The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Grens se base uit kantore oor skuld |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 01-Apr-2019 at 9:35am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/grens-se-base-uit-kantore-oor-skuld-20190330
Die rugbynagmerrie by die Grens Rugbyunie (GRU) duur voort. Dít is nadat hulle vandeesweek hul kantore by die ikoniese Buffalo City Stadion in Oos Londen moes sluit. Dit is die eerste keer in die GRU se 126-jarige bestaan dat hy nie ’n hoofkwartier het en sy bedrywighede uit sy eie stadion bedryf nie. Die GRU – wat tans onder administrasie is – moes dié week sy kantore by die stadion weens ’n tekort aan geld sluit, en het vrywillig uit die stadion getrek. Die stadion se onderhoud word nou na Oos-Londen se stadsraad oorgedra. Daar word nog onderhandel om die laaste stadionpersoneel ook na die stadsraad oor te dra. Die administratiewe personeel wat oorbly, sal van die huis af werk en net vir vergaderings byeenkom, terwyl die administrasie van die rugbyunie afgehandel word. Volgens Rapport se inligting is daar nie geld om die huurgeld van sowat R90 000 per maand te betaal nie. Grens speel vir die volgende twee jaar in geen kompetisie van Saru nie. Daar word op die oomblik net klub- en skolerugby in die provinsie gespeel. Die GRU-spelers het die unie hof toe gevat. Die likwidasie-aansoek is egter op die laaste nippertjie teruggetrek nadat die bestuur ’n pleidooi tot die spelers gerig het. |
|
![]() |
|
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
>>>Grens speel vir die volgende twee jaar in geen kompetisie van Saru nie.
Sjo
|
|
![]() |
|
Attie Karate ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 31-Mar-2016 Status: Offline Points: 1544 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
So dis seker ongelukkig die einde van die unie.
|
|
Up the Vaal!
|
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |