Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Geen top-poste vir Div en Treu, hoor spelers
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Cardiff at Ellis Park in the URC on 11 May 2024, kickoff is at 18:15

Geen top-poste vir Div en Treu, hoor spelers

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39121
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Geen top-poste vir Div en Treu, hoor spelers
    Posted: 14-Feb-2019 at 8:09am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/geen-top-poste-vir-div-en-treu-hoor-spelers-20190213

Die Westelike Provinsie Rugbyunie (WPRU) beplan nie om vir Gert Smal as sy direkteur van rugby te vervang nie en nóg Peter de Villiers, nóg Paul Treu word oorweeg om die Stormers in aanstaande jaar se Superrugby-reeks af te rig.

Dís glo terugvoer wat die unie se senior spelers van die spelersliggaam Myplayers ontvang het in die nadraai van verlede week se vergadering met Kaapse rugbybase.

Myplayers se besturende direkteur, Eugene Henning, wou egter nie die kommunikasie met spelers bevestig of kommentaar lewer nie.

Spelers het indringend antwoorde oor toekomstige strukture gesoek ná berig is dat die WP se amateur-administrateurs vir Smal met Treu wil vervang én wil hê dat De Villiers, ’n voormalige Springbok-afrigter en tans breier van Zimbabwe, die span vorentoe moet afrig.

Smal se kontrak as direkteur van rugby verstryk later vanjaar, maar die gerugte loop dat dit ’n uitgemaakte saak is dat hy hom reeds voor dan by Toyota Verblitz in Japan gaan aansluit. Jake White is dié span se hoofafrigter.

Hy wou by navraag nie kommentaar lewer hieroor nie.

Sou hy wel die unie verlaat, sal dit ’n regstreekse gevolg wees van die magstryd wat die afgelope klompie weke tussen die WP se amateur-raad en sakevleuel gewoed het.

Etlike spelers gaan waarskynlik ook later vanjaar ander weivelde gaan soek, maar hoofsaaklik omdat die meeste Springbokke se kontrakte ná die Wêreldbeker-toernooi verstryk.

Die WP gaan egter ook ander seniors verloor. Die gerugte loop reeds sterk dat die veelsydige agterspeler Dillyn Leyds hom later vanjaar by die Engelse klub Wasps gaan aansluit. Wasps is in die mark vir ’n heelagter omdat hul paaie met dié van die Springbok-heelagter Willie le Roux gaan skei.

Met dié dat Smal verantwoordelik is vir die kontraktering van spelers, sal die WP in ’n delikate posisie wees indien hy binnekort sy bande met die unie verbreek.

Inteendeel, dit kan ’n groot krisis ontketen met sy intellektuele kapitaal wat dalk deur die loop van die Stormers se Superrugby-veldtog verlore kan wees.

Daar heers vir eers ’n skietstilstand in die unie nadat die amateur-raad hom teen ekonomiese realiteite vasgeloop het. Sou die sakevleuel sy mag verloor het, of selfs deur die amateur-raad ontbondel is, sou borgskappe, spelers se kontrakte en selfs die lisensie vir die unie se Superrugby-franchise in die gedrang gewees het.

Al daardie regte is gesetel in die sakevleuel, waarvan die direksie meestal gefrustreerd is met verkose amptenare wat op hul tone wil trap. Die unie is egter die alleen-aandeelhouer in die sakevleuel, wat die amateur-raad aansienlik bemagtig.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.125 seconds.