Forum Home Forum Home > General Rugby > SA Rugby Issues
  New Posts New Posts RSS Feed - Colby VS-rugby se nuwe grootbaas
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Ospreys in Swansea in the URC on 30 March 2024, kickoff is at 17:05

Colby VS-rugby se nuwe grootbaas

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39037
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Colby VS-rugby se nuwe grootbaas
    Posted: 17-Jan-2019 at 5:22am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/colby-vs-rugby-se-nuwe-grootbaas-20190116

Dis amptelik: Selwyn Colby is as die Vrystaat Rugbyunie se nuwe algemene bestuurder aangestel ná ’n uitgerekte proses.

Dit volg na die eerstekeuse-kandidaat, Robbie Blair jr. die aanbod wat die unie hom gemaak het, van die hand gewys het. Colby en Willem van Huyssteen was volgende in die ry.

Colby is reeds 12 jaar aan die unie verbonde as bestuurder van amateur rugby. Hy het in 2018 as algemene bestuurder waargeneem nadat die pos in 2013 vakant geraak het na die dood van Gerda von Solms.

Blair het uitstekend in al sy onderhoude gevaar, maar die wat hom aangebied is, was glo nie genoeg om hom te oortuig om Kaapstad vir die Rosestad te verruil nie.

Colby se aanstelling is deur die president van die unie, Jerry Segwaba, bevestig.

Hy sê hoewel Blair die unie se aanvanklike keuse was, is daar niks snaaks of sinister aan Colby se aanstelling nie. Trouens, hulle kon nie vir ’n beter kandidaat gevra het nie sê hy.

“Selwyn se aanstelling het niks met kleur te make nie. Hy is ’n goeie dienskneg van Vrystaat Rugby en ons weet hy is verbind tot die unie.

“Een van sy hooftake sal wees om die unie te herposisioneer en ook goeie verhoudings al die unies van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) te bou.

“Ons (die unieraad aan wie Colby rapporteer) is vol vertroue dat hy sy beste sal gee,” sê Segwaba.

Soos in sy vorige pos (amateur rugby) kan Colby se nuwe pos amper as ’n verlenging van sy pligte gesien word.

“Hy sal amateur rugby onder sy vlerke hê en hy sal ook ons handelsmerk moet uitbrei. Hy sal moet kyk na klubrugby, dat dit weer kom waar dit voorheen was. Soos sake staan, het ons meer klubs nodig, hy moet gaan kyk na plekke soos Botshabelo en dies meer.

“Ons is gelukkig met sy aanstelling, ongeag of Robbie die pos aangebied is en hy dit van die hand gewys het.

“Daarom wil ek al ons lede (in die unie) vra om hom te ondersteun, want dit gaan sy werk wees om hulle te bedien. Ons verwelkom Selwyn en steun hom in alles wat hy doen.”

Colby sê hy sien uit na die uitdaging wat voorlê.

“Ek ek het verlede jaar amptelik in die pos waargeneem, dus weet ek waarvoor ek my inlaat. Dit is eintlik maar heel eenvoudig; ek wil die werk tot die beste van my vermoë doen.

“Ek kom al ’n lang pad met die unie en is lief vir rugby, ek is hier om rugby te dien,” sê Colby.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.078 seconds.