The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Bulle kom bo uit in getjommel op Kingspark |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 31-Mar-2019 at 7:56am |
Die skobbejak-gedrag van Schalk Brits en Akker van der Merwe, twee van rugby se “goeie ouens”, vertel die storie van Saterdag se Superrugby-kragmeting tussen die Haaie en die Bulle in Durban. Dié twee hakers het só gefrustreerd geraak dat hulle ná ’n gestoeiery naby die Bulle se doellyn in die tweede helfte, in ’n vuisgeveg betrokke geraak het. Albei is met rooikaarte gestraf, maar hul gedrag eggo waarskynlik die woede wat ondersteuners sou ervaar wat Saterdag 80 minute opgeoffer het om na dié prulspul te kyk. Die Bulle het met 19-16 gewen ná ’n strafdoel ’n minuut voor die einde, terloops. Dít ná ’n reuse-skrum wat die Haaie weggevee het. Maar dis nie die hoofstorie van dié wedstryd nie. Die vrotsige gehalte van die rugby wat opgedis is in ’n Suid-Afrikaanse derby-stryd sal ’n bron van kommer wees. Daar is aangeslaan asof spelers daarvoor betaal word, balle is direk uitgeskop, duikslae is verbrou, oordeelsfoute is begaan, lynstaanballe – meer gereeld deur die Haaie – het verlore gegaan. Teen rustyd was die telling 6-3 in die Bulle se guns. Een stukkie omstredenheid het darem kleur aan die eerste helfte verleen – ’n “drie” deur Dan du Preez wat nie toegeken is nie. Louis Schreuder, die Haaie se skrumskakel en kaptein, het veldaf geskop, waarna die bal vreemd gehop het teen die kantlyn en Handré Pollard, op dekverdediging, ontwyk het. Die bal het in Aphelele Fassi se hande gehop, wat op sy beurt na Du Preez uitgegee het om oor te duik. Die TV-skeidsregter Christie du Preez se hulp is ingeroep en hy het beslis die bal het uitgehop voordat Fassi dit gegryp het. Die tweede helfte het beter begin met Du Preez wat toe wél sy drie gekry het. ’n Getjommel het gevolg en enige hoop dat die wedstryd ’n goeie vertoonvenster van Suid-Afrika se bestes sou bied, het gou gesterf. Terwyl die agtsteman, Du Preez, ’n goeie wedstryd beleef het, was Robert, sy ouboet en die losskakel, power. Hy het ’n paar balle aangeslaan en drie stelskoppe verbrou. Hy het ook die duikslag verbrou wat tot Jesse Kriel se drie gelei het. Burger Odendaal het met minagting oor hom gestormram van eerstefasebesit af voordat die Bulle se binnesenter Kriel met die grootste gemak weggestuur het. Wat nog erger is, is die versuim van Du Preez se pa, Robert senior, om hom te vervang ná dié kleitrappery van hoogstaande gehalte. Dit sou verstaanbaar wees as die Haaie nie ’n losskakel op die plaasvervangersbank gehad het nie, maar in Curwin Bosch het hulle nie net ’n losskakel nie, maar ’n puik generaal op die veld. Waarom weier Du Preez sr. om sy seun van die veld te haal? Die Bulle het deurentyd die chaos beter hanteer en dít is waarom hulle gewen het. Hulle het ook hul kanse beter benut en is opsigtelik die meer volwasse span. Die Bulle se groot spelers het ook opgestaan toe dit saak gemaak het, al het hulle almal vroeër ook foute begaan. Duane Vermeulen het twee keer belangrike omgekeerde besit bewerkstellig nadat hy vroeër ’n bal oor die kantlyn aangeslaan het. Kriel se drie was belangrik en hy het goed verdedig, al het hy ook aangeslaan. Pollard se skopwerk was foutloos. Brits skuld sy span egter ’n verskoning. Ditto Van der Merwe. * Puntemakers: Bulle 19 (6): Drie: Jesse Kriel. Doelskop: Handré Pollard. Strafdoele: Pollard (4). Haaie 16 (3): Drieë: Dan du Preez, André Esterhuizen. Strafdoele: Robert du Preez (2).
|
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |