Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Ellispark se alfa-Leeu soek 100%
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Leinster at Ellis Park in the URC on 20 April 2024, kickoff is at 15:00

Ellispark se alfa-Leeu soek 100%

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39072
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Ellispark se alfa-Leeu soek 100%
    Posted: 04-May-2020 at 3:38pm
Van Suparugby se facebook bladsy>

Ellispark se alfa-Leeu soek 100%
Deur Hendrik Cronjé
Altmann Allers glo elke krisis, soos die Covid-19-pandemie, skep ’n geleentheid.
Daarom oorweeg dié suksesvolle sakeman om sy aandeelhouding in die Lions Rugby Maatskappy tot 100% uit te brei in dié tydperk van verwarring en rugbyfranchises se
vrees dat hulle hul borge kan verloor.
Alle beroepsrugby by die Leeus word deur dié maatskappy gehanteer.
Allers het in 2011 ’n aandeel van 49,9% in die maatskappy bekom en dit in 2015 tot 74,9% uitgebrei.
Hoewel die Leeus vanjaar ’n sukkel-seisoen beleef, het Allers die afgelope week in ’n openhartige onderhoud sy vertroue in Cash van Rooyen en sy jong afrigtingspan herbevestig.
Allers word as ’n leeutemmer in die sakewêreld beskou. Hy is sedert 2000 die uitvoerende voorsitter van maatskappye soos Glasfit en Digicall.
Hy het Glasfit in 1996, toe nog as hul aangewese finansiële direkteur, van bankrotskap gered en tot ’n reus opgebou.
Die lesse wat hy daar geleer het, het hom goed te pas gekom toe die Leeus se skip in 2012 op die rotse afgestuur het nadat hulle uit Superrugby gerelegeer is.
Die jongste uitdagings waarmee die rugbywêreldwyd tans te doen het, skrik hom daarom geensins af nie.
“Ek oorweeg ’n 100%-aandeelhouding omdat dit onder meer beteken dat die Leeus nuwe bronne van inkomste kan genereer.”
Allers sê dit is makliker om by ’n finansiële instelling ondersteuning te kry as al die aandeelhouers in ’n posisie is om die vereiste verantwoordelikhede te ondersteun.
“In 2011 het ek geglo iets meer en groter kan met die Leeus gebeur.
“Ek was oortuig dat hulle beter sou kon vaar as die nodige kundigheid by die bestuur van die onderneming ingebring word.
“Ek het gepoog om beter gekwalifiseerde mense aan te stel. Ruben Moggee, op 32 ‘n jong CA (geoktrooieerde rekenmeester), se aanstelling as uitvoerende hoof van die Leeus Groep was die eerste wat ek gemaak het.
Rudolf Straeuli, huidige
uitvoerende hoof van die Leeus Groep, is ’n regsgeleerde.
“Ons het Edgar Rathbone byvoorbeeld in 2013 as ’n jong CA ingebring. Hy was toe in sy mid-twintigs.”
Oor die moontlikheid dat Rathbone, tans Ellispark se besturende direkteur en finansiële hoof van die Goue Leeus Maatskappy, eersdaags by die Bulle gaan aansluit, het Allers gesê dit verbaas hom nie.
“Hy het ongelooflik gegroei en voeg groot waarde toe. Dis te wagte dat daar belangstelling in hom sal wees. Dit is wat dit is.”
Allers se liefde vir rugby het destyds in die Paarl begin waar hy gebore en aan Boishaai skoolgegaan het.
“Ek was vyf jaar oud toe ek al my tweede interskole tussen Boishaai en Paarl Gimnasium bygewoon het.
My pa, Johannes, was die koshuisvader van Monte Bello by Boishaai. Ons was daar van vyfjarige ouderdom tot ek elf geword het.
“Dit was vir my ’n groot bederf om in die middae saam met my helde, dis nou die groot seuns, te gaan raakrugby of rugby speel. Dikwels het dit baie fisiek geraak.
“As ek nou terugdink, is ek soms onnodig hard deur van my helde geduik, wat dalk te doen gehad het met ’n pak slae vroeër die dag of die week.”
In 1978 word ’n droom bewaarheid toe hy as ’n 17-jarige as een van die flanke in Boishaai se eerste span gekies word.
“Ek was nie naby die Cravenweekspan nie en is nie eens na die proewe genooi nie.
Boishaai se afrigter het ’n griepepidemie benodig voordat ek raakgesien is,” skerts Allers.
“Carel du Plessis was in ons jaar die kaptein van Boishaai se eerste span. Die gameplan was baie eenvoudig – kry die bal by Carel!”
Ná skool is hy eers weermag toe waar hy vir hul onder 20’s gespeel het.
In 1980 is hy vir Maties se onder 20-span gekies.
“Dok Gerrit Pool het my daar afgerig. Hy was absoluut briljant. Daarna het ek koshuisrugby en vir die Markötters gespeel.
“In my finale jaar (1984) op Stellenbosch was ek die kaptein van die Helshoogterugbyspan wat die eerste (en tot dusver enigste) keer die Sauer-beker (wenner van die Universiteit Stellenbosch se koshuisliga) gewen het.
“Ek het die rugby baie geniet, maar was seker nooit goed genoeg om hoër te speel nie.
“Dit was destyds ook ander tye. Niemand het eintlik baie tyd in die gimnasium deurgebring nie. Een ding van die Maties is wel dat hulle altyd goeie flanke gehad het.
“Almal praat altyd dat dit hul droom is om vir die Springbokke te speel. Myne was om vir die WP se onder 20-span te speel, dit sou vir my die toppunt wees.”
In 1989 is Allers as n stoere WP ondersteuner uit die Kaap na Johannesburg waar hy vir die Pirates-klub gespeel het. In 1996 het hy finaal as ’n rugbyspeler uitgetree.
In daardie jaar was hy die kaptein van Pirates se eerste span wat drie Springbokke in sy geledere gehad het – Kobus Wiese, Gavin Johnson en Deon Lotter. “Wanneer Kobus vir ons gespeel het, het hy gewoonlik in een wedstryd die span se volle maand se pleisterbegroting opgebruik!”
Met sy uittrede het hy in Pirates se bestuur gedien en as spanborg betrokke geraak.
Later jare het hy die voorsitter van Pirates geword, voordat hy in 2009 tot adjunkpresident van die Goue Leeus Rugbyunie verkies is. ’n Posisie wat hy vandag steeds beklee.
Allers het as ’n leerling geglo hy sal eendag ’n regsgeleerde word. Hy het daarom net een jaar op hoërskool rekeningkunde-klasse gehad by sy pa, wat toe ’n onderwyser aan Boishaai was. Tog het hy hom in 1988 as ’n geoktrooieerde rekenmeester gekwalifiseer.
Sy sakeloopbaan het in 1989 begin toe hy in Johannesburg by Avis begin werk het.
Hy was vir drie jaar by hulle, waarna hy langer as vier jaar by die mediese skema Medscheme betrokke was. Dis in dié tydperk dat hy besluit het om die Leeus te ondersteun, aangesien sy toekoms in Gauteng lê.
In Augustus 1996 sluit hy hom by Glasfit aan as finansiële direkteur, ’n maatskappy wat ses maande later op die randjie van bankrotskap was.
Hy erken dit was vir hom ’n geweldige skok, veral omdat Glasfit in 1995 Suid-Afrika se ongenoteerde maatskappy van die jaar was. Hul situasie het hom laat besef dat baie suksesvolle maatskappye wat wins maak, groot bestuursfoute maak. In Glasfit se
geval het dit daarop neergekom dat die kontantvloei destyds nie reg bestuur is nie.
Die les wat hy daaruit geleer het, is dat ’n winsgewende maatskappy nie
noodwendig ’n suksesvolle maatskappy is nie. ’n Suksesvolle maatskappy is ’n maatskappy wat positiewe kontantvloei oor ’n lang tydperk het.
In 2000 besluit Altmann en lede van die bestuurspan om Glasfit te koop by die destydse aandeelhouer, Super Group.
Hulle het gevoel Glasfit pas nie regtig by die langtermynstrategie van die destydse beheermaatskappy in nie en dat hulle meer met die maatskappy kan doen indien hulle onafhanklik is.
Vandag bedryf die Glasfit Groep ’n netwerk van meer as 120 dienssentrums landwyd met sowat 1 400 mense in diens.
Allers het dit reggekry om ’n maatskappy wat byna bankrot was in ’n suksesvolle besigheid te omskep. Hy het in die onsekerheid die geleentheid gesien en dit
aangegryp.
“Harde werk, baie geluk en sterk beleggings in mense, tegnologie en stelsels is my suksesresep as sakeman. Ek glo daarin om die regte joggie vir die perd te kry. Ek probeer voortdurend mense aanstel wat jou eie tekortkominge aanvul.”
Hy beskou die besluit om in 2003 ’n administratiewe afdeling van Glasfit, Digicall, te vat en ’n onafhanklike maatskappy te vorm as ’n meesterskuif.
“Digicall (wat administratiewe oplossings en dienste bied) het geweldig gegroei. Dis vandag heelwat groter as Glasfit met takke in Australië, Europa en Suid-Afrika.”
Sy ervaring as ’n sakeman en kennis van rugby help hom om die Leeus in moeilike tye kop bo water te laat hou.
“Die jaar 2013 was egter ’n bitter moeilike jaar vir ons. Nie net omdat ons nie aan Superrugby deelgeneem het nie.
“Daar was ’n verwagting dat ons wedstryde moes reël voordat ons later in ’n promosie-en-relegasie-wedstryd betrokke raak. Ons het met groot moeite en koste ‘n paar wedstryde gereël. Dit was taai. Eindelik het ons ná 180 minute se rugby slegs twee punte meer as die Kings gehad om vir 2014 se Superreeks te kwalifiseer.
“Dis onseker waar ons vandag sou gewees het as ons nie daardie twee punte gehad het nie.
“Wat dit taai gemaak het, is dat ons feitlik al ons borge in daardie tyd verloor het.
“Ons het nie in 2013 of 2014 ’n titelborg gehad nie, wat ’n geweldige finansiële impak gehad het.
“Ons het nooit ’n oorvloed geld gehad nie, maar ons het ’n klomp regte dinge gedoen. Soos toe John Mitchell klaargemaak het, het ons vir Johan Ackermannaangestel. Ons het Rudolf ook einde 2013 as uitvoerende hoof van die Leeus
Maatskappy aangestel. Hy het in verskeie afdelings ’n geweldige impak gehad.
“Johan se suksesresep was waarskynlik om onbekende spelers en afrigters bymekaarte bring en daarin te laat slaag om hulle ver bo die verwagting te laat presteer.
“Dit was ook vir my ooglopend dat die Leeus se kondisionering daardie tye met Cash beter as die meerderheid ander s’n was.
“Johan het ’n buitengewone goeie oog vir talent gehad. Hy het byvoorbeeld ’n speler soos Jacques van Rooyen uit Pretoriase klubrugby gaan haal en van hom ’n volwaardige beroepspeler gemaak.
“Ons het in daardie jare toe ons in die eindstryd van Superrugby gespeel het – 2016, 2017 en 2018 – baie spesiale spelers soos Warren Whiteley, Jaco Kriel en Elton
Jantjies gehad.
“Elton is al van 2011 by die Leeus en het steeds ’n geweldige invloed op die span.
Wat kan ’n mens meer oor Warren skryf. Sy leierskap is van onskatbare waarde. Jaco Kriel is fantasties.”
Ná die hoogtepunt van twee agtereenvolgende eindstryde onder Ackermann was daar aan die einde van 2017 die laagtepunt toe die Leeus sy hoofafrigter en talle
senior spelers aan oorsese klubs verloor het.
“Soms kan jy sekere mense in jou groep makliker vervang. Dis maar die aard van die spel. Jy kry ’n sogenaamde goue era en dan moet jy later weer herbou.
“Ons probeer altyd die onderliggende werk te doen. Ons werk hard daaraan om die standaard deurentyd – deur goeie of moeilike tye – te handhaaf.”
Altmann erken Swys de Bruin se vertrek in 2018 het ’n ewe ontwrigtende invloed op die span gehad. “Met Cash se aanstelling, saam met ’n jong bestuurspan, was daar ’n geleentheid vir nuwe energie en idees by die Leeus. Ons is baie opgewonde oor Cash-hulle.”
Uiteraard is hy nie tevrede met hoe die Leeus sover in Superrugby onder Van Rooyen vaar nie, maar meen sake kon anders verloop het as hulle die Stormers op Ellispark geklop het.
“Oor die algemeen dink ek die afrigters in Superrugby is hoogs professioneel. Hulle identifiseer tekortkominge in ’n ander span nog voordat die afrigters dit self in sy eie
span kon regmaak.
“Jy word in wedstryde blootgestel, wat soms met ons gebeur het. Ofskoon ons ’n jong en opwindende span het, is leemtes uitgewys en kort daar ervaring. Dis iets wat
jy met meer speeltyd kan regmaak.
“Die groot ding van die Leeus is dat daar nie ego’s betrokke is nie. Hulle is eerlik met mekaar, identifiseer tekortkominge en werk hard om dit reg te maak.
“Ek is glad nie in sak en as oor die Leeus nie. Ons sal van hier af aangaan en dinge beter maak."
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4954
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 05-May-2020 at 7:33am
Nice artikel om bietjie meer van Allers te leer. Wat dink julle, is dit 'n goeie ding as hy 100% besit? Al ons eiers in 1 mandjie?
Back to Top
valie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 02-Apr-2016
Location: ver van hier
Status: Offline
Points: 2676
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote valie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 05-May-2020 at 7:52am
As jy my gevra het voordat ek die artikel gelees het, sou ek heelwaarskynlik nee gese het. wat egter my opinie laat swaai is die volgende ..."Ek oorweeg ’n 100%-aandeelhouding omdat dit onder meer beteken dat die Leeus nuwe bronne van inkomste kan genereer.”
As dit beteken dat dit die Leeus se langtermyn bestaan kan verseker, is ek absoluut daarvoor.
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39072
Post Options Post Options   Thanks (1) Thanks(1)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 05-May-2020 at 8:04am
Hy het ons gered toe dinge baie donker was, en hy is baie welaf, so hy het my steun 100%
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4954
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 05-May-2020 at 8:48am
Dalk is dit dan wat SA spanne nodig het? Ek weet baie oorsese sokker en selfs american football spanne word besit deur 1 persoon, en word soos 'n besigheid bestuur
Back to Top
emiel1 View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu


Joined: 30-Jan-2019
Status: Offline
Points: 516
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote emiel1 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 05-May-2020 at 12:06pm
Wel, liewers iemand wat "skin in the game" het met sy eie geld, so ek dink dit is 'n goeie ding 
Back to Top
ROOIHART View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 13-Apr-2016
Location: Johannesburg
Status: Offline
Points: 494
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote ROOIHART Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-May-2020 at 5:47pm
As jy reeds 75% beheer het, wat presies gaan verander met 100% beheer?
Back to Top
monster View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu


Joined: 05-Apr-2016
Location: Pretoria
Status: Offline
Points: 659
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote monster Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 06-May-2020 at 5:54pm
Originally posted by ROOIHART ROOIHART wrote:

As jy reeds 75% beheer het, wat presies gaan verander met 100% beheer?
Wel as dit n winsgewende besigheid was kon mens sê 100% deel vd winste maar eknreken dan seker 100% deling in die verliese 
Back to Top
vdwestjo View Drop Down
Welpie
Welpie


Joined: 25-Mar-2019
Location: Midrand
Status: Offline
Points: 161
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote vdwestjo Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 07-May-2020 at 11:26am
Wat dit vir my wys is groot vertroue van hoof aandeelhouer (wat finansieel baie sterk is) in Leeus wat net goed kan wees vir Leeus. Borge sal ook die vertroue hoog ag in toekomstige kontrakte met die Leeus. Dink dit is great dat ons so sterk shareholder het wat ook baie lief vir rugby is en die Leeus. Dit is baie beter as 'n shareholder wat net daar is om geld te maak eerder om die belange van die Unie op hart te he soos destyds toe Gumede by Leeus betrokke was 
Lions4life
Back to Top
valie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 02-Apr-2016
Location: ver van hier
Status: Offline
Points: 2676
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote valie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 07-May-2020 at 4:36pm
Originally posted by ROOIHART ROOIHART wrote:

As jy reeds 75% beheer het, wat presies gaan verander met 100% beheer?
Ek dink dis minder rolspelers in die bestuur struktuur, wat n meer vaartbelynde besigheids struktuur skep.
As ek reg is, behoort die ander 25% aandeel aan die klubs, wat almal amateur klubs is, met n hele klomp ambisieuse klub presidente, wat net worry oor hoe vinnig hulle deel van die Leeu setup kan word.

Met n 100% aandeelhouer word meeste van die raadsaal politiek totaal uitgeskakel.
Back to Top
Attie Karate View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Status: Offline
Points: 1506
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Attie Karate Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 08-May-2020 at 9:21am
Hoe de donner ons in 2020 nogsteeds klubs het wat beheer het oor rugby unies gaan my verstand te bowe. Dis 'n verouderde model wat moes verander het toe rugby totaal profesioneel geword het. Maar ons het dit ook al tot vervelens toe bespreek hier.
Up the Vaal!
Back to Top
WitBoer View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: Bronkhorstsprui
Status: Offline
Points: 2162
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote WitBoer Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 08-May-2020 at 10:35am
Bietjie van die onderwerp af, maar dit is iets waaroor ek redelik wonder die laaste maand of wat.
Hoe werk die borgskappe, soos bv. Emirates sin met die leeus?
Betaal hulle die totale bedrag van die borgskap aan die begin of is dit 'n maandelikse/ jaarlikse ding?
Indien dit maandeliks/ jaarliks is, kan hulle die borgskap vroeg beindig?
Ek is seker dat Emirates huidiglik erg deur die COVID-19 ding geaffekteer word en dat hulle heel moontlik soos ander besighede gaan moet kyk na geldbesparings strategiee, kan dit dan moontlik beteken dat hulle van hulle borgskappe kan heroorweeg?
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
Back to Top
valie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 02-Apr-2016
Location: ver van hier
Status: Offline
Points: 2676
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote valie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 11-May-2020 at 8:55am
Originally posted by Attie Karate Attie Karate wrote:

Hoe de donner ons in 2020 nogsteeds klubs het wat beheer het oor rugby unies gaan my verstand te bowe. Dis 'n verouderde model wat moes verander het toe rugby totaal profesioneel geword het. Maar ons het dit ook al tot vervelens toe bespreek hier.
As ek reg onthou het SARU mos destyds n stokkie daarvoor gesteek toe die Leeus se equity partners 100% aandeel wou he, - iets met die konstitusie te doen. In hindsight wonder ek of dit nie destyds n bedekte seen was nie, want Gumede en die wapenhandelaar wou mos n meerderheids aandeel bekom het.
Net soos wat 100% aandeelhouding n goeie ding kan wees, kan dit ook gevare inhou indien die Leeus saam met die verkeerde vennoot in die bed klim.
Ek dink egter Allers is solid en die tyd is al meer as ryp dat hy ons na die volgende vlak neem.


Edited by valie - 11-May-2020 at 8:55am
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.094 seconds.