Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Bulle se slotspens loop leeg
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Cardiff at Ellis Park in the URC on 11 May 2024, kickoff is at 18:15

Bulle se slotspens loop leeg

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39121
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Bulle se slotspens loop leeg
    Posted: 07-Mar-2019 at 9:28am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/bulle-se-slotspens-loop-leeg-20190306

Die Suid-Afrikaanse Superrugby-franchise met die grootste diepte op slot, het nou ’n krisis in dié posisie.

Wanneer die Bulle Saterdag op Loftus Versfeld die Haaie aanvat, sal dit sonder vier van die span se voorste slotte wees.

Die kaptein, Lood de Jager, se Superreeks-veldtog is vir alle praktiese doeleindes iets van die verlede nadat hy vandeesweek ’n skoueroperasie ondergaan het. Eli Snyman, wat in De Jager se plek teen die Leeus gespeel het en nogmaals sy talent onderstreep het, moes hom Woensdag ook weens ’n beseerde skouer aan die span onttrek. Verder sal die Springbok RG Snyman sal eers aan die einde van die maand sy terugkeer ná ’n enkeloperasie maak, terwyl Hendré Stassen steeds vir Heyneke Meyer se Franse klubspan, Stade Français, in Parys uitdraf.

Pote Human, Bulle-breier, het noodgedwonge die losvoorspeler Hanro Liebenberg as Jason Jenkins se slotmaat gekies. Human sê hy is vol vertroue dat Liebenberg bedrewe genoeg in die tweede ry is.

“Hanro het (in die afseisoen) vir Stade Français slot gespeel en hy is gewoond aan die posisie. Ons is dun op slot, maar daar is nog ’n paar opsies.”

Die Blou Bulle Maatskappy (BBM) het verlede maand gesê die 21-jarige Stassen, wat sy stempel met oorgawe in Meyer se span afdruk, moet aan die einde van die maand in Pretoria aanmeld. Dit lyk egter of dit nou nie meer ’n uitgemaakte saak is nie.

Dit is ’n karaktertoets vir ons, maar ons is terug op Loftus en ouens soos Tim en Jannes brand om te speel.

“Ek weet hulle wil hom permanent daar hê, so dit is ’n besluit wat die (Bulle se) raad moet neem,” sê Human.

Aston Fortuin, wat al vir die span in die Curriebeker-reeks gespeel het, het boonop die afgelope week ’n toonbesering opgedoen en kon ook nie oorweeg word nie.

Om alles te kroon, is daar verdere ontwrigting voorlangs met die flank Ruan Steenkamp wat harsingskudding teen die Leeus opgedoen het.

Tim Agaba is ingesluit in Liebenberg se plek en Jannes Kirsten kry die nr. 6-trui.

Die baljagter Roelof Smit, wat die afgelope twee weke saam met die span geoefen het ná sy langtermyn-besering, is nog nie fiks genoeg nie.

“Dit is ’n karaktertoets vir ons, maar ons is terug op Loftus en ouens soos Tim en Jannes brand om te speel.

“Wanneer jy ’n speler soos Lood verloor gaan dit altyd ’n groot verlies wees. Hy is van wêreldgehalte en ’n lynstaankenner. Dit maak wel deure oop vir spelers soos Eli Snyman.”

Human het bevestig dat die losskakel Handré Pollard die Bulle vir die res van die kompetisie sal lei.

Die enigste verandering aan die agterlyn is Ivan van Zyl wat op skrumskakel ingesluit is in sy Bok-spanmaat Embrose Papier se plek.

Warrick Gelant, Cornal Hendricks, Jesse Kriel, Dylan Sage, Rosko Specman, Handré Pollard (k), Ivan van Zyl, Duane Vermeulen, Tim Agaba, Jannes Kirsten, Jason Jenkins, Hanro Liebenberg, Trevor Nyakane, Schalk Brits en Lizo Gqoboka. PLAASVERVANGERS: Corniel Els, Simphiwe Matanzima, Dayan van der Westhuizen, Thembelani Bholi, Paul Schoeman, Embrose Papier, Manie Libbok en Divan Rossouw.
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4954
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 07-Mar-2019 at 10:07am
Dalk sal Matfield weer 'n comeback maak? Dit is tog 'n wereldbeker jaar en hy sal sekerlik die bok span kan maak? Tongue
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39121
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 07-Mar-2019 at 10:15am
Nee hulle soek senters wat nie tien meter terug geduik word nie, 5 meter terugeduik is klaar genoeg
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.094 seconds.