The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Willie in wildernis, maar wil steeds in WB speel |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 14-Feb-2019 at 7:15pm |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/willie-in-wildernis-maar-wil-steeds-in-wb-speel-20190214
Die vuurvreter-losvoorspeler Willie Britz, wat die afgelope drie jaar klubrugby in Japan speel, sal nie vanjaar in die Superrugby-reeks in aksie gesien word nie. Britz (30) het nie weer ’n kontrak by die Sunwolves gekry nie, maar het nog nie die hoop laat vaar dat hy wel nog vanjaar vir Japan in die Wêreldbeker-toernooi daar kan uitdraf nie. Hy span tans by sy ouers in Suid-Afrika uit en dan wil hy die land platreis om vriende te besoek. Britz kwalifiseer in Julie om vir Japan te speel en hy sê hy sal gereed wees as hy betrek word. Met dié dat hy nie ’n Superrugby-kontrak het nie, kan daar seker gewonder word of Britz hom nie dalk in die rugby-wildernis bevind, met die WB-toernooi net bietjie meer as sewe maande weg nie. Ander Suid-Afrikaners wat onlangs in die Japanse Wêreldbeker-oefengroep ingesluit is, is die losvoorspeler Wimpie van der Walt (DoCoMo Red Hurricanes), die flank Lappies Labuschagne (Kubota Spears) en nog ’n veelsydige voorspeler, Grant Hattingh (Kobelco Steelers). Jurgen Visser (Kamaishi Seawaves), ’n voormalige heelagter van die Bulle, staan ook nog in die ry vir ’n plek in die nasionale span. Nog ’n Suid-Afrikaner van geboorte wat ook vroeër sy buiging vir Japan gemaak het, is die veelsydige agterspeler Kotaro Matsushima van die Suntory Sungoliath. “Ek het mos nie weer ’n kontrak by die Sunwolves gekry nie, so ek speel nie vanjaar Superrugby nie. Ek hou nou ’n bietjie vakansie,” het Britz vanaf die Vaaldam laat weet. Oor die moontlikheid om vir Japan te speel in sekerlik die belangrikste jaar van sy rugbyloopbaan, bly Britz positief. “Ek het nog niks gehoor (van die Japanse Rugbyunie) nie. Sover is net Lappies, Wimpie en Grant in, maar die groep kan nog baie verander so ek byt maar vas,” sê Britz. Hy speel sy klubrugby vir die Shining Arcs in Japan en die Japanse Topliga-seisoen het onlangs klaargemaak. Spelers kry tans ’n blaaskans voordat hulle in April weer inval. “Ek bly positief oor my kanse om vir Japan te speel. Dit hang uiteraard ook van beserings aan ander spelers af of ek ’n kans sal kry. Dit hang ook af van hoe ek in die Topliga vertoon. Ek sal maar kyk wat volgende gebeur,” sê Britz. |
|
![]() |
|
valie ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 02-Apr-2016 Location: ver van hier Status: Offline Points: 2681 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Ek hou nogal van hom.
|
|
![]() |
|
WitBoer ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 31-Mar-2016 Location: Bronkhorstsprui Status: Offline Points: 2163 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Ek ook, ek dink hy het net nie sy loopbaan goed gedoen om van ons af Cheetahs toe te skuif nie. Dit is vir my nogal vreemd dat hy nie 'n kontrak by die wolwe gekry het nie? Hy was immers een van hulle uitblinkers verlede seisoen?
|
|
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha
|
|
![]() |
|
PaBz0r ![]() Koning Leeu ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Pretoria Status: Offline Points: 2786 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Ja dit is vir my ook vreemd. Maar mens het nooit geweet wanneer hy speel en nie speel nie. Dink hulle het hom ook rondgeneuk. Die Leeus moes hom maar eerder n kontrak gegee het ipv Lewies..
|
|
![]() |
|
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Ek dink Willie wou loop omdat hy gesien het Warren is die 1ste keuse op nommer 8 en hy wou meer speelkans kry en nie op die bank sit nie
|
|
![]() |
|
PaBz0r ![]() Koning Leeu ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Pretoria Status: Offline Points: 2786 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Het dit ook so, maar hy het baie gebench in Japan ook. Die ander ding is Warren gaan gerus moet word die jaar, miskien sou dit n goeie geleentheid gewees het vir hom, plus ek dink hy is n goeie leier.
Edited by PaBz0r - 15-Feb-2019 at 9:29am |
|
![]() |
|
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
En hy is 'n gewilde speler onder toeskouers, maar klink my hy hoop om vir Japan in die Wereldbeker te speel. Weet nie of sy kanse so groot is daarvoor nie
|
|
![]() |
|
knersus ![]() Jong Leeu ![]() ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Vanderbijlpark Status: Offline Points: 313 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
In Japan bench hy seker vir 4 keer die pay.....
|
|
![]() |
|
LeeuBrul ![]() Koning Leeu ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Boksburg Status: Offline Points: 2260 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Ek het hom nou net in carnival city gesien by MTN
|
|
Once a Lion always a lion
|
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |