Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Leeus het ’n ‘Beast’ nodig teen Brumbies
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Cardiff at Ellis Park in the URC on 11 May 2024, kickoff is at 18:15

Leeus het ’n ‘Beast’ nodig teen Brumbies

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39121
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Leeus het ’n ‘Beast’ nodig teen Brumbies
    Posted: 12-Apr-2019 at 1:21pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/leeus-het-n-beast-nodig-teen-brumbies-20190412

Trek ’n “Beast” op die Brumbies.

Die Leeus moet Saterdag ’n les uit die Haaie se boek neem in hul Superrugby-kragmeting met die Brumbies in Canberra.

Soos wat Beast Mtawarira se mylpaal-wedstryd, waarin hy die Suid-Afrikaner met die meeste kragmetings geword het, die Durbaniete verlede week gemotiveer het om die einste Leeus op te frommel, moet die span van die Goudstad Lionel Mapoe se 100ste kragmeting in die rooi trui as motivering inspan om die “Wilde Perde” van die Australiese hoofstad mak te maak.

Of dit egter gaan gebeur, is ’n gesprek vir die vleisbraaivuur later Saterdagmiddag wanneer daar nabetragting gehou word.

Die groot vraag wat die Leeus in die wedstryd moet beantwoord, is hoe hulle die slagting teen die Haaie van verlede week gaan verwerk.

Dat daar sielkundige letsels gaan wees, is gewis.

Jy word nie sommer verneder soos die Haaie met hulle gedoen het en skud dit sommer net so goedsmoeds uit jou klere nie.

Die Leeus sou dus in die aanloop tot hierdie eerste toerwedstryd net soveel werk agter die skerms moes doen as op die oefenveld.

Dit is nou ook algemene nuus dat die Leeus voorlangs baie kwesbaar is en dit sal elke span teen wie hulle te staan kom se strategie wees om hul water voorlangs af te sny, sodat die agterlyn as’t ware geboei word en nie die effektiewe aanvalsmasjien is wat hulle kan wees nie.

Dit is nie om dowe neute dat die Brumbies hul agttal met Wallabies gelaai het vir hierdie stryd nie.

Ses van die agttal het al toetsrugby gespeel en veral met die stut Scott Sio, haker Folau Fainga’a en die slot Rory Arnold terug, kan die Leeus hulle maar solank weer regmaak om boelie-taktiek te moet trotseer.

Net die agtsteman Lachlan McCaffrey en die flank Tom Cusack het nog nie vir die Wallabies gespeel nie.

Al is die Brumbies tweede laaste op die algehele puntelys, is dit beslis nie ’n rigtingwyser vir ’n Leeus-oorwinning nie.

Die tuisspan het vroeg in die seisoen gewys waartoe hy werklik in staat is toe hy die Chiefs met 54-17 in Canberra verneder het.

Swys de Bruin hou hom daarvan om sy span se uitsonderlike karakter en terugvegvermoë aan die groot klok te hang en Saterdag gaan ’n groot toets van daardie eienskappe wees.

Kortom: Die Leeus sal moet uithaal en wys.

Brumbies: Tom Banks, Henry Speight, Tevita Kuridrani, Tom Wright, Toni Pulu, Christian Lealiifano (k), Joe Powell, Lachlan McCaffrey, Tom Cusack, Pete Samu, Sam Carter, Rory Arnold, Allan Alaalatoa, Folau Fainga’a, Scott Sio. PLAASVERVANGERS: Josh Mann-Rea, James Slipper, Leslie Leulua’iali’i-Makin, Darcy Swain, Jahrome Brown, Matt Lucas, Irae Simone, Andy Muirhead.

Leeus: Andries Coetzee, Ruan Combrinck, Lionel Mapoe, Franco Naude, Aphiwe Dyantyi, Elton Jantjies, Nic Groom, Hacjivah Dayimani, Stephan Lewies, Cyle Brink, Marvin Orie, Rhyno Herbst, Johannes Jonker, Malcolm Marx (k), Nathan McBeth. PLAASVERVANGERS: Robbie Coetzee, Sti Sithole, Carlu Sadie, Wilhelm van der Sluys, Marnus Schoeman, Ross Cronjé, Gianni Lombard, Sylvian Mahuza.

Skeidsregter: Rasta Rasivhenge.

Assistent-skeidsregters: Brendon Pickerill, Mike Fraser.

TV-skeidsregter: James Leckie.

Afskop: 11:45 (SA tyd, SS 1).
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.063 seconds.