The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Haaie kan hul nie uit Leeus se web loswikkel |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 03-Feb-2019 at 6:12pm |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/haaie-kan-hul-nie-uit-leeus-se-web-loswikkel-20190203
Dit was duidelik albei spanne het nog voorseisoense roes om af te skud voor die Superreeks later vandeesmaand begin, maar daar was nietemin steeds rede om optimisties te wees oor die Leeus en die Haaie se aanslae in dié kompetisie vanjaar. ’n Skouspel was dit beslis nie en dat die Leeus met 19-14 geseëvier het in hierdie Superheld-Sondag-stryd, is grotendeels irrelevant. Nie een van die vier drieë wat die opwarmstryd opgelewer het, sou kandidate vir Drie van die Jaar gewees het nie. Soos dit gewoonlik met losmakers die geval is, is die wedstryd gekenmerk deur hanteerfoute, verlore besit en swak afronding. Albei spanne het meer as een keer sonder welslae tot in die teenstander se halfgebied gevorder. Die Haaie-blits Makazole Mapimpi het die eerste punte aangeteken toe hy ’n pasella-aangee van Shaun Reynolds onderskep het en vir sy direkte teenstander, Courtnall Skosan, hakskene gewys het op pad doellyn toe. Dit was uiteindelik nog ’n onderskepdrie – deur die Leeus se plaasvervanger Sylvain Mahuza – wat die verskil tussen die spanne was. Die Leeus se kaptein, Warren Whiteley, wat vir 60 minute op die veld was, lyk fiks en skerp en die ander senior manne in die Johannesburgers se pak soos Malcolm Marx en Kwagga Smith sou ook tevrede wees met hulle vertonings. Dit was ook ooglopend dat die Leeus meer kontinuïteit in die agterlyn het. Robert du Preez, die Haaie se afrigter, sou midde-in die getjommel nie veel wys geword het met Curwin Bosch se poging op losskakel nie. * Puntemakers: Leeus 19 (7). Drieë: Malcolm Marx, Courtnall Skosan, Sylvain Mahuza. Doelskoppe: Elton Jantjies (2). Haaie 14 (7) Drieë: Makazole Mapimpi, Akker van der Merwe. Doelskoppe: Curwin Bosch (2). |
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |