The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Spelers wil nie teken oor Saru se geldswye |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 28-Jan-2019 at 5:49am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/spelers-wil-nie-teken-oor-saru-se-geldswye-20190127
’n Groot klomp van die land se topspelers weier om hul kontrakte by plaaslike franchises te verleng voordat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) sê of spelers voortaan met wedstrydgeld of Springbok-kontrakte vergoed sal word. Te midde van al hoe meer aanduidings dat oorsese klubs soos aasvoëls om plaaslike spelers sirkel, kon Saru nie die afgelope week sê wanneer hy ’n finale besluit oor die kwessie van Bok-kontrakte of wedstrydgeld sal neem nie. Hy het reeds einde verlede jaar gesprekke met franchises en agente hieroor begin, maar daar sal waarskynlik geen finaliteit tot in Maart verkry word nie. ’n Franchise met wie Rapport gepraat het, het gesê baie van sy topspelers sal die pad oorsee vat as Bok-kontrakte wegval. Hulle wil langtermyn- finansiële sekerheid in kontrakte eerder as wedstrydgeld hê. Feitlik al wat ’n Bok is se kontrak met sy franchise én Saru eindig ná die Wêreldbeker-toernooi. Die name van verskeie Bokke soos Steven Kitshoff (Sale Sharks), Akker van der Merwe (Sale Sharks), Eben Etzebeth (Toulon), Stephan Lewies (Harlequins), Jean-Luc du Preez (Sale Sharks/Leicester), Duane Vermeulen (Kubota Spears), Dan du Preez (Sale Sharks/Bath), Siya Kolisi (Panasonic) en Robert du Preez (Sale Sharks/Leicester) word met oorsese klubspanne verbind en het in sekere gevalle reeds hul kontrakte geteken. Bokke soos Malcolm Marx, Trevor Nyakane, Beast Mtawarira, Frans Malherbe, Coenie Oosthuizen, RG Snyman, Lood de Jager, Pieter-Steph du Toit, JD Schickerling, Elton Jantjies, Handré Pollard en Jesse Kriel lok ook groot belangstelling van oorsese klubs. ’n Saru-woordvoerder het by navraag aan Rapport bevestig wedstrydgeld is een van die opsies op die tafel. “Dis iets wat ons verder moet ondersoek voordat ’n finale besluit geneem word. Die tydlyne oor finaliteit sal afhang van daardie gesprekke.” Een van die voordele wat wedstrydgeld vir Saru inhou, is dat dit situasies sal systap waar ’n speler beseer is of in onguns verval weens sy spelpeil en steeds sy maandelikse betaling vir sy Bok-kontrak ontvang. “Ons glo dat dit ons in staat stel om die Springbokspeler ’n baie aantrekliker beloning vir sy vertoning aan te bied en hopelik sal dit beteken spelers sal baie langer plaaslik speel pleks daarvan om ’n kontrak oorsee te kies,” het Saru gesê. Wedstrydgeld van R400 000 per toets vir ’n plaaslike speler is al vroeër aan Rapport genoem. |
|
![]() |
|
PaBz0r ![]() Koning Leeu ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Pretoria Status: Offline Points: 2786 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Wel n klomp passasiers het kontrakte. Dit is die grootste probleem wat strek van HM se tyd af by die bokke.
|
|
![]() |
|
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
12 toetse per jaar teen R400k...amper R5m en dis voor jy deur jou unie betaal is...klink mos nie sleg nie maar dan moet jy in die bokke se wedstryd 23 wees...ek stem dat dit beter sal werk as die kontrakte want daar is spelers wat bok kontrakte kry en dan omtrent nooit speel nie, dis mos 'n mors van geld
|
|
![]() |
|
PaBz0r ![]() Koning Leeu ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Pretoria Status: Offline Points: 2786 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Dit klink meer as wat in die media berig is laas jaar waar daar iets van n totale pakket van 5bar genoem is, wat die Unie en die bok kontrak insluit.
So ek neem aan as jy op vorm is en die coach hou van jou, jy baie meer sal kan verdien met n per wedstryd betaling, plus dit maak n klomp geld los vir SARU.
|
|
![]() |
|
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Ja ek dink darem nie hulle verwag dat die unie moet help betaal aan die wedstryd geld nie
|
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |