The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Afleggings: Bulle, WP gaan Leeus nie volg |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 17-Nov-2018 at 9:35am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/afleggings-bulle-wp-gaan-leeus-nie-volg-20181116
Die Blou Bulle, Haaie en Westelike Provinsie het tans geen planne om die deur vir hul jong, gekontrakteerde talent te wys nie. Dit volg nadat die Goue Leeus Rugbyunie verlede week gesê het dat hulle skeidingspakkette aan sekere spelers aangebied het nadat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) besluit het om volgende jaar se o.19-kompetisie te skrap en vorentoe net ’n o.21-kompetisie gaan aanbied. Xander Janse van Rensburg, die Bulle se hoëprestasiebestuurder, sê die unie gaan vir eers soos gewoonlik met sy sake voort, hoewel hulle vorentoe wel ander opsies sal moet oorweeg. “Ek dink nie dis nodig om nou iets so dramaties te doen soos om skeidingspakkette vir die spelers te gee nie,” het hy Vrydag by navraag aan Netwerk24 gesê. “Dis egter logies dat ons wel in die nuwe jaar sal moet kyk daarna om ons kontrakteringstrategie te verander, maar ons gaan beslis nie nou enige drastiese stappe doen nie.” Michael Horak, wat by die Haaie betrokke is as ’n spelerswerwer, het ook bevestig dat die KwaZulu-Natallers nie die Leeus se roete gaan volg nie. “Nee, ons het geen sulke planne om spelers te laat gaan nie (nadat die o.19-kompetisie geskrap is),” het hy gesê. Die Westelike Provinsie het Donderdag in ’n verklaring gesê dat hulle ook nie binnekort aan hulle salarisse gaan sny nie, hoewel so ’n voorstel ter tafel gelê is. “Die voorstel, wat deur die WP se adjunkpresident, Zelt Marais, gemaak is, is nie die amptelike posisie van WP Rugby nie en het nie die ondersteuning van die meerderheid van die WP se uitvoerende komiteelede of die raad nie,” lui die verklaring. “Hoewel daar heelwat finansiële uitdagings in die huidige omgewing is, het WP Rugby se leierskap besluit om die bekommernisse van personeel, spelers en bestuur uit die weg te ruim, aangesien die voorstel nie ’n opsie is wat die meerderheid glo op lang termyn tot voordeel van die unie sal wees nie.” Volgens die unie se president, Thelo Wakefield, is die voorstel om salarisse met tot 25% te verminder nie deel van hul strategie nie. “Terwyl ons steeds streef na uitmuntendheid op sowel as van die veld af, wil ek graag alle personeel, spelers en bestuur verseker dat ons nie van plan is om dit te doen ten koste van hulle of hul welvaart nie,” het Wakefield gesê. Volgens Kobus Porter, ’n Saru-geakkrediteerde agent wat talle o.19-spelers as kliënte het, het die Leeus se besluit verskeie van sy spelers geraak. “In dié stadium is ons gevra om nie te veel daaroor te sê nie, met die Leeus wat eerder self binnekort ’n verklaring wil uitreik,” het Porter gesê. “Sover my kennis strek, is dit net spelers by die Leeus wat tans geraak word, hoewel van die gesprekke waarby ek betrokke was daarop dui dat dit in die toekoms ook by die ander unies sal begin gebeur.” “Die Leeus weet die getalle gaan êrens gesny moet word en MyPlayers (die liggaam wat beroepspelers verteenwoordig) en Saru gaan dit vereis. Daarom het hulle besluit om eerder nie aan spelers vas te klou wat hulle weet moontlik nie meer speelkans gaan kry nie, maar ons is nog besig om ’n ooreenkoms te bereik.” “Ek glo die spelers sal vorentoe die Young Guns-toernooi en die Varsitybeker in die visier hê. Nie alle spelers besluit noodwendig om te gaan studeer nie, maar dié toernooi kan moontlik vir hulle dan nou motiveer om daardie pad te stap.” |
|
![]() |
|
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
>>>die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) besluit het om volgende jaar se o.19-kompetisie te skrap en vorentoe net ’n o.21-kompetisie gaan aanbied.
CRAZY!
|
|
![]() |
|
Leeubok ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 31-Mar-2016 Location: KZN Status: Offline Points: 4954 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Ek wonder waarom? In my opinie is rassie ook besig om baie skade te maak met sy opmerkings oor spelers wat oorsee speel, en die feit dat hul die sentrale kontraktering stelsel wil skrap. Einde 2019 gaan AL ons bokke oorsee speel, so good luck to them om die ouens op dies bladsy te kry vir die bokke
|
|
![]() |
|
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Seker maar tekort aan geld?
|
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |