The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Dis binnekort ‘sayonara’ Sunwolves |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 21-Mar-2019 at 7:53am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/dis-glo-binnekort-sayonara-sunwolves-20190320
Japan se deelname aan die Superrugbyreeks gaan glo binnekort tot ’n einde kom. The Australian berig Sanzaar, die beheerliggaam van die toernooi, het reeds besluit om die Sunwolves die trekpas te gee en die Asiatiese franchise sal voor die einde van die week daaroor ingelig word. Sanzaar het bevestig hy doen Vrydag ’n amptelike verklaring oor die toekoms van die reeks. Daar word bespiegel die Sunwolves sal in 2020 vir die laaste keer in die Superrugbyreeks verskyn. Die Japanners sukkel sedert hul buiging in die kompetisie in 2016 en het slegs sewe van hul 43 wedstryde gewen. ’n Woordvoerder vir die Sunwolves sê Sanzaar het die franchise gevra om ’n deelname-fooi te betaal, maar die klub het geweier. Volgens The Australian is geen ander franchise gevra om ’n soortgelyke deelname-fooi op te dok nie. Die Suid-Afrikaanse franchises is glo voorstaanders vir die Sunwolves se uitsluiting weens die uitmergelende reise na Tokio en Singapoer, asook die feit dat wedstryde teen die Japanners nie juis groot toeskouergetalle in Suid-Afrika lok nie. Die ironie is dat die Sunwolves, wat meestal uit oorsese spelers bestaan, baie beter vaar in 2019. Hul sege van 30-15 oor die Chiefs in die derde ronde van vanjaar se reeks was hul eerste oorwinning weg van die huis. Hulle het die Blues opdraande gegee op Eden Park voordat hulle met 20-28 verslaan is en naelskraap tuis teen die Waratahs (30-31) en die Reds (31-34) verloor het. “Sanzaar en sy belanghebbers sal geen kommentaar lewer oor Superrugby nie totdat die verklaring (Vrydag) uitgereik word,” sê die beheerliggaam. |
|
![]() |
|
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Ek neem aan met 14 spanne kan hulle terugkeer na iets waar elke span een keer teen elke ander span speel
|
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |