The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Swys: Leeus se jonges gaan teiken wees |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 10-Jan-2019 at 6:51pm |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/swys-leeus-se-jonges-gaan-teiken-wees-20190110
Spanne gaan daarop uit wees om die Leeus vanjaar voorlangs te boelie in die Superrugby-reeks. Só sê dié span se afrigter, Swys de Bruin. Al het 18 van die 38 spelers in die Leeus se groep geen ervaring van Superrugby nie, skrik dit De Bruin nie af nie. “Ons gaan hierdie seisoen baie staatmaak op van die jong spelers in ons groep, maar ek is nie bang om die jonges ’n kans te gee nie. Daar is baie talentvolle spelers wat net wag vir daardie kans om te wys wat in hulle steek,” sê hy. De Bruin sê hy gaan ook nie vanjaar onnodige druk op sy spelers plaas deur daarop te hamer dat hulle hierdie die jaar moet maak waarin die Supertrofee ná drie kere as naaswenner verower moet word nie. “Ons gaan net aangaan met dít wat ons spel kenmerk. Ons wil nog steeds drieë druk en ons ondersteuners vermaak met ons avontuurlustige spel. “Ek wen eerder ’n wedstryd met 50-40 as wat ek dit met 10-9 wen,” sê hy in antwoord op die vraag wat hy gaan doen met die verdediging, wat verlede seisoen die groot probleem was. Die verlies van staatmakers in die agttal soos Franco Mostert, Jaco Kriel, Ruan Dreyer en Jacques van Rooyen is gewis ’n terugslag vir die Leeus voorlangs en dit is hoekom hy glo spanne sal dit as ’n kwesplek beskou en ’n teiken van hul agttal maak. “Agterlangs het ons eintlik net vir Rohan Janse van Rensburg verloor en het ons nog ’n baie goeie agterlyn met baie ervaring, maar ook jong outjies soos Wandisile Simelane, Manni Rass, Gianni Lombard en Tyrone Green wat deurkom. Dit gaan egter belangrik wees dat hulle die bal kry.” Die Haaie-slot Stephan Lewies het as leenspeler by die Leeus ingeval en het vandeesweek die eerste keer saam met die span geoefen. “Ek ken Stephan van sy junior dae by die Haaie toe ek ook nog daar was en hy is ’n uitstekende lynstaanman en vang die bal goed uit die lug uit. Hy het ander vaardighede as Franco (Mostert),” sê De Bruyn. Hy het ook gepraat oor die vaskopstut Carlu Sadie, wat hulle in die Kaap gaan leen het. “Hy was so derde of vierde in die ry by die Stormers en ek geniet dit om sulke ouens te gaan haal, wat by hul eie span agter in die ry staan. As jy die regte knoppies met hulle druk, kry jy die beste uit hulle uit. Carlo is gebou soos ’n yskas en ek wil graag sien wat hy kan doen,” sê De Bruyn. Om vanjaar oorsee te gaan vir hul eerste wedstryd en daar in Buenos Aires teen die Jaguares iets te moet gaan doen wat hulle nog nooit kon regkry nie, sê De Bruyn dit is ’n vooruitsig wat hom opgewonde maak. “Die Argentyne het verlede jaar baie gespeel as nasionale span ook en ek voel die beste tyd om hulle te pak is nou so vroeg in die seisoen, terwyl hulle nog aan die herstel is,” sê hy. De Bruyn sê die flank Cyle Brink sal in Februarie weer beskikbaar wees ná ’n besering verlede jaar sy seisoen kortgeknip het, terwyl die vaskopstut Johannes Jonker ook eers in Maart oorweeg sal kan word. |
|
![]() |
|
Vaal Leeu 3 ![]() Ervare Leeu ![]() ![]() Joined: 04-Mar-2017 Location: Sasolburg Status: Offline Points: 647 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Hoop maar Lewies kan in algemene spel en verdediging so inklim soos Mostert gedoen het
|
|
![]() |
|
valie ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 02-Apr-2016 Location: ver van hier Status: Offline Points: 2681 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Ek lees op FB dat mense spekuleer dat Kwagga oppad is Harlequins toe. Sal sleg wees om hom te verloor.
|
|
![]() |
|
Leeubok ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 31-Mar-2016 Location: KZN Status: Offline Points: 4954 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
"“Ons gaan net aangaan met dít wat ons spel kenmerk. Ons wil nog steeds drieë druk en ons ondersteuners vermaak met ons avontuurlustige spel.
“Ek wen eerder ’n wedstryd met 50-40 as wat ek dit met 10-9 wen,” sê hy in antwoord op die vraag wat hy gaan doen met die verdediging, wat verlede seisoen die groot probleem was." Daai maak my bekommerd. Meer keer as nie gaan ons meer driee afstaan danksy vrot verdedeging as wat ons self gaan druk. Ek vat eerder 'n 9-6 wen as 'n 40-50 verloor.
|
|
![]() |
|
Leeubok ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 31-Mar-2016 Location: KZN Status: Offline Points: 4954 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Voor of na hierdie jaar se super rugby?
|
|
![]() |
|
Goue Leeu ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 18-Apr-2016 Status: Offline Points: 2219 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Swys praat van 18 spelers in ons groep sonder Super Rugby ondervinding. Die groep wat ons in die week bespreek het, het nie so baie onervare spelers in nie... miskien 6 of 7 sonder Super Rugby ondervinding. Ek raak nou bietjie bekommerd oor hoe ons groep regtig lyk!
|
|
![]() |
|
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Nee wat ek dink daai name soos ons dit genoem het in die update is baie na aan ons groep. Sodra ons die volledige groep het, kan mens mos sien wie het SR ervaring en wie het nie. Ons behoort mos die groep einde Januarie te kry, so net bietjie meer as 2 weke om te wag
|
|
![]() |
|
Rooibonte8 ![]() Jong Leeu ![]() Joined: 02-Apr-2016 Location: Rayton Status: Offline Points: 414 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
As ek die ding so kyk moet ons hoop dat ons die spelers wat weg is met spelers vervang wat 90% so goed is ten minste, vaskop moet ons hoop Sadie doen dit vir ons ek glo nie die ander is selfde kwaliteit nie, loskop kan ons maar rustig slaap solank Smit gesond bly, slot dink ek sal ons ok wees met Erasmus as hy terug is en hoop Lewies is op vorm, flank glo ek nie sal ons ooit vir Jaco kriel kan vervang nie, senter dink ek is on ook ok
|
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |