Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > SuperSport Rugby Challenge
  New Posts New Posts RSS Feed - Doodsklok vir SS-reeks?
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Ospreys in Swansea in the URC on 30 March 2024, kickoff is at 17:05

Doodsklok vir SS-reeks?

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39037
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Doodsklok vir SS-reeks?
    Posted: 24-Mar-2019 at 7:02am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/doodsklok-vir-ss-reeks-20190323

Die doodsklok lui nou ook vir die SuperSport-uitdaagreeks.

Met die land se Super-franchises wat nie belang stel om langer in die kompetisie te speel nie as gevolg van die vermindering van hul spelerskorpse, is die SuperSport-reeks gedoem.

Al die Super-spanne het reeds besluit om volgende jaar net spanne te bedryf in Superrugby, die Curriebeker-reeks en vir die onder-21-liga.

Weens die verandering aan die land se kontrakteringsmodel – met spanne wat in die toekoms nie meer as 40 tot 45 spelers sal mag kontrakteer nie – het die Super-franchises klaar SA Rugby in kennis gestel dat hulle nie in die reeks geïnteresseerd is vir die 2020-seisoen nie.

Die franchises glo met die beperkings op die getal spelers wat hulle sal kan kontrakteer sal hulle nie in staat wees om ’n bykomende span in die reeks in te skryf nie, veral nie met die beoogde spelersbegrotings wat in die toekoms nie meer as R60 miljoen mag beloop nie.

Die franchises meen hulle sal ’n ekstra 40 spelers moet kontrakteer om in die SuperSport-reeks te speel.

Terwyl ’n finale besluit oor die toekoms van die reeks later in die jaar geneem sal word, is dit ’n uitgemaakte saak dat dit sonder die Superrugby-franchises sal plaasvind indien dit sou voortbestaan.

Die probleem vir SA Rugby is dat sonder die SuperSport-reeks daar geen ander rugby as Superrugby in die eerste helfte van die jaar sal wees nie, met die uitsondering van die Varsitybeker-reeks en die klubreeks om die Goue Beker.

“Al die Super-spanne het reeds besluit om volgende jaar net spanne te bedryf in Superrugby, die Curriebeker-reeks en vir die onder-21-liga,” het ’n bron aan Rapport gesê.

“Dit is met die doel om die getal professionele spelers te verminder en die salarisbegrotings onder beheer te bring.”

SA Rugby en SuperSport sal later vanjaar ontmoet om na die kompetisiestrukture te kyk.

Een opsie is glo om die Curriebeker se Eerste Liga te verleng sodat dit oor ’n veel langer tydperk gespeel word, wat die leemte van die SuperSport-reeks kan vul indien dié reeks sou wegval.

So ’n liga sou ook kon speel om te help om spanne in Afrika te ontwikkel.

Zimbabwe, Namibië en selfs Kenia word genoem as spanne wat ingetrek kan word.

Die voorstelle is verlede November aan Saru se raad voorgelê en ’n finale besluit sal binne die volgende paar maande geneem word.

SuperSport se woordvoerder Sandile Luthuli het aan Rapport gesê die kompetisie is nie vir volgende jaar afgelas nie.

Vanjaar se kompetisie gaan nog voort en sal tussen 27 April en 29 Junie gespeel word.

Die bepalings sal in die volgende week bekend gemaak word.

Namibië en Zimbabwe gaan aan vanjaar se SuperSport-uitdaagreeks deelneem en glo onderskeidelik in die noorde van Suid-Afrika en Stellenbosch gesetel wees.

Die uitsaaier SuperSport het versoek dat die spanne vanjaar in noord- en suid-afdelings speel.

Namibië se Welwitschias sou verlede jaar in die Curriebeker-reeks se Eerste Liga gespeel het, maar moes weens ’n geldkrisis onttrek. Dit het gevolg op ’n twis tussen die nasionale beheerliggaam en die professionele maatskappy wat die nasionale span bedryf en geld van Wêreldrugby ontvang.

Namibië is in Suid-Afrika se groep by vanjaar se Wêreldbeker-toernooi en het die speelkans broodnodig.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.070 seconds.