|
Zibbie ![]() Koning Leeu ![]() Joined: 03-Apr-2016 Status: Offline Points: 1166 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
verseker 2 bokke in the making . net n kwessie van tyd .. dalk n maand of 3 . dit was voorspel
|
|
![]() |
|
valie ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 02-Apr-2016 Location: ver van hier Status: Offline Points: 2681 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
|
![]() |
|
TunaLion ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Ellis Park Status: Offline Points: 1856 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
En dit is presies hoekom n mens nie iemand moet teken wat klaar reeds afgetree het nie.... Stormers kry seker nou baie lekker dat hulle besluit het om hom eerder nie te teken nie.
|
|
Go LIONS!!!!!
|
|
![]() |
|
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40234 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Ja hoe oud is hy nou weer? 38? Naby aan dubbel so oud soos sommige van die ander ouens in die squad
|
|
![]() |
|
TunaLion ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Ellis Park Status: Offline Points: 1856 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Pretty much,ja. Dit is mos hoekom van die ouens hom mos oom noem.
Edited by TunaLion - 12-Feb-2019 at 3:07pm |
|
Go LIONS!!!!!
|
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |