The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Loftus se mense knor oor dreigende Bul-afleggings |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Online Points: 40234 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 15-Apr-2019 at 5:28am |
van netwerk 24
Die Blou Bulle Rugbyunie (BBRU) wil weens finansiële druk vyf werknemers afdank – en Eugene Hare, hul uitvoerende hoof, is blykbaar een van hulle. Rapport is in besit van ’n brief wat die week aan werknemers van die BBRU – die amateur arm van die Blou Bulle – gegee is. Dié brief, waarin die afleggings aangekondig word, is deur die BBRU se president, Willem Strauss, onderteken. Die nuutste afleggingsproses kom skaars twee jaar nadat die professionele been, die Blou Bul Maatskappy, verskeie afrigtings- en administratiewe personeel afgedank het. Rapport verneem Hare se pos is een van dié wat in die gedrang is. Die gevoel is klaarblyklik dat hy “te veel verdien” in verhouding tot die BBRU se begroting, en omdat salarisse blykbaar amper 40% van die unie se begroting opneem. Rapport verneem ook dat die BBRU verlede maand ’n groot knou toegedien is toe die borgskap van ABE Midas verstryk het. Die maatskappy was die BBRU se voertuigborg wat vir die ontwikkelingsafdeling gebruik is. ABE Midas het besluit om liewer die Naka Bulle in die Gouebeker-klubtoernooi te borg. Volgens die brief wat vir die werknemers gegee is, word gesê dat vyf werknemers afgelê sal word en dat die BBRU “geen ander keuse het nie as om die besigheid te herstruktureer van 1 Junie 2019 af”. “Die bestuur van die BBRU het onlangs, en in die lig van ontwikkelinge in SA Rugby, die moontlikheid van die herstrukturering van die besigheid ondersoek. As die herstrukturering gebeur op die manier wat die bestuur voorsien, sal sekere posisies oorbodig word.” Dit blyk egter dat die werknemers nie die afleggings gaan aanvaar nie. “Ons vind dit vreemd dat die BBRU in Maart vir werknemers ’n salarisverhoging van 6,5% gegee het en kort daarna word ’n herstruktureringsproses aangekondig. Ons moet dus die besigheidsin van die besluit bevraagteken en wil die ware redes vir die voorgestelde proses ondersoek,” lui ’n brief van Piet Heymans, Sport Employees Unite se uitvoerende hoof, aan die BBRU. Nie Strauss of Hare wou kommentaar lewer nie. |
|
![]() |
|
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Online Points: 40234 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Nie lekker nie maar ek dink rugby trek swaar in SA.
|
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |