The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
WP: Magstryd vervreem spelers én ondersteuners |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 12-Feb-2019 at 8:17am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/wp-magstryd-vervreem-spelers-en-ondersteuners-20190211
Vir die afgelope paar weke is die grootste gesprekspunt in Kaapse rugbykringe die magstryd tussen administrateurs en hoe die voormalige Stormers-hulpafrigter Paul Treu in daardie prentjie inpas. Nou vir die goeie nuus (afhangend van jou perspektief, natuurlik): Die Stormers kan die sterkste span in twee dekades in die veld stoot. Die span van 2010 was ’n baie goeie een, maar het nie die vaste voorspelers gehad om daardie jaar met die Bulle te kan saamgesels nie. Nou is daar bielies soos Frans Malherbe, Wilco Louw, Steven Kitshoff, Eben Etzebeth, Pieter-Steph du Toit, Siya Kolisi en JD Schickerling tot hul beskikking. Dit sal my inderdaad verbaas as die Stormers, met ekonomiese realiteite soos dit tans in rugby daarna uitsien, ooit weer só ’n sterk span sal hê. Speel dié span na sy potensiaal – sonder dat hy deur beserings gekniehalter word – behoort hy onder die aanspraakmakers vir vanjaar se titel te tel. Terselfdertyd het die oomblik van waarheid ook nou aangebreek in terme van hoe woelinge agter die skerms die span se kanse op sukses kan laat ontspoor. Die gebeure voor en ná verlede jaar se verkiesing, wat die doen en late van ampsdraers in die WP betref, boesem ongelukkig geen vertroue in nie. Die WP Rugbyunie se nuwe president, Zelt Marais, het sy termyn begin sonder steun in die “kleedkamer”. Voor die verkiesing was hy ’n voorstander van salarisbesnoeiings – nie juis ’n manier om goeie verhoudinge met personeel te vestig nie. Daar is ook sterk sprake dat hy ’n “uitvoerende president” wil wees, wat as’t ware sal beteken dat die WP se uitvoerende hoof, Paul Zacks, irrelevant raak. In die rook van die oorlog het gerugte só woes begin loop oor wie vorentoe die rolle van direkteur van rugby en Stormers-afrigter gaan vul, dat spelers ook paniekerig begin raak het. Nou is die volgende vraag wat die impak van al dié woelinge op Kapenaars se entoesiasme vir hul span gaan wees. Boonop is dit ’n Wêreldbeker-jaar, waarin dit uiteraard gaan lol om seisoenkaartjies en losies te verkoop, vanweë die min tuistoetse. Daar is vanjaar byvoorbeeld geen Junie-reeks nie en ook net ’n verkorte Rugbykampioenskap. Dít gaan elke unie finansieel nog verder op die agtervoet plaas. Jan en Alleman soek goeie nuus en sterk leierskap eerder as ’n spul rugbybase wat baklei oor wie die afrigter aanstel. Daardie leierskap, eerder as die strewe vir mag, behoort by Marais te begin. Die amp van president bly bitter belangrik omdat die betrokke persoon as’t ware ’n kultuur vir die unie behoort te kweek. In dié tydstip is daardie kultuur ’n negatiewe een. Inteendeel, die rugbypubliek dink al hoe meer dat die WP se base ’n spul paloekas is. En daar is goeies onder die Kaapse rugbybase. Marais gaan in sy termyn die saadjies vir stabiliteit en beter openbare betrekkinge moet saai. Indien hy hom oordadig met die bestuur van die sakevleuel wil bemoei of dit selfs wil sluit, gaan hy hom teen die politieke ekonomie van Suid-Afrikaanse rugby vasloop. Die welstand van ’n rugbyunie is uiteindelik afhanklik van spelers, ondersteuners, dagpersoneel en borge. Om die wense van daardie partye te minag, of om twyfel by hulle te saai, is ’n resep om teen ’n snelle tempo agteruit te boer. Marais moet dít besef. Die nuwe president verdien wel ’n regverdige kans, maar moet leer uit sy ervaring van die vroeë dae van sy presidentskap. In ’n ideale wêreld behoort niemand te praat oor wie die septer in ’n unie swaai en die mag het om besluite te neem nie. Die spelers móét altyd die spilpunt wees. |
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |