The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Bulle leen Smith tot Maart in April se plek |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 10-Feb-2019 at 6:16am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/bulle-leen-smith-tot-maart-in-april-se-plek-20190209
Die Bulle het die opwindende Chris Smith as die beseerde Garth April se plaasvervanger gekontrakteer. “Ons leen Chris van Maandag af tot einde Maart by die Pumas,” het Xander Janse van Rensburg, die Blou Bulle Maatskappy (BBM) se hoëprestasiebestuurder, gesê. Die losskakel Smith speel sedert einde verlede jaar vir die Pumas. Hy was in 2018 een van Maties se sterre in die Varsitybeker-reeks. Smith is deur die Bulle betrek om diepte te verskaf as Handré Pollard of Manie Libbok beseer raak. Die Bulle kan ook vir Tinus de Beer, Tuks se leenspeler van Griekwas, oorweeg. Nog een van Pretoria se losskakels, Marnitz Boshoff, herstel van ’n besering en behoort volgens Janse van Rensburg in April fiks te wees. April se kontrak met die Bulle het platgeval nadat hy nie sy mediese toetse kon slaag nie. Hy het met ’n skouerbesering teruggekeer nadat hy vir die NTT Shining Arcs in Japan gespeel het. April (27) moet ’n operasie ondergaan en kan tot ses maande uit rugby wees. Smith se gewese Matie-spanmaat, die senter Chris Smit, het dié week ’n kontrak met Griekwas gesluit. Smit tel saam met Anthony Volmink (Leeus), Eduan Keyter (WP), Grant Hermanus (WP), Keanu Vers (OP), De Beer (Bulle en Tuks), Michal Haznar (WP), Victor Sekekete (Bulle), Cody Basson (Griffons) en Johan Momsen (Maties) onder Griekwas se aanwinste. |
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |