The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Bulle nie bekommerd ná neerlaag in Kaap |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 04-Feb-2019 at 8:05am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/bulle-nie-bekommerd-na-neerlaag-in-kaap-20190203
Moenie te veel van dié uitslag maak nie. Oor twee weke sal dit vergete wees wanneer die Bulle en Stormers op Loftus Versfeld slaags is. Die spanne se breiers – Robbie Fleck en Pote Human – was dít eens nadat die Stormers die Bulle met 33-28 in die Kaapstad-stadion in ’n losmaker ter voorbereiding van die Superrugby-kompetisie geklop het. Dít terwyl die tuisspan sonder ’n hele rits van sy Springbokke was. Fleck was duidelik in sy noppies met die vertoning, maar maan in dieselfde asem dat die Bulle ’n ander dierasie sal wees in Pretoria. “Ons het hulle foute baie goed uitgebuit en ek was veral tevrede daarmee. Daar was goeie aspekte, maar ons het gesukkel met ’n paar lynstane. Loftus sal ’n heel ander storie wees,” het Fleck gesê. Jy sou reken dat Human onrustig sal wees dat sy span, wat met ’n veel groter reputasie in die Moederstad aangekom het, nie die Kaapse span kon wegbêre nie. “Ons het goed gespeel, maar dit was nie goed genoeg nie. Daar was vroeg twee onderskepdrieë wat hulle baie momentum gegee het, maar ons het goed teruggekom daarna.” Lood de Jager, die Bulle-kaptein, meen die nederlaag sal nie sy span se selfgeloof beïnvloed nie. “Daar is baie goed wat kan verander in die volgende twee weke. Dit is nooit lekker om teen die Stormers te verloor nie, maar daar is ’n groter prentjie wat belangriker (as die uitslag) is. Ek dink glad nie dit het hulle ’n sielkundige voordeel gegee nie.” * Duncan Matthews, die Bulle-vleuel, het ’n beenbesering opgedoen en Human het aangedui die aanvanklike prognose lyk nie goed nie. ’n Stamp teen die kop in die eerste paar minute van die wedstryd het die Bok-senter Jesse Kriel se wedstryd – en tweestryd in die middelveld met sy tweelingbroer, Dan, kortgeknip. Dié besering is nie ernstig nie en Kriel is as ’n voorsorgmatreël van die veld gehaal. |
|
![]() |
|
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Hulle behoort effens bekommerd te wees, Stormers het baie vinnig 3 driee gedruk om 21-0 voor te loop. Een positiewe ding is seker dat hulle omtrent 6 lynstane by die Stormers gesteel het, meestal die goeie werk van Lood.
|
|
![]() |
|
PaBz0r ![]() Koning Leeu ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Pretoria Status: Offline Points: 2786 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Ek dink nie hulle sou naby gekom het as Kriel op die veld gebly het nie.
|
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |