The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Leeus nie oorhaastig met Swys |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 21-Apr-2019 at 4:57pm |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/leeus-nie-oorhaastig-met-swys-20190421
Die Leeus se Rugbyunie sal nie ’n oorhaastige besluit neem oor die toekoms van hul hoofafrigter, Swys de Bruin, nie. Rudolf Straeuli, die uitvoerende hoof, het Sondag bevestig dat professionele hulp ingeroep sal word nadat De Bruin die afgelope naweek onthul het dat hy die druk nie meer kan hanteer nie en weens stres teruggekeer het na Suid-Afrika. “Ons gaan geen oorhaastige besluite neem oor sy toekoms nie en sake sal hul gang moet gaan. Ons sal mediese hulp inroep soos wat met enige speler die geval sal wees en daar sal ’n intensiewe ondersoek wees voordat ’n besluit oor sy toekoms geneem word,” het Straeuli Sondag gesê. “Daar gaan nie binne ’n paar dae ’n besluit geneem word nie. Hy kan nou die Paastydperk rustig met sy gesin deurbring en dan sal ons toelaat dat die mediese evaluering vir ons ’n antwoord gee. Ek kan nie ’n tydperk daarop plaas nie,” het Straeuli gesê. Die Leeus speel Vrydag in Christchurch teen die Crusaders en keer dan terug na Suid-Afrika waar hulle die daaropvolgende week ’n loslootjie het. De Bruin het skielik verlede week ná ’n skokbesluit teruggekeer na Suid-Afrika weens “persoonlike redes”. Daar is bespiegel dat hy moontlik ’n onderonsie met Straeuli en Altmann Allers, die ondervoorsitter van die unie, gehad het. Hulle het dit egter albei ten sterkste ontken en Allers het boonop juis gesê hy meen dit is in die beste belang van almal dat die redes vir De Bruin se terugkeer so gou as moontlik openbaar gemaak word. De Bruin het onlangs sy kontrak as hoofafrigter van die Leeus met twee jaar verleng, maar het nou laat blyk hy kan die stres wat daar op hom geplaas is nie meer hanteer nie en het besluit om sy tydperk by die span eers op te skort. Die Leeus het hul laaste twee wedstryde met hom aan die stuur sleg verloor teen onderskeidelik die Haaie en die Brumbies. Ons gaan geen oorhaastige besluite neem oor sy toekoms nie en sake sal hul gang moet gaan. Boonop is die verdedigingsafrigter, Joey Mongalo, toe skuldig bevind aan onsedelike aanranding op ’n voorval wat verlede jaar in Sydney gebeur het. Dit word alles beskou as omstandighede wat tot De Bruin se stres bygedra het. Die kondisioneringsafrigter, Ivan van Rooyen, moes toe inderhaas die leisels oorneem en die Leeus het goed teruggeveg om hul kragmeting op Goeie Vrydag in Hamilton teen die Chiefs met 23-17 te wen. Vir daardie kragmeting het die Leeus hul gereelde kaptein, Warren Whiteley, asook die ervare Kwagga Smith teruggehad. Volgens Straeuli sal Van Rooyen voorlopig die leisels op die veld neem en die spanbestuurder, Mustapha Boomgaard, sal in beheer van sake af van die veld wees. De Bruin het Sondag gesê hy het niks om by te voeg nie en wil geen verdere kommentaar lewer nie. Sy posisie by die Springbokspan kan ook nou in die weegskaal wees. Hy is deur die afrigter, Rassie Erasmus, aangestel as ’n aanvalkonsultant en is veronderstel om later vanjaar in daardie hoedanigheid na die Wêreldbeker te gaan. Nou hang daar egter ’n groot wolk daaroor as gevolg van sy siektetoestand. |
|
![]() |
|
GoLions ![]() Jong Leeu ![]() Joined: 14-Jan-2019 Status: Offline Points: 357 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Ek ken nie vir Swys nie, het hom nog nooit ontmoet nie en wens hom alles van die beste toe.
My persepsie was nog altyd dat hy meer 'n denker is as 'n "doener" en dat hy meer gemaklik was weg van die kollig. Sy hele CV dui op iemand wat eerder in die agtergrond will dinge doen en hy het homself bewys as 'n baie goeie assitent afrigter, denker en strategis. En dis nie 'n slegte ding nie. Die All Blacks se Wayne Smith is self hierdie tipe mens, meer gemaklik om die taktieke en strategiee te beplan as om die voorgrond in te neem. Hopelik sal Swys hersetl en sal die Leeus 'n manier kry om sy brein goed te gebruik
|
|
![]() |
|
TunaLion ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Ellis Park Status: Offline Points: 1856 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Om hom heeltemaal te verloor gaan ons baie duur kos
|
|
Go LIONS!!!!!
|
|
![]() |
|
Vaal Leeu 3 ![]() Ervare Leeu ![]() ![]() Joined: 04-Mar-2017 Location: Sasolburg Status: Offline Points: 647 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Pluk n haas uit die hoed en laat Rudolf die span "afrig". Hy doen die praar werk, media ens. Maar agter die skerms doen Swys die werk. Hierdie situasie se oplossing le nie in oor hoe Swys gaan gesond raak nie, eerder in hoe sy kennis steeds aangewend kan word op n manier wat vir hom gemaklik is. Daar gaan mense nodig wees wat kan saamwerk...
Edited by Vaal Leeu 3 - 22-Apr-2019 at 7:09am |
|
![]() |
|
PaBz0r ![]() Koning Leeu ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Pretoria Status: Offline Points: 2786 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Ek dink Cash sal net aangaan, hulle het hom mos begin prep laasjaar.
|
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |