Forum Home Forum Home > General Rugby > SA Rugby Issues
  New Posts New Posts RSS Feed - Gemengde gevoelens onder rugby-adminstrateurs oor
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Leinster at Ellis Park in the URC on 20 April 2024, kickoff is at 15:00

Gemengde gevoelens onder rugby-adminstrateurs oor

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39072
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Gemengde gevoelens onder rugby-adminstrateurs oor
    Posted: 26-Nov-2019 at 2:45pm

Nie alle rolspelers aan die amateurkant van Bloubul rugby – veral in klubgeledere – is ewe opgewonde oor die nuwe bedeling wat geskep is met die toetrede van Patrice Motsepe as aandeelhouer by die Blou Bulle Maatskappy nie.

Hoewel die goedkeuring van die sogenaamde “korporatiewe oorname” van die Blou Bulle se sake relatief maklik verloop het, was dit nié sonder weerstand nie.

Daar was hoofsaaklik drie strominge in die Blou Bulle Rugby-unie (BBRU) se uitvoerdende raad oor die saak.

Eerstens het die president van die BBRU, Willem Strauss, en die meerderheid van sy lede geen ander uitweg gesien as om hierdie aanbod te aanvaar nie. Daar is tydens die onderhandelingsproses glo heelwat geskaaf aan die oorspronklike voorstelle en volgens Strauss is hy veral tevrede met die finansiële stabiliteit wat die ooreenkoms oor die volgende drie jaar sal bring om aan amateur-stelsels te werk.

Daar was ook ’n groep wat aanvanklik vrae gehad het oor die voortgesette betrokkenheid van Remgro by die sake van die Blou Bulle Maatskappy (BBM).

Een van dié manne, Ben Eybers, voorsitter van die Quins-Bobbies Rugbyklub, het ernstige vrae gestel oor die gebrek aan etiese leierskap by dié vennoot van die Bulle, wat reeds byna 20 jaar ’n 50% aandeel in die BBM hou.

Eybers het aan Rekord gesê dat die unie van hulle kant af opgetree het toe ongerymdhede deur die nuwe bestuur by die BBM ontdek is. Daar was gevolge vir die manne wat die unie se belange moes beskerm het en hulle is almal uitgewerk, terwyl ten minste een werknemer moontlik strafregtelik vervolg sal word. Maar dit wil voorkom of Remgro nie die saak met dieselfde erns en etiese waardes hanteer het nie.

’n Derde groep, wat twee huidige direkteure van die BBM insluit, was geheel gekant teen die nuwe bedeling, maar hulle was in die minderheid. Ian Herbst, voorsitter van die Naka Bulle Rugbyklub, en Theuns Reynolds, voormalige voorsitter van Tuks Rugbyklub, glo dat die ooreenkoms oorhaastig en onnodig deurgevoer is en hulle maak geen geheim daarvan dat hulle nie die vrede vertou met hierdie skuif nie.

Herbst en Reynolds is bekend as die twee jong Turke wat enkele jare gelede die omwenteling by die BBRU en die BBM aan die gang gesit het. Hulle het ’n aktiewe rol gespeel om Gert Wessels as BBRU president uit te druk, ná die skandaal waarin miljoene rand sonder behoorlike toestemming  van die BBRU aan die BBM “geleen” is, terwyl daar geen vooruitsig bestaan het dat dit terugbetaal kon word nie. Dié geld was afkomstig van die maatskappy wat die Loftus Park ontwikkeling noord van die stadion gedoen het en daar was beloftes dat dit vir die ontwikkeling van amateurrugby aangewend sou word.

Hoewel Herbst glo dat hy steeds sy plek as direkteur op die BBM sal behou, het ander bronne aan Rekord gesê dat hy en Theuns Reynolds albei hul direkteurskappe kwyt sal wees as die finale ooreenkoms goedgekeur word.

Dit sal beslis die balans versteur uit ’n unie-oogmerk, aangesien Herbst en Reynolds die afgelope twee jaar bekendgestaan het as die manne wat die grootste rol gespeel het om die BBRU en die BBM te herstruktueer en vreesloos vrae gevra het oor enige moontlike ongerymdhede.

Hulle is albei suksesvolle sakemanne en het daarom ooglopend nie enige ander agenda as die belang van rugby nie.

Herbst en Reynolds was ook instrumenteel in die oopvlekking van die skandaal by die BBM, waar korrupsie en bedrog tans ondersoek word.

Dié twee manne se agterdog oor die nuwe verwikkelinge by Lofttus Versfeld word gedeel deur verskeie ander gewone administrateurs in amateur geledere met wie Rekord gesels het.

’n Afrigter van een van die Carltonbeker klubs glo dat die nuwe bedeling baie slegte nuus is vir amateur- en klubrugby.

“Net toe dit wou lyk of klubrugby weer sy kop optel, kom hierdie skuif. Wat het Remgro ooit oor die afgelope 20 jaar vir amateurrugby gedoen? Absoluut niks. Rupert en Motsepe is miljardêr sakemanne – hulle doen niks verniet nie. Hulle is in hierdie spel om geld te maak en nou is hulle in beheer by die Bulle. R5-miljoen per jaar wat die unie glo uit die ooreenkoms gaan kry is kleingeld in rugby. Meer as die helfte daarvan sal in elk geval vir die unie se eie uitgawes gaan. Wat bly oor vir die klubs? Ons aan die amateurkant van rugby is op ons eie en hoe gouer ons dit besef, hoe beter,” het die ontstelde afrigter gesê.

Hoewel dit bekend is dat ’n groot groep onder die Limpopo Blou Bulle (die voormalige Verre-Noord Rugby-unie) ook ernstige besware oor die nuwe bedeling en sogenaamde “korporatiewe oorname” van die BBM gehad het, het hul woordvoerder, Henry van Aswegen, nie Rekord se navrae beantwoord nie.

Van Aswegen, een van die BBRU se adjunk-presidente, is betrokke by die Vaalwater Rugby-klub. Hy het aanvanlik gevra om later geskakel te word, maar het daarna Rekord se oproepe geïgnoreer.
Back to Top
Vaal Leeu 3 View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu
Avatar

Joined: 04-Mar-2017
Location: Sasolburg
Status: Offline
Points: 647
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Vaal Leeu 3 Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 26-Nov-2019 at 5:34pm
Dalk is die duiwel in die detail...
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.090 seconds.