The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Leeu-geveg kan kom oor Groom |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 17-Feb-2019 at 2:13pm |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/leeu-geveg-kan-kom-oor-groom-20190217
Die waarde wat Suid-Afrikaanse spelers soos Pierre Schoeman en Jaco van der Walt tot die Skotse klub Edinburgh toevoeg, beïndruk hul afrigter Richard Cockerill duidelik. Hy wil nou ook vir Nic Groom, die skrumskakel van die Leeus, kontrakteer. Groom is in die beseerde Ross Cronjé se afwesigheid die Leeus se eerstekeuse-skrumskakel in Superrugby. Hy het gisteraand die negetrui teen die Jaguares gedra, met Dillon Smit op die bank as die plaasvervanger-skrumskakel. Met Marco Jansen van Vuuren wat hom vanjaar by die Bulle aangesluit het, word die Leeus se diepte tans op skrumskakel in Cronjé se afwesigheid getoets. Edinburgh se belangstelling in Groom verbaas egter nie aangesien hy van 2016 tot 2018 by Northampton Saints gewys het dat sy spel vir Europese toestande toegerus is. Die 28-jarige oud-Ikey en -Stormer weet veral hoe om sy linkervoet as ’n aanvalswapen te gebruik, wat vir Edinburgh in nat toestande goed te pas sal kom. Voordat Groom ’n spanmaat van ander Suid-Afrikaners soos WP Nel, Allan Dell en Duhan van der Merwe kan word, sal hy en Edinburgh eers al die prosesse by die Leeus vir die nodige goedkeuring moet volg. Nadat die Leeus die laaste jaar spelers soos Jacques van Rooyen (Bath), Ruan Dreyer, Franco Mostert, Jaco Kriel (almal Gloucester) en Rohan Janse van Rensburg (Sale Sharks) verloor het, veg hulle vir al wat hulle werd is om hul sterre te behou. Dít behoort ook die geval met Groom te wees. Die Stormer-senter EW Viljoen se kop staan Engeland toe. Hy geniet groot belangstelling van die Engelse klubspan Leicester Tigers, waar hy ’n eerstekeuse-speler sal wees. Die 23-jarige voormalige lid van die Suid-Afrikaanse skolespan en Junior Bokke speel al sedert 2014 sy rugby in die Kaap. Vanweë sy veelsydigheid is hy al as heelagter en vleuel aangewend. Leicester Tigers se belangstelling in hom volg nadat dit bekend geword het dat hul Engelse ster Manu Tuilagi dit oorweeg om ’n ooreenkoms met die Franse reus Racing92 te sluit. Viljoen herstel tans van ’n enkeloperasie en behoort eers weer in Maart vir Superrugby oorweeg te word. Dillyn Leyds word volgens Die Burger deur die Engelse klubspan Wasps as ’n plaasvervanger vir Willie le Roux beskou. Le Roux sluit hom ná die huidige Engelse Premierliga by Jake White se Japanse klubspan aan. |
|
![]() |
|
valie ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 02-Apr-2016 Location: ver van hier Status: Offline Points: 2681 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Die Leeus moet dalk weer kyk na iemand soos Christiaan Meyer. Hy is n vinnige skrummie, baie soos Faf.
|
|
![]() |
|
Rooibonte8 ![]() Jong Leeu ![]() Joined: 02-Apr-2016 Location: Rayton Status: Offline Points: 414 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Dink elkgeval Ross en Dillon is ons bestes
|
|
![]() |
|
WitBoer ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 31-Mar-2016 Location: Bronkhorstsprui Status: Offline Points: 2163 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Ons almal dink so... Behalwe die wat die span kies natuurlik
![]() ![]() |
|
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
|
|
![]() |
|
Attie Karate ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 31-Mar-2016 Status: Offline Points: 1544 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Soos Jano Vermaak, hardloop hy eers ñ paar trieë voor hy pass. In plaas daarvan om net van die drond af te pass. Sekonde te laat by baie afbreekpunte, vat sekonde te lank om te pass.
|
|
Up the Vaal!
|
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |