Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Kitshoff-terugslag tref Stormers
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Cardiff at Ellis Park in the URC on 11 May 2024, kickoff is at 18:15

Kitshoff-terugslag tref Stormers

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39121
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Kitshoff-terugslag tref Stormers
    Posted: 14-Feb-2019 at 7:13pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/kitshoff-terugslag-tref-stormers-20190214

Die Stormers kan straks vir die eerste ses weke van vanjaar se Superrugby-reeks sonder hul Springbok-loskopstut, Steven Kitshoff, moet regkom.

Hul afrigter, Robbie Fleck, het dié skok onthulling Donderdag met die bekendmaking van sy span vir Saterdag se wedstryd teen die Bulle op Loftus gemaak.

“Die mikpunt is om Steven vir ons toer beskikbaar te hê. As ons hom voor dan teen die Jaguares kan inspan, sal dit ’n bonus wees,” het Fleck gesê.

Om sake te vererger, is die Bok-vaskopstut Frans Malherbe ook nie beskikbaar nie. Hy het ’n hou teen die knie weg en sal eers aanstaande week vir die wedstryd teen die Leeus oorweeg kan word.

Die Stormers se ander Bok-skrumanker, Wilco Louw, sal die nr.3-trui dra, terwyl Ali Vermaak in Kitshoff se posisie speel.

Fleck het ook verras deur Salmaan Moerat bo die Westelike Provinsie se Curriebeker-kaptein, Chris van Zyl, as JD Schickerling se slotmaat te kies.

“Salmaan is ’n jong speler wat baie energie na die groep bring. Hy was lekker fisiek en met dié dat die Bulle met spelers soos Jason Jenkins, Lood de Jager, Duane Vermeulen en Hanro Liebenberg ’n groot pak voorspelers het, gaan hy sy man moet staan,” sê Fleck.

Fleck het vir Damian Willemse op losskakel gekies, maar gaan hom in die tweede helfte heelagter toe skuif wanneer hy vir Jean-Luc du Plessis opstuur.

Daar gaan twee debutante wees: Ruhan Nel begin op buitesenter en die aanwins van die Leeus, Corné Fourie, is die loskopstut op die plaasvervangersbank.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.063 seconds.