Forum Home Forum Home > General Rugby > World Rugby Issues
  New Posts New Posts RSS Feed - Rugbybase bespreek nuwe Wêreldliga
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Ospreys in Swansea in the URC on 30 March 2024, kickoff is at 17:05

Rugbybase bespreek nuwe Wêreldliga

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39037
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Rugbybase bespreek nuwe Wêreldliga
    Posted: 13-Mar-2019 at 9:29am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/rugbybase-bespreek-nuwe-wereldliga-20190313

Wêreldrugby is bereid om af te wyk van die voorgestelde formaat van die Wêreldliga nadat daar uit verskeie oorde teenstand gekom het.

Planne vir die veelbesproke nuwe kompetisie vanaf 2022 behels dat 12 deelnemende lande mekaar elkeen een keer per seisoen aandurf, met halfeindstryde en ’n eindstryd wat aan die einde van die jaar beslis sal word.

Daar is sedert die plan op die lappe gekom het, groot kommer uitgespreek oor onder meer die welstand van spelers.

Soos die formaat in die stadium daar uitsien, sal die topspanne vyf naweke agtereenvolgens speel aan die einde van die jaar.

Daar word verneem dat die halfeindronde dalk voorlopig geskrap kan word wanneer die wêreld se rugbybase Donderdag in Dublin vergader.

Verteenwoordigers van al die voorste rugbylande, asook van Fidji, Japan en International Rugby Players gaan in die Ierse hoofstad byeenkom vir die belangrike ontmoeting.

Dit kom nadat die Engelse Premierliga en die Franse klubs ’n verklaring uitgestuur het waarin hulle hul misnoeë uitgespreek het, meerendeels omdat hulle nie in die saak geken word nie.

Hulle voer ook aan die voorgestelde liga is ’n verontagsaming van die sogenaamde San Francisco-ooreenkoms wat twee jaar gelede gesluit is.

“Die ooreenkoms wat in Januarie 2017 gesluit is nadat alle rolspelers, insluitend die Franse klubs en die Engelse Premierliga dit bespreek het, het ’n internasionale kalender tot 2032 uiteengesit.

“Dit blyk asof ons nou uitgesluit word van die nuwe plan, hoewel dit die San Francisco-ooreenkoms en alle ander elemente van die spel beduidend sal verander.

“Dit is jammer dat Wêreldrugby nie al die aandeelhouers in die saak ken nie,” lui die verklaring.

Afgesien van kommer oor spelers se welstand, moet die Sesnasies-lande nog konsensus bereik oor ’n promosie- en relegasiestelsel.

Eddie Jones en Conor O’Shea, onderskeidelik breiers van Engeland en Italië, het wel die afgelope naweek die konsep in beginsel ondersteun.

Volgens Gareth Davies, die Wallis Rugbyunie (WRU) se voorsitter, is die rugbylandskap “die uitdagendste en mees dinamies sedert die spel in 1995 die beroepsera ingegaan het”.

* Dit is intussen onseker wanneer die voorgestelde liga plaaslik bespreek gaan word.

’n Hooggeplaaste in Suid-Afrikaanse rugby wat anoniem wou bly, sê dit is onseker wat Saru se standpunt is.

Jurie Roux, uitvoerende hoof, en dr. Mark Alexander, die president, sal Saru in Dublin verteenwoordig.

“Dit is ’n belangrike vergadering (in Dublin), maar ons het dit nog nie bespreek nie. Het Jurie-hulle dan ’n mandaat namens Suid-Afrikaanse rugby?”

Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.063 seconds.