The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
WP-krisis: Corné-hulle ‘wil help, nie baklei’ |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 04-Feb-2019 at 8:03am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/wp-krisis-corne-hulle-wil-help-nie-baklei-20190203
“Ons wil net help. Dit is al.” Corné Krige, voormalige Springbok-kaptein, het bevestig daar is ’n groep oudspelers van die Westelike Provinsie wat moue wil oprol om die krisis by dié unie te help oplos. Die oudspelers het glo besluit om – onder Krige se leiding – toe te sien dat die Kaapse rugbybase besluite in die beste belang van die unie neem. Maar dié oud-kaptein van die Streeptruie en die Stormers sê dit is nie hulle bedoeling om by ’n magstryd en rugbypolitiek betrokke te raak nie. “Ek wil eintlik nie iets hieroor sê nie. Ons wil regtig net help en is nie daarop uit om iemand kwaad te maak nie.” Dit kom ná ’n week van groot drama agter die skerms by Nuweland. Luidens ’n berig het van die spelers die afgelope week ’n ultimatum aan die franchise se rugbybase gestel sodat die krisis beredder kan word. Die spelers wil glo onder meer duidelikheid hê oor die Stormers se onbevestigde afrigtingspan en die betrokkenheid van Paul Treu. Krige sê hy wil nie uitlatings maak voordat hulle nie weet wat die wortel van die kwaad is nie. Robbie Fleck, die Stormers se hoofafrigter, het ná sy span se oorwinning in die losmaker teen die Bulle in die Kaapstad-stadion gesê dit was nodig dat sy span “deur die wedstryd kon kom”. Die Stormers se sogenaamde naasbestes het die wedstryd met 33-28 gewen. Die kaptein, Chris van Zyl, is van mening dat die magstryd wat in die unie woed nie ’n impak op die spelers het nie. “Dit is belangrik dat die spelers hulle fokus hou op dit wat ons kan beheer. Ek glo die afrigtingspan het goed gedoen in dié opsig. “Vir my was dit goed om te sien dat daar gesonde energie tussen die ouens is. Dit is tasbaar en jy kon dit sien in die manier waarop die spelers verdedig het. “As jy dit nou regkry is dit ’n goeie voorbode. Ek dink dit wat van die veld af gebeur het nie ’n impak op die spelers nie,” het Van Zyl gesê. |
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |