The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Bulle wil 7 maer jare in Jozi beëindig |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 01-Mar-2019 at 1:52pm |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/bulle-wil-7-maer-jare-in-jozi-beeindig-20190301
Die Bulle is versigtig optimisties dat hulle Saterdag ’n einde kan bring aan hul sewe maer jare in die Superreeks teen die Leeus in Johannesburg. Daar is die afgelope week in die Bulle-kamp verstaanbaar met die grootste agting van die Leeus gepraat in die opbou tot die spanne se kragmeting in die derde ronde van die kompetisie. Tóg het die besoekers lanklaas so ’n goeie kans gehad om Saterdagmiddag laat met ’n seldsame sege die N1-snelweg aan te pak huis toe. Kan Handré Pollard en sy span wel op Ellispark die botoon voer, sal dit die Bulle se eerste triomf sedert 2012 in Johannesburg wees. Toe die Pretorianers dít laas vermag het, het Frans Ludeke nog die span afgerig en was Pierre Spies die kaptein. Die Leeus het op die keper beskou nie meer so ’n gedugte agttal nie. Hulle het die afgelope twee seisoene die dienste van staatmakers soos Ruan Ackermann, Jaco Kriel, Franco Mostert, Ruan Dreyer, Jacques van Rooyen, Julian Redelinghuys en Akker van der Merwe verloor. Die Leeus-kaptein, Warren Whiteley, en die slot Marvin Orie is boonop beseer. Veral Whiteley se afwesigheid is ’n groot terugslag. Op papier lyk die Bulle sterker in die pak, hoewel hulle self sonder hul kaptein, Lood de Jager, is. Pote Human, hoofafrigter van die besoekers, sê hulle gaan nie windmakerig wees deur te dink dit gaan vanjaar enigsins makliker wees in die Leeukuil nie. “Dit sal ’n wanopvatting wees en een wat ons duur te staan sal laat kom. “ ’n Pak met spelers soos Malcolm Marx en Kwagga Smith gaan jou altyd beproef. Ons weet dit gaan ’n tipiese Jukskei-derby wees.” Om in die kompetisie hond haaraf te maak is die goue reël: wen al jou tuiswedstryde en twee of drie weg van die huis af. Human en sy span is vandeesweek daaraan herinner dat ’n week ’n lang tyd in rugby is. Die vorige naweek het hulle die Stormers ’n loesing op Loftus Versfeld gegee en het dit opgevolg met ’n onoortuigende poging in Buenos Aires teen die Jaguares. Daar word reeds vergelykings getref met verlede seisoen, toe die Bulle in die openingsronde met die Hurricanes afgereken het, maar daarna die kluts kwytgeraak het. ’n Sege oor die Leeus sal die Bulle, wat die doelwit nastreef om vir die eerste keer in baie seisoene die uitspeelronde te haal, help om die praatjies in die kiem te smoor. * Edgar Rathbone, die besturende direkteur van Ellispark, het intussen aan Tinus van Staden gesê 27 000 kaartjies is reeds teen Vrydagoggend vir dié kragmeting verkoop. “Dit sluit komplimentêre kaartjies vir skole en klubs in. Ons glo daar sal nog redelik kaartjies vandag (Vrydag) en môre verkoop word,” sê Rathbone. Ellispark het plek vir 62 500 toeskouers. |
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |