The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Bul van ’n stut glo na Loftus op pad |
Post Reply ![]() |
Author | |||
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 07-Jan-2019 at 7:01pm |
||
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/bul-van-n-stut-glo-na-loftus-op-pad-20190107
Wiehahn Herbst, oud-stut van die Haaie, kan binnekort Loftus Versfeld sy nuwe rugbytuiste maak. Sy Ierse klub, Ulster, waar hy sedert 2014 speel, sal Herbst glo in die volgende paar dae vrystel om by die Bulle aan te sluit ter voorbereiding vir die Superreeks. Die Bulle stel al ’n geruime tyd in dié 30-jarige vaskopstut se dienste belang en hy word as ’n belangrike toevoeging tot die groep beskou met die franchise wat min diepte in die posisie het. Die Springbok Trevor Nyakane het sedert hy as ’n vaskop versool is, nog nie genoeg gedoen om die Bulle se nr. 3-trui syne te maak nie. Frans van Wyk het die Superreeks verlede seisoen met groot belofte begin, maar beserings het sy opgang belemmer. Dié kompetisie was in 2018 ’n harde leerskool vir die ewe belowende Conraad van Vuuren en hy moet nog wys dat hy opgewasse is op die vlak. Herbst het die afgelope vier seisoene waardevolle ervaring in die Noordelike Halfrond opgedoen en hy is nou op die ouderdom wat die meeste stutte wasdom bereik. Hy het aan die einde van 2017 gekwalifiseer om vir Ierland te speel, maar is nie deel van die afrigter Joe Schmidt se Wêreldbeker-planne nie. Tussen Nyakane, Herbst, Van Wyk en Van Vuuren sal die nuwe hoofafrigter, Pote Human, genoeg opsies en diepte aan die vaskopkant hê. Die agttal word verder versterk met die ervare Bokke Duane Vermeulen (agtsteman) en Schalk Brits (haker) se koms. Brits oefen reeds saam met sy nuwe spanmaats, maar Vermeulen sal eers later die maand in die Jakarandastad aankom ná hy sy verpligtinge by sy Japanse klubspan, die Kubota Spears, voltooi het. Van die groep voorspelers wat verlede jaar vir die Bulle gespeel het, is net Pierre Schoeman (Edinburgh), Ruben van Heerden (Haaie) en Adriaan Strauss (uitgetree) nie weer beskikbaar nie. Die Bulle speel op 26 Januarie hulle eerste oefenwedstryd teen die Leeus op Loftus Versfeld en begin hul 2019-veldtog op 16 Februarie teen die Stormers in Pretoria. |
|||
![]() |
|||
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
||
>>Die Bulle speel op 26 Januarie hulle eerste oefenwedstryd teen die Leeus op Loftus Versfeld
Sjo dis basies oor bietjie meer as 2 weke!
|
|||
![]() |
|||
Goue Leeu ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 18-Apr-2016 Status: Offline Points: 2219 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
||
Bietjie inligting vanaf die GLRU sal welkom wees: Het die groep alweer saamgetrek en begin oefen? Wie is reeds daar, wie sluit laat aan en wanneer? Hoe lyk die beseringslys en wanneer behoort elkeen van hulle reg te wees? Gaan Lewies nou definitief in ons groep wees vir die jaar? Enige nuwe aankope? Wanneer sal die finale groep aangekondig word? Weet nie of die planne is om dinge baie onder die radar te hou nie, maar hulle is darem te stil!
|
|||
![]() |
|||
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
||
Ja ek dink hulle het weer gister begin. Sal bietjie vandag uitreik en kyk of ek enige inligting kan kry
|
|||
![]() |
|||
Leeubok ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 31-Mar-2016 Location: KZN Status: Offline Points: 4954 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
||
Ons het dit al voorheen genoem, die unie se PR dept kan regtig bietjie meer doen in terme van inligting uitgee aan ondersteuners.
|
|||
![]() |
|||
PaBz0r ![]() Koning Leeu ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Pretoria Status: Offline Points: 2786 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
||
Kan maar stil wees solank hulle OEFEN!
|
|||
![]() |
|||
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
||
okay hulle het vinnig geantwoord, sal 'n nuwe skakel daarvoor begin
|
|||
![]() |
|||
Zibbie ![]() Koning Leeu ![]() Joined: 03-Apr-2016 Status: Offline Points: 1166 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
||
ek weet nie . N mens hoor elke 5 sekondes wat in die bul kamp aangaan . Maar dit beteken nie daar word wen rugby gespeel nie . Dit raak afgesaag om heeltyd van die bulle te hoor
|
|||
![]() |
|||
Leeubok ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 31-Mar-2016 Location: KZN Status: Offline Points: 4954 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
||
Dit raak afgesaag vir jou want jy (en ek) hou nie van die bulle nie. Ek sal nie omgee om gereeld iets van die leeus in die media raak te lees nie! Solank dit positiewe nuus is natuurlik.. Dit is hoekom die bulls as franchise en brand so suksesvol en welbekend was. Orals sien jy BB stickers of blou ballas aan ou hilux bakkies hang.. Selfs WP en Sharks goeters. Nerens sien 'n mens iets van die leeus nie
|
|||
![]() |
|||
Attie Karate ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 31-Mar-2016 Status: Offline Points: 1544 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
||
Omdat die media nie skryf oor die Leeus nie, kan sekerlik nie die Leeus PR se skuld wees nie. Gaan volg die Leeus op Instagram- daar is amper daagliks updates.
|
|||
Up the Vaal!
|
|||
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |