Forum Home Forum Home > General Rugby > SA Rugby Issues
  New Posts New Posts RSS Feed - Oorname ‘bedreig’ rugby
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Ospreys in Swansea in the URC on 30 March 2024, kickoff is at 17:05

Oorname ‘bedreig’ rugby

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39037
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Oorname ‘bedreig’ rugby
    Posted: 13-Jan-2019 at 6:55am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/oorname-bedreig-rugby-20190112

Rugby moet nie sy siel verkoop nie.

Dís die boodskap van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se president, Mark Alexander, in die aangesig van die sportsoort se grootste bedreiging tot nog toe, met ’n private konsortium wat sy aandag op die spel gevestig het om deur beleggings groot geld vir aandeelhouers te maak.

Die private aandeelhouerkapitaal maatskappy CVC het opslae gemaak toe hy vir £200 miljoen (nagenoeg R3,5 miljard) ’n aandeel in Premiership Rugby gekoop het. Nou is daar gerugte dat toetsrugby die volgende teiken is.

CVC is al jare lank ’n baie omstrede maatskappy.

Hulle was die voormalige eienaar van Formule Een voordat daardie belegging in 2017 verkoop is.

Hul nalatenskap in motorsport lyk egter soos ’n gruwelprent. Spanne was in opstand oor CVC se bedryfsmodel en die adjunk-spanleier van Force India, Bob Fernley, het die maatskappy daarvan beskuldig dat hulle die sport “verkrag”.

“Alles wat hulle gedoen het, was om doelbewus soveel moontlik geld uit die sport te ontgin en so min as moontlik terug te ploeg,” het Fernley aan die Guardian gesê.

Nou is dié omstrede maatskappy by rugby betrokke.

Wêreldrugby is reeds op hul hoede oor CVC se planne om in rugby te belê.

CVC se aandeel in Premiership Rugby het reeds wrywing tussen die Engelse Rugbyunie (RFU) en klubeienaars veroorsaak.

Daar word nou wyd bespiegel dat toetsrugby die volgende teiken is.

Saru se uitvoerende bestuur sal die kwessie op 25 Januarie by sy jaarlikse bosberaad bespreek en ’n strategie bepaal oor hoe om private aandeelhouding so goed moontlik vir die sport te benut sonder om al die regte prys te gee.

“Private aandeelhouding is onvermydelik. Rugby het wêreldwyd belegging nodig, maar jy hoef nie jou siel te verkoop nie,” sê Alexander aan Rapport.

“Met die ooreenkoms is daar ’n aansporing om ’n verhoging in die kommersiële en borgskapregte te bewerkstellig. Maar in die ooreenkoms met die Premierskap in Engeland, het CVC het ’n belang van 30% (in Premiership Rugby) bekom, maar al die kommersiële regte in ’n ander maatskappy geplaas waarin Premiership Rugby ’n minderheidsaandeel het. Terwyl hulle (Premiership Rugby) nog in beheer van die kompetisie is, beheer iemand anders dit vanuit ’n finansiële oogpunt. Jy wil nooit totale beheer oor jou kompetisies verloor nie,” sê Alexander.

Alexander is bekommerd dat geld swaarder as die toekoms van die spel sal weeg as Sanzaar of Wêreldrugby ’n soortgelyke aanbod kry.

die dollartekens sal meer beteken as die toekoms van die spel. Toetsspanne sal om kommersiële redes skielik gedwing kan word om enige plek ter wêreld teen mekaar te speel.

“Terwyl dit wonderlik is om aandeelhouer-kapitaal in rugby in te bring, moet dit egter binne reëls geskied sodat ons nie die beheer van rugby aan groot ondernemings oorgee nie. Ons moenie ons siel verkoop nie. Ons wil nie hê ’n derde party moet aan ons dikteer waar en wanneer ons moet speel nie,” sê Alexander.

“Dis belangrik dat Saru ’n strategie het om die aandeelhouers-kapitaal reg te benut.

“Dit gaan oor ligas – CVC neem eienaarskap van ’n toernooi soos die Curriebeker-reeks, Pro14 of Superrugby, en verkoop die regte.

“Jy wil nie ’n situasie hê waar een party te veel mag het en die terme kan dikteer nie.”

Alexander is bekommerd dat rugby in so ’n geval nie meer in beheer van sy eie toekoms sal wees nie.

“Rugby moet rugby beheer en besigheid moet die besigheidsdeel beheer. Ons wil nie beleggings om meer geld in die sport te bring aan bande lê nie, maar moet ’n strategie hê sodat dit ons nie benadeel nie,” sê hy.

“Saru gaan vanjaar op ’n strategie besluit oor private aandeelhouding.

“Ons het so ’n strategie nodig indien ’n situasie homself voordoen en moenie onkant betrap word nie. Die strategie sal ons beleid bepaal op die beheerliggame waarop ons dien.

“Daar word baie oor die nuwe toetsvenster gepraat en hierdie het ’n groot invloed op al die besprekings. Ons het so ’n strategie nodig om die beste vir sowel die aandeelhouers as SA Rugby te kry.”

“Ons het ons strategiese beplanningsessie later die maand en ons sal dit daar bespreek. Sodra ons die sessie het, sal ons die jaar se plan met die borge en alle aandeelhouers van die spel deel. Ons het verlede jaar baie goed gedoen en ons doelwitte bereik.

Alexander sê verder dat interaksie met ondersteuners die basis van Saru se doelwitte by die strategiese beplanningsessie sal vorm.

“Ons het in die verlede dalk nie die kontantvloei gehad om alles te doen nie, maar ons maak vordering,” sê hy.

“Ons het nou vir Accenture wat help en interaksie met ondersteuners is ’n prioriteit. Ons wil aan ondersteuners ’n beter ervaring op wedstryddae gee. Dis belangrik.

“Borge koop nie meer net die name op truie nie. Hulle soek meer. Ons het baie meer om aan moontlike borge te bied.”
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39037
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Jan-2019 at 6:57am
>>> Toetsspanne sal om kommersiële redes skielik gedwing kan word om enige plek ter wêreld teen mekaar te speel.

Soos teen Wallis in die VSA buite die toetsvenster?
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.092 seconds.